Die vraag
benerig jou seunskind lyf
voor my oë word jy man
man vra ek jou wat liefde is
antwoord jy
om te gee
alles wat ek kan
om net te wees
wysheid aan die dag te lê
al is daar min kersies
op die koek
saam te veg
die sin in die lewe te soek
saam te lag saam te traan
saam te wonder
waarheen die toekoms gaan
te weet alles gaan nie altyd goed
om saam stil te raak in grootword
gister te onthou
saam aan more te bou