Kieslys

Close


*/

01 Januarie
2009
Gedigte
2810 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Aletta Beukes

Indeks van digters

Rolstoel kind
Dit is swaar op die pad te loop
Dit is sonder hoop
Waar ook ek gaan
Kyk mense my aan

Ek wense julle wil verstaan
Ek het ook ‘n weg om te baan
En wat hier binne in my aangaan
Sal jy weet wat dit my kos
Om my van jou kyke te verlos

Eensaamheid was my grootste vrees
Maar nou deel van my menswees
Dis vir jou wat ek vrees
Want jy kan gemeen wees

So ek probeer jou liewers vermy
Al is jy belangrik vir my
Ek is hier met ‘n doel
En al is ek in ‘n rolstoel

Ek is ‘n mens net soos jy
En het al baie deur jou seergekry
En vinnig geleer
Om my emosies te beheer

Maar ek moet belei
Ek is beter af as jy
Ek weet waar ek met jou staan
Maar weet jy waarheen jy gaan?

Die wind
Luister na die wind
My kind,
Luister na die boodskap wat dit bring
Vertroosting jou toe besing
As die wind so waai
Is hy besig om bemoediging te saai
As hy om die hoeke fuister
Moet jy luister
Jy kan geheime met hom deel
En jou allerande dinge verbeel
Of net sommer met hom speel
Stories wat hy van ver af bring.
Sal jou hart laat sing
Dit bring ook vir ons reën.
En God’s seën

As ek Dankie sê
As ek aan jou dink
Is dit heimwee wat my nader wink
Dinge wat ek met jou kon deel
Wat ander mense sou verveel
Jy was goed vir my gestel
En dit is al wat tel
Jy het my laat vergeet
Van al my pyn jy weet
Jy het my goed laat voel
En ek dink jy het dit bedoel
So as ek vir jou DANKIE sê
Sal jy dit wil hê, want dit
Is wat hier diep in my hart lê

Ek wens ek het geweet?
Ek wens ek het geweet
Waaraan mens vriendskap meet
En wat ek alles kan doen
Om my daarmee te versoen
Dit is ‘n nuwe konsep vir my
En duidelik nie daarop voorberei
So as jy my die pad leer
Sal ek dit wawrdeer
Want om jou vriend te wees
Is vir my ‘n groot vrees
Ek maak aanmekaar foute
En glo my dit kom uit die bloute
Ek is soos ‘n druppende kraan
En ek weet nie waar kom dit vandaan
Ek vra of jy my sal vergewe
En glo my dis die storie van my lewe
Ek is so verward
En gevul met smart
Ek wil jou lewe nie omkeer
Of kompliseer
Ek wil net my vreugdes en hartseer
Met jou deel
En soms bietjie van jou tyd steel




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...
Robert
2019-01-10 18:11:44
Hi annarine dis Robert hoe kan ek met u kontak maak. Stuur asb virmy 'n epos na robert. conradie91@...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD