Wie is ek?

 

ek is die een wat met bloupers gebede

my woorde en sinne op papier laat rank

my donderstorms in ink kom huil

en my hosannas aan jubelverse hang

my gedagtes skeur rivierbeddings

van verborgenhede oop

as stemme hadida deur my kop

waar die lewe veldlangs loop

genade omsoom my daagliks

soos die pêrelwit van varkore

wat treinspoorkranse met geloof

binne stellasies van hoop vasbou

 

soveel jare geheueloos, ankerloos en

so amper ook reddeloos

met slegs die ink van my pen

en ‘n kop vol gedagtes

wat my koers laat hou

 

berge boggel en breek van dankbaarheid

want agter my is die sleepstap

van ‘n genadespoor en dit,

dit laat my kniel met

krummelwoorde

van opregte dank



 

Inkdorings

 

in die afwaartse taal

van my ink

branderbreek my wese

tot singbare resonansies

melodieë sonder klank

 

inkdoringtrane

knoop letters in ‘n sielstaal

al is daar min

wat die rigting verstaan

as blinde ontwakings

skeur deur my lyf

 

met brose vlerke

bloei my wese

en ontwaak blindelings

onder die swerfstrale

van ‘n silwermaan

 

folterings vloei na benede

uit die hoeke van my hart

tot daar waar

nuwe blomme groei

en ek my rusplek vind

tussen komma en punt

 



 

Lawakors van liefde

 

terwyl die son sy

nagsê strale robynrooi

oor die kim laat val

in die nag stilweg gebloei

waar dit halfmaan

soos ‘n vaderlandswilger

aan die koepel boog

 

die krag van jou minnelied

het die songloed opgevang

‘n lawakors laat vlam

en jou loogwarm liefde

soos smeltende was op my hart

laat reën wyl die landskap

sag verander in seën

 



 

Hart- silhoeêtte

 

deur rankspasies van my hart

vlinder miljoen ongespreekte woorde

karos die diepste denke en

balsem die lof van my voel

 

die geur van affodille

troetel my sinne en

in my oë skyn ‘n nuwe reënboog

waaraan my drome hang

 

in die gerwe van jou liefdespalms

bloei my skemers ‘n lentelied

waar jou asem oor my suis

buig my wese in aanbidding

 

ons vingers knoop nuwe sonne

in die polsing van ons liefde

en jou woorde beitel

hart-silhoeëtte wat my verteer

 



 

Liefdesdors

 

my gedagtes is soos

swaeltjies op vlug

tussen die denneplantasie

waar ek my vergeet wil bekis en

my drome verlos

my woorde laat herleef

in die swart van ink

 

hier op papier

kom offer ek vir jou

die onvolmaakheid

van my denke

wat zig-zag strepe

van sinsnedes

wat diep binne

my brand

 

smeulend woed

skroeiende emosies

uit die tempel van my hart

en ek skink aan jou uit

die onuitputbare bron

van laventel-genade

my liefde in moeselien gevou

 

daar kan jy tot in ewigheid

verdwaal in die rookseine

deur die jaarringe van ons liefde

en jou immer versadig

aan die lente

van ons liefdesdors

Liefdes-spore

 

deur die vlak van my hart

het die dieptes van jou spore

mildelik ontkiem en langs die

horrelpootpaaie het die skaamwit

van varkore woordlangs

soos fonteine oopgebars

 

die donkermaan

het helder ontplof

onder die bruidskuim

se spierwit spoeg

waar dit stil genadebrood

breek oor die oewers

van my siel

 

goedheid en guns

het bruisend stroomversnel

deur die spasies van my dink

wyl jou liefde stroom-op

deur my wese koggel

om dan sag te breek

in die proe van my mond

 

 

 



 

Konfetti-ruite

 

deur skadu’s van die filterson

het ek teruggekom met my brokkelwoorde

wat sweef soos swaels in die lug en

op my mou eggo-brand ‘n traan

waar is jy dan my lief, ja sê my waar?

 

teen die horison het jy my naam gelos

in konfetti-ruite vir die wind gestrooi

deur grou wolke het die reënvoëls geroep

laat gaan, laat gaan, laat gaan . . .

en die groen het stil tot bruin vermos

 

klatergoud het uit my oë geval

wrang drup die gal van onthou

die ons, in ons pond het halveer

die son sal weer helder skyn

al het jy my hart verskeur

 

voetloos het my reis verder gegaan

kringe getrek om die donkermaan

my gedagtes was duister want

die husse fluister in jou stem

laat gaan, laat gaan, laat gaan . . .

 

 



 

Gebreekte tyd

 

tik-tok oor geskeurde uurglas-son

verdwyn die sekondetentakel

oor �n blanko afgrond van niks

kieriemank verdwaald asof in

fe�verdigsels het tyd gestol;

in die oerou-murasies� kom grysgrou

die koggellag van bitter onthou

van anderdag se gister, dalk �n m�re vol rou

 



Knysnatre�

 

waar Knysnatre� trippelsag

onder my dondervoete val

ristelbreek blare onder die sware vrag

waar Knysnatre� trippelsag

sonder om vir skadu�s te wag

wat geluidloos in sonkolle knal

waar Knysnatre� trippelsag

onder my dondervoete val

 

 

 

 



 

Somerliefde

 

soos �n ligbries-swaelvlerk swiep die sang

om-en-om in die tonnels van my hart

mallemeule medeklinkend in my o�

erosliefde asem-warm uit jou mond

raak sag aan die diepste sterrekors

laf en roekeloos, s� broos

intiem, vertrouend dog skroeiend

enigma van ons somerliefde

fladder flikflooi mooi waar jy

dolosgooi, bly ons liefdespand

ewigdurend, altydewig

 

 



 

Klokkespel

 

ou klokke koggel

vanuit wit vestingtorings

jy bly leegplek weg

 

smagtend, klouend vas

dryf dagdrome winkend weg

om nog te vertoef

wagtend dat jy gou mag kom

na waar ons diep geplant is

 

nuwe deuntjies rol

oor �n kreukelheuwel son

jy is volplek terug�������������������������������������������

 

 

 

 



 

Traan Prinses van harte

 

Jou o� was �n traan van harte,

en jou mond �n prinses van gee

maar �rens in �n laataanduur

moes jy jou kruis dra in die Pont de L�Alma

 

en

 

�n eensaam tonnel tot rusplek versier

broos was jou hande in liefde gevleg

om saam Dodi die finale adem te blaas

en �n laaste onheil is jou onts�

toe kameras flits-flits in jou dood bel�

maar

 

jou sagte vrede kronkel steeds die pad

en jou afvlerk dartel

�n Elim

nou �n gesalfde

in god�like hand

 

 



Heil�ge fees � vir die tyd waarin
ons leef

 

in stadsgedruis en wolkekrabberlig

verduister die� sanktifikasie

van een heilig� nag (so lank

gelede) toe God se vinger

onder eng�lesang �n sterpad

na verlossing trek

 

ons w�reld nou vol duisternis�

verloor ons gou die roetekaart

van hoop, geloof en liefde

want dit hang aan

brose drade van oorlewing

het die Lig alreeds getaan

voetspore van ons Herder

en die sang van eng�leskaar

het in die donkerte vervaag

*

O Heer, laat U hosannas weer

deur hierdie melkweg beier

op �n stille sterrenag

kom skenk dan oor

die wye heelal weer

U vrede aan die mens

 

laat weer U Helderlig

juig-jub�lend skyn

U stem hoorbaar

in onse harte spreek

wyl stergenade oor ons re�n

sodat ons weer, in stille

eenvoud by die groen weivelde

U heilige genadebrood kan breek



 

Jy is my vrede

 

ons siele het

op die maanlig gedans

en die letsel rimp�lings

in die son se goud gedoop

wyl ons vlerklangs

die heiligheid

van ons saamwees

soos vergeet-my-nie�tjies

in liefdesakkers plant

 

in jou o� het die dag helder gebreek

en jou glimlag het die re�nboog

handgemaak laat blink

en die dae is nou skaduloos –

rein soos aronskelke

wat vlinder met die wind

 

ja, in jou het ek my heil

weer my vrede gevind

 

 

 



 

Nuutgevonde vryheid

 

maanlig ruik na

gekneuse katjiepierings

omsoom met die silwer

van gestorwe lig

wat sag val op

die broosheid

van my denke

 

s� kom �n Godgestuurde

boodskap deur die

rooikransduiwe gebring

weemoed krabbel met

deurweekte soutseespore

mildadig in kleur

om in glans oor

weerlose lip-oewers

te breek

 

verlede se wonde

l� pik-dig begrawe

onder purper doudruppelstroop

wat tussen wolke kranse

van versoening vleg en

nuutgevonde vryheid

word in rooi gedoop



�Die mirre van jou kalmte��

 

j� met jou purperstem is my nagmaal

jou blougroen o� is waar ek

my dolle verslawing vier

jy is die LSD ontploffing

die reddingstou van my bestaan

want die korrels van hael word �n taal

pynstilte se vloektaal,

dit vibreer

dit hoor

dit fluister

 

die cul-de-sac van seer

bring uitgediende dae

waar my verweer

nou half gepantser l�

strofes wat immer my uitkoms was

staan nou soms ruggedraaid

verstrooid

geheel ontheilig

 



verslawende wingerdvog val

brandend na bene�

inkdorings word

dan wrang geskink

die panasee bly ontbreek en

brokkels van

E K

verdwyn in �n sesvoet graf

en dit wat eens uitkoms moes gee

het in metrum en vers

heelhartig diep,

diep binne gesterf

 

dan kom mirre jou kalmte

weer elke litteken

en anker my uit krom afdraaipaaie

bring die bottergeel son

en ek w��t dis danksy jou

dat ek na elke bittervloed

weer in milde oordaad

in my wese kan eb en ty

 

 

 

 

 

 



 

Prismasluiers

 

in die dro�loop van my o�

het rippelvlakke

na sonkolle gebeur

my klam wonde

in die grou van

moeselien versteek

en deur skadu�s

dwaalkringe getrek

 

so breek daar

deur prismasluiers

(asof in gebrokenheid,

gekruisig en gesterf)

die maalkolk van gebroke p(s)alms

wat in spie�lbeeld na

verlore vlinders tas

 

 

 

 

 

 

 



 

Liefdesode

 

in die eggo�s van die jasmyn se reuk

skil jou koesterwoorde, sag in eerbied

(soos reukwerk wat deur my vingers val

tot by die poorte van my hart se grendeldeur)

s� bind jy my vas in jou heil�ge

Jabesgebied

 

dan kom sypel dankies� (ge)bede

as uitbreek- metafore, deur my lippe se keerwalle

want die wasem van jou liefde is my leef se rede

wyl jou hartklop ritmies klop-klop

soos �n duisendpoot se kieliespoor

net vir mẏ, om te

kan hoor

 

 

 



 

Sielsbede van �n man

 

waar my o�

bakhand na jou staar

fontein die skelle wete

die son het in die siel

van jou o� gesterf en

jou skouers het

pikkewyn-dom

oor die westerkim

gestrompel

terwyl vreugde

binne jou gal braak

bly jou hande

in gebed geklem

 

ontrukking het

oor jou wange gedrup

en soos doudruppels

deur die hitte

van jou seer verdamp

genadestrale het

oor jou gebloei en

jou treurgreep het

bewend in �n lofsang

uitgebreek

 

 

 

 

 

 

 



 

Die klanke van jou stem

 

sonvanger � droomvanger dis jy

wat soos eggo�s in my are weerklink

wat die sluiers laat lig en my hart berym

vandag wil ek vir jou n vers kom vleg

uit die donker van my skadu�s

maar ook uit die lig van my lag

 

ek wil jou hartklop sagkens herhaal

met tromme en die klanke van simbaal

ek wil die verlossing wat jou liefde skenk

in wit oor die hemelkoepel verf

tot by die fluister-rimpeling

van jou kosbare naam

 

my hande wil na jou reik

jou vrugbare menswees betas

en dan oplaas, die lispel proe

op die klanke van jou stem



Die origami van woorde

 

soms, net soms

gooi ek �n gebroke alfabet

in die arms van die wind

om dan self hartswoorde

in origamivo�ls te bind

stansas wat die bebloede

doringkroon se wond genees

en mirre vir my siel wil wees

drup, drup, drup soos herfsblare

in die strooiing van die wind

 

wimpernat bly my tong doof

my o� treur sonder klank

terwyl my hande geluidloos

die reuke van katjiepiering soek

en my vokale hartlangs

�n stadige dood sterf

 

dan jubelbreek die halwe son

met die swaai van �n vonkelhand

en dra die volmaakte uurglas

oor die horison se rant

heel die gebreekte koeltes

sodat affodille weer

helder kan blom

 

my o� skitter dan p�rels

en my pols tamboryn

want my woorde dra mag

ook teen die partiargale krag

wat my dae uit verdorde purper

kragdadig verlos

 

Wysheid vermag

 

met die metriese dreun van woorde

word my wese �n skald wat lees en luister

tokkel kontempor�re hartsakkoorde

stansas wat lig skep uit ongekende duister

gehoor bring wysheid en kennis is mag

onkunde draal as nodelose klag

waar die psige data in pag bedryf

ontstaan strofes gelees en word vasgeskryf

deur my denke in metafore te skik

bamboes ek hopies in paragraaf

waar verstand insig en krag bring

word mag tot fors getransformeer

immer brand ‘n dieper dors

soos druppels op �n dorre kors

om s� my kennis te verbreed

en elke detail in die fynskrif te ontleed

onkunde se tentakels belet

horend wat Salomo fluister

kennis, waarheid en die wet

verlig jou voetloop uit die duister

 

 

 

 

 



 

Uurglas-tyd

 

diep binne my fladder die geur

van gedroogde Jasmyn

terwyl my o� skipbreuk ly

onder tortelklanke�

 

dan prewel my kwesbare mond

strofes van sprokie-vervullings

van ons kosbar� eenword

in die ure van �n breekbare nag

 

so breek snedes van sinne in

spinneweb deur die blare en

waai soos fakkels hemelwaarts

tussen tak-silhoe�te weg

 

in pais kom breek �n sonsoen op my vel

ek vang die uurglas-tyd in die palm van my hand

sodat geluk stil sy herberg kan vind

op die spore van die wind

 

 

 

 

 

 

 



 

Genadere�n

 

hier in die hartklop van Suid-Afrika

wil ek aan jou, in jou eie taal

vertel van �n nuwe seisoen

van die oer-ou Kersverhaal

 

in die begin was alles woes en leeg

�Laat daar Lig wees� het God ges�

die somerson het jubelend

oor Afrika gebreek

terwyl �n Hand vol sterre

sawens nou die Suiderkruis

in engellig laat blom

so kan ons altyd weer

op ons roete na Hom toe kom

 

toe, in die stad van Betlehem

klingel daar die engelkoor

saam met die klanke

van die Heil�ge Kind

en iewers kan jy hoor

hoe fluisterbid

die somerwind:

 

die Redder, ook vir ons gekom

hier in die hartklop van ons Afrika

waar genadere�n oor alles spoel

�n Boerehart wat

nog met eerbied kniel

en Hom as Koning

van die heelal sien

 

H O O P

 

hosannas beier deur die sterrenag

herdenk die heiligheid

van hierdie aand

met le� woorde

doofstom klanke

op die pelgrimstog

van H O O P

 

hulde word gebring

met wierook, goud en mirre

word die stal gevul

met reuk van gras

genade uitgestort

want Vrede

die kan ons nie koop

 

sonde word versoen

van krip tot aan �n vloekhout

op die heuwel Golgota

word daar nou veldlangs

na die Roos van Saron gesoek

is vrese reeds tereggestel

en blom die opgestane

H O O P

 



������������

 

Brokkeldenke

 

my denke fladder na�ef

asof in metamorfose

met �n nuwe taal

bekis die seer

op dwaalspore van klank

�n gisterverhaal

wat aanhou draal

breek verby die buitelyne

van onthou

proe steeds die

wrang-winter

van ontrou

 

verdraaid, verwring � vermorsel

gaan die bitterbeker ook verby

brokkel die dooiesee tot laf

dan drup Mara in rooi

welluidend soet

en skoenlapperbreek

�n nuwe begin

 

 

 

 

 

 



 

Ek onthou

 

vroegoggend

as die spasies broos vasgedruk

tussen lig en donker l�

groei ‘n� donkeronthouseisoen

om weer op treurboggels te ry

terwyl verlange

uit die kruike van my o� drup

sien ek hoe die son poeier oor my bed

en daar buite nuwe botsels

aan boomgeraamtes bot

d�n roep die beeld van jou dood

rou in my slaapwarm asem�

uit die piet-my-vrou se keel;

dit is dan wat ek witduiflik

om nuwe aanneming bid

hoor ek die windfluit

wat kreukelwolke met letters

van jou naam, sag oor die kim kom verf

en in blindepalms het ek jou beeld

van my wang gevee

 

 

 

 



 

Murasies van tyd

 

horlosie se sekelmaanhang

koggellag grysgrou

met snawels van raafswart rawe

tydtentakels tik-tok sonder end

as sekondes weggetou en

kieriemank dwaal asof

soos ou- en fe�verdigsel

die plaveisel word

waaroor ons tree

tot anderdagm�re

as deure van dood

en ewigheid ontsluit��

 



My pruttel woorde

 

Pruttel liefh�-letters

soos dryfhout uit my hart

nes �n hemelse lullaby;

versamel dit nektar

deur skrefiewimpers,

want in jou beelt�nis

het ek my vrede gevind.

 

In die warm klanke

van jou hartstaal

gekaart soos druppende note

uit �n basviool,

wat die melkweg roekeloos

n�t vir my inkatrol.

 

Ek verdwaal in die

lagkreukels om jou o�,�

ek dryf in jou muskusreuk

wat soos rivierbane deur my psige

kronkel in mosaiek van dieprooi.

 

Jou hartklop staan in duet

en ek bid dat die son sy tree maskeer

vir tyd om stil te staan…

 

D A N

 

by aanskoue van hierdie geluk,

het �n glimlag (van puur genot)

aan God se mondhoek gepluk.

 

 



 

My labirint

 

Spartel my ontroeringe

soos �n fynbosverlange

wat deur my labirint

tot �n voltooide sirkel

waarin ek ongeveinste

liefde vind.

 

Verwonderheid wat

uit blomverdorde-kokon

tot skoenlapperskoonheid

bloei in lewegewende

nektar van die liefdeson.

 

Fladderende emosies

wat ewigdeur eb en vloed

in jou o� se vurige gloed

kom kolk soos lawavure

deur my bloed.

 

 

 

 

 



 

My denke

huilend wolf my verlange

oor die krom van die sekelmaan

aandblomreuke salf die

kneusings van my siel

terwyl bidwoorde fetus

op die hemel van my tong

blindelings

klingel windklanke

in braille deur die

heilige branders

van my denke

wat in algeblaar huil

dan kry my woorde

nuwe voetvlerke

en ry sorgloos

oor die pieke

van �n saffierwind

 

 

 

 



 

Ge-ykte gedagtes

arendsvlerke wat op skadu�s wag

kruis silhoe�t wat mimiek

golwend oor riffels

sandkorrels romantiek

vry, vry, vry

van gister se simboliek

wat inkennig

�n nuwe skadu plant

doodgewone sand

waar ge-ykte

gedagtes tot

nuwe hoogtes brand

 

 

 

 



 

Goue bergbeloftes

klippe fluister woordsag

waar varings soos rietfluite������������������������

teen die hange rinkink;

ek het jou goue berge beloof����

v��r die kansel soos roustof

sal ek jou nuwe bouplek wees

met jou gewortel in my gees���

hier �n daar, toe �n nou

breek brose beloftes���������������������

wat ek eintlik

teenoor jou moes hou

die grou van gekneusde lig

in oomblikke tussen luister

deur beter en slegter

kaats genadeholtes versoening

opreg nes newellae goudstof

in vryheid waar eenvoud glans

as ek in peinsing versink

kom my wrang toesegging

en plunder jou hart

wat ek in ‘n mankolieke vers

�n berou – met lanfer –

wil verbind

 

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������

 



 

Jou dagbreek skeur my grense

waar jou dagbreek deur my grense skeur

het jy my kom leer van neem en gee

om met minsaamheid �n nuwe dag te groet

terwyl my ink sjor-sjor kantates komponeer

het jy my kom leer van neem en gee

sodat ek geknield die trots kon begraaf

terwyl my ink sjor-sjor kantates komponeer

en my siel opnuut lofpsalms berym

sodat ek geknield die trots kon begraaf

om met minsaamheid �n nuwe dag te groet

en my siel opnuut lofpsalms berym

waar jou dagbreek deur my grense skeur

 

 



 

Onverdiende splinterhoeke

 

broosheid storm deur my en

my binnetrane brand soos kolevuur

vertroue en omgee is vernietig

in milli-sekondes van �n uur

 

versteekte hulpkrete

kruip gebukkend

waar tree nie meer

spontaan wil trap

 

t�g haal ons asem en;

t�g klop ons harte

smagtend na iets om

weer te kan verstaan

 

emosies agter ystergordyne

van luidkeelse lag

dra die vreugdelose pyn

van iets wat eens was

 

tevergeefs probeer ek legkaarte bou

met verskerfde brokkels

wat onverdiend druppel in die

splinterhoeke van my hart

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������

 

 



 

Spore van re�n

 

my kleurespel bars

in dubbelspore oop

deur die groen loof

knars hitte van die son

wat tortel deur die lug

baldadig span ek seile

geheilig soos nardus

in windadem

 

in my bloeselrok se nate

bou sysies hul nes

en met �n bakhand klei

tempel die swael

�n rusplek gevul met genade

 

en my voete;

my voete akker

in spore van re�n

 

 

 



 

Koggelgedagtes

 

gebeure word in

gruwelprentjies gesien

en my verse breek

soos die oewers

van die Jordaan

dit staan gewal

van kant tot kant

maar my voete,

my voete weier

om droogvoet

deur te stap

 

dit voel of

goedheid en guns

my kruik verlaat het

en al wat nou oorbly

is �n babelse verwarring

wat my treiter

 

koggelgedagtes

klipstapel in my kop�

terwyl my keel

droog aan �n nuwe nagmaal sluk

biddend dat ook hierdie beker

in stilte sal verbygaan

en ek weer opnuut

nuwe vrede sal vind

 



 

