Adam Small het op ‘n spoggeleentheid by die Granger Bay Hotelskool se restaurant in Kaapstad voorgelees uit sy digbundel, Klawerjas.
In hierdie video lees hy “Andante Cantabile” en “Groot Liefdesgebed” voor.
Sy vrou, Rosalie, lees ook saam met hom ‘n gedig voor waaraan sy help skryf het – “Nou vou ek jou toe – ‘n gedig binne ‘n gedig”.
