Gereelde besoekers aan die Breytenbach Sentrum in Wellington sal sien dat daar ’n gewerskaf in die parkeerarea is. Dié area word tans omskep in ’n digterstuin.
Die digterstuin sal ’n lowergroen tuin wees waarin Afrikaanse digters, vanaf die ontstaan van die digkuns tot nou toe, vereer sal word.
Tussen fonteine, plante, beelde en doolhofpaadjies sal digterswoorde op ’n verrassende manier uitgebeeld word.
Met hierdie tuin wil die sentrum bydra tot die bevordering van die Afrikaanse digkuns en kan besoekers uitsien daarna om in die tuin te stap en van die mooiste Afrikaanse gedigte raak te lees.