Kerende seisoen

 

skarlankenrooi bloeiselbreek

klanke van �n nuwe skeppingsdag

verby natwimper worstelings

van gisterdae

wat stil dolosgooi in my onthou

 

benede Hemelse vaandels

re�nboog �n wedergeboorte

onder hisopstingels

wat edik

verruil vir wyn

 

dan bars �n drie uur duisternis

oop in die soel songroet

van jou vat

terwyl jou mond warm

in myne

�n nuwe herberg vind

 

sag daal nuwe vrede soos �n duif

wat fontein

deur die kronkels

van my wese��������������������������������������������������������������������������������������

 

 

 



 

Woordbokkoms

 

soos bokkoms

l� die woorde brak

op my tong

terwl versteende gedagtes

leiklip in my kop en

my hande stil

halleluja�s berym

 

in bele� oomblikke

het my blik soos

swaelsterte weggevurk

�t my ryloopwoorde

op klamgroen tre�

gehunker na geluk

 

daar sal ek dan met

verdwaalde rietwoorde

weer versmandjies vleg

dit met pikmetafore besmeer

sodat die droogtesluiers

kan dwaal tussen doof en blind

 

en ek weer my pad

gevoelvol sal vind

 

 

 

 

 



 

Kartering van liefde

 

in die rookspiraal

wat stadig na bo wentel

spartel my psige asemloos

vol afwagting tuur ek

van agter skuilgordyne

wat vlerk oor jou

 

d�n breek granaat-emosies

knallend uit die boeie in jou bors

teken jy ontsnap-roetes

in snelskrif deur�

honger krake

van �n dorre kors

 

koepel �n uitbundige son

chaoties in skakerings

van bontgeel

die wydheid van die liefde

wat oor die O N S

van ek en jy karteer

 

 

 



 

Oggendstond

 

die son breek

soos �n rooi papawer

oor die kim

terwyl die wind

met sy rietjiesasem

oor boomtoppe fluit en

onder die Wildesering

buig die roosknop

eerbiedig

soos �n bruid

onder die kir-sang

van die tortelduif

 

 

 



 

Seisoenspore

 

die maanblom se geur

rank vanaand �n sirkel

om die sekelmaan

terwyl my woorde

bru� bou

tussen gister en nou

die geroep van die kolganskuikens

breek die son en

weef �n altaar

met brokkies goue lig

so draai die seisoene

altyd op hul spore terug

 

 

 



 

Carte blanche van die natuur

 

waar die winterson wydsbeen

oor heuwels sit

brand die dorsverlange

na �n nuwe somer

waar ek tot na die middernaguur

met droomo�

na die sterre kan tuur

 

in die krummels

van die Bosveldvuur

wat seine na die Hemel stuur

sien ek in die konstelasie

spore van dit wat was,

is en weer sal kom

met �n dorstige heiligheid

uit die sekelkom val

 

in die carte blanche

van die natuur

ontwaak die hunk�ring

na die vrede

vir nog

�n pasgebore dag

wat nuwe verlossing bring

vir die wat soos �n duif

na antwoorde

en vryheid

smag

 

 



 

In die begin

 

pruttel -gedagtes

versamel bont-letters

in dryfhout uit my hart;

nes �n hemelse lullaby

versamel dit nektar

deur skrefieswimpers

om inktrane

op papier

te drup

 

skei dit die lig

van duisternis

(soos in die begin)

en daar staan geraam

die verskil tussen

goed en kwaad

in di� boom van

mensgemaakte

wraak

 

so kom die dae dan

waar die son sy tree

moet maskeer

sodat gevegstyd

stil kan staan

vir �n nuwe vrede

om te begin

 

(soos in die begin)

– en ook dit

was goed



 

Verwronge ongeloof

 

vandag kom jou

groot askies

soos n glas

yskoue water

oor my spat

vergewe my,

my onvermo�

om my verwronge

skok uit te spreek

want julle wat my

bestaan vir

so lank ontken het

(maar vir wie ek

al jare sonder ophou

bid) hoe kyk ek dan

vandag so effe skeel

ja staan ek soekende

na die skerpioen

se gif

ek sukkel om

te kan verstaan

dalk is hierdie

die lank afgebidde

vredeskus of is

daar nuwe agendas

met� gewere

vol gelaai

geteiken teen

my holgetrekte

rug

 



 

My bastion

 

in die donker dae

toe my asem stom

(soos kameelboggels)

in my o� gehang het,

het jou omgee en

stil verstaan

soos �n Josefskleed

om my gevou

 

toe die aasvo�ls

se aanhoudende gepik

my uitmekaar wou skeur�

en hadidas se stemme

my mal wou maak

het jy ystermure

om my broosheid

gebou

 

deur stormwinde

wat riete in my pols

wou knak en buig

het jy deur die git

van my hartsmandjie

gebreek en saggies

vir my nuwe vlerke

gekweek

 



jou wese is my bastion

want in jou stilte

het ek my vrede

gevind en

in jou palms

die wonder

van ons toekoms

gesien

 

