deur James Honiball
Ek sien hoe jy lag:
Met jou ‘nuwe’ vriende:
Hipsters met fokkol siele.
Losers wat nog aan mamma se tiet suig.
Terwyl hulle sinneloos aan fashion-gode buig.
Meer prag as sin,
terwyl hulle
op pappa se yacht dronk
is van diè yuppy-kring.
Brille,pille en stywe broeke:
Leef jy sonder self-bereikde roem,
skateboard op en af kloofstraat
donkerbrille om jou false doos droom:
te laat blyk soos ‘n goue kroon.
My skoene val uit mekaar uit
en my broeke
is almal 3 jaar oud
en vlenters.
Want ek voel ‘n fok.
Want ek’t drome ok.
Want ek mors nie my
sweet en bloed-verdiende geld
op stront en fake mense
se kak idees nie.