 

 



 

Flankeer gedagtes

 

soos �n lanterfanter*

drentel jy deur bos en dal

daar by Tafelberg se kant

neurie jy jou omgee

sing jy van blomme en

die blou-blou see

 

spoorlangs verby die storm-en-drang

wat steeds flenter en fladder

deur die omwenteling

van jou onthou

dan sing jy maar weer van blomme

en die blou-blou see

 

flankeer jou o� deug�loos

tussen lettergrepe rond

gryp jou vingers

na�n nuwe m�restond

en prewel jy vir oulaas

van blomme en

die blou-blou see

 

 

*lanterfanter – leegleer 



 

Doodsangel

 

die kosbaarheid

van elke geleefde oomblik

is in voortyd reeds vasgel�

eertyd�s visioene wat solo en

uitbundig kon sweef

 

dan onkeerbaar

op die ouderdom

se skuifelpad stap

ons drome nou

kleintree saam

in melankoliese denke

van dit wat was

reeds in vergeelde rame hang

 

want die vrotasem

van die dood

wat in jou nek hyg

stap ons elke geleende tree

in �n uurglas, wat onstopbaar

na onder dribbel

 

in �n anderdag l�

ons wees soos spoelklippies

met slegs die eggo�s van kluite

wat op kisdeksels val en

asof in nagedagte

die gedroogde blaar

van �n eens bloedrooi roos

wat my polsslag

van eens moes

ewenaar

 

 



 

Die se�n van jou kindskap

 

vir die musiekleier �n psalm van Anna

�n diensmaagd van die Alleshoogste

welgeluksalig is hy

wat die liefde van �n moeder besit

die hitte van haar omarming beleef

in die geheimenis is jy kunstig

in haar lende geweef

met moedersmelk reeds

is jou siel gevoed met ewigheids-spyse

jou hoof met olie gese�n en;

het jou tree in groen weivelde vertoef

wyl jou tafel oorloop van liefde

omdat jy in jou kindskap haar eer

sal jy jubel in jou grondgebied en

geen onheil by jou tent ervaar

 

 



 

Manchester

 

‘n Televisie in die hoek

bl�r harder as die woorde

uit my skoot in die storieboek

van moord en rape,

politiek en skokgolwe

in portale wat kinders uitmekaar ruk

selfmoordbommers wat in skerfskiet

t� vroeg open nuwe grafte

ouerharte uitmekaar geskeur

in hierdie donker

skokkende uur

 

 



 

Wegglipgedagtes (1)�������

 

in suiwer vreugd� kaats jou gelaatstrekke

oor die troebel resonansie in my brein

en asof gemesmeriseer soek ek na bekende klanke

wat in erosie aan �n vergane firmament hang

lank gele� se odeur van varsgeplukte granaat omhels my

in versplinterde nostalgie wat iewers diep binne

toegegroeide bladsye woed

 

drome l� verkalk by die sluise van gister se slikdam

waar my hande ondurig ritsel in die voue van my skoot

as my hoop futloos in gisters sweef

en onder erosie skade breek drogbeelde oor die kim

waar vergete woordkrete tevergeefs in stilte baklei

in die Swarbergklowe hang onthou-stemme

wat skadu deur my kop en my wees is futloos

 

terwyl my gedagtes hondmoeg loop

breek krummels swart in my o� en

suur water stort oor die grense van my wang

waar eensame nagspore labarint verdwaal deur as-tree

vergeetgedagtes kruisig my weer �n weer�

as eensaamheid deur vlees en gedagte skeur

en ek hulpeloos die edik-reuk afweer

 

terwyl my onthou uit swartgat na uitkoms smag

kom die toeklap van herkenleeg se vergeet

uit die oogsverduisteringslewensboek

en vergeefs word deur glansblaaie geblaai

sal die waarheid van m�re se geheue�

moontlik deur die klowe van grys

beloftes in fynhoutjies breek

 

wegglipgedagtes (2)

 

slegs �n sabbatsreis v�r l�

die vreemdelingsbesoek

waar woordleegtes sawwe akkers saai

prikkel lekkerkry reuke van anderland se onthou

 

deur tronktralies flets die lewe verby

word br�e gebou van sand en gruis

en die warboelwind wat duine skuif

het die hekke van klein-onthou toegewaai

tussen die geel van gister se goueson

en vandag se donkermaan

 

drome hang vaag aan die Swartberge se hange

en onthou-stemme wat skadu deur my kop

aan geroeste spykers hang my wese futloos

terwyl my hoop hondmoeg loop

 

woordkrummels breek swart in my o� en

suur water stort oor die grense van my wang

waar eensame nagspore labarint

verdwaal deur as-tree

 

vergeetgedagtes kruisig my weer �n weer�

as eensaamheid deur vlees en gedagte skeur

waar ek hulpeloos die edik-reuk afweer

terwyl my onthou uit swartgat na uitkoms smag

 

met die toeklap in herkenleeg se vergeet

van die oogverduisteringslewensboek

vergeefs word deur glansblaaie geblaai

sal die waarheid van m�re se geheue�

moontlik deur die klowe van grys

beloftes in fynhoutjies breek

 

 

 

 

Sal jy �

 

sal jy na my kom soek

as daar in ons huis

net stilte woon

as mure net stil kan staar

na daar waar eens �n

asem was

 

sal jy na my kom soek

as die son verdwyn

oor Westerkim

en die maan sy

laaste strale gooi

 

sal jy my kom soek

as my naam uit sterrebrug

so stil-stil verdwyn

herkenning moeg

my brein verlaat

 

sal jy my kom soek

as wrede monsters kom,

my na niemandsland

wreed wegvoer

 

sal jy� . . .

 

 

 



Jy kruisig my

 

onder erosie-skade

breek drogbeelde

waar woordkrete

tevergeefs

teen die stilte

woed

 

nagmaalbrood

breek in my o� en

suur wyn stort

oor die grense

van my wang

daar waar jy jou

fynbeplande

sinsdolke hang

 

onwaardig kruisig

jy my weer-en-weer

as bitter sarkasme

deur vlees skeur

en ek hulpeloos

die edik-aanval

probeer afweer

 

deur die drie-uur

verduistering sal

waarheid wel

deur die klowe

van grys

beloftes

breek



 

Intieme evangelie

 

waar ons liefde naelstring groei

fetus ek in die trallies van jou ribbes

l� ek vasgegroei in jou hemel

geankerd in jou bloei

 

hoor jy die knetter van my hart se vlam

sien jy die bosbrand in my o� woed

daar waar my asem in karmosyn

oor my lippe gloed

 

smeulend kool die liefdesvuur

in hierdie een-word-uur

as winterys tot smelt kom en;

ek �n nuwe seisoen proe

 

dankie-s� bedes gloei tot as

in griffelwoorde wat

by evangelie pas

op sagte,

 

sagte papierbas

 

 



 

EK

 

my lewe is na�ef blanko en

my woorde, my krabbel

het �n narratiewe obsessie

diep binne my geword

wat verwoed om uitkoms veg

my oog word feitelik

wat gebeure met ink

(so-asof in bloed)

in situasie verbaal verf

die mooi en ook die bar

uit seerkryhout kom kerf

en ek, ek bly maar net

ek

 

 



 

Oopbreek bloeisels

 

woordvlerke stoei om uiting in die asem van my siel

skoonwas woordgenade druppend na benede

breek grendels van die verstand

grafiek die skerm tot sand en as

 

lomp val woorde oor die oewers van my hart

deel ek die smart en oopbeklag

van my verdwaalde binnekant

wat om erkenning veg

 

kwesbaar l� ek my wortelhartsgedagtes

vir ander om met modderhande te betas

dalk die roete van my binnetrane te vind

en ook te wandel deur my woestynland

 

waar die son ongenadiglik brand en;

uit vier windstreke kom woorde gesweef

wat legkaarte voel- voel in my weef

na oopbreek bloeisels op papier

 

�����������������������������������������������������������������������������������������������������������������



Papier bloeisels

 

gevlerkte teks stoei in my

breek deur grendels

en drup genadig na benede

skr�f le� papier tot sand

 

waar woorde lomp val

in smart en ook oopbeklag

openbaar my binnekant

wat om erkenning veg

 

kwesbaar l� ek

met modderhande betas

deur roetes van my binnetrane

tree jy deur my woestynland

 

uit vier windstreke sweef

tirades wat legkaarte

tot nuwe bloeisels breek

op papier

 

 

 



Sterwende skadu�s

 

amber skadu�s flits in jou o�

waar jy rug gedraai na my toe staan

verklaar jy �n slagveld op �n blanko bladsy

sny grafiet maer erts waar jy toe-o�

my woorde steel en slukverteer

word n lewe nuut in Godspraak

met lood gegrys, gebaar

uit die bas van olifantshout

vir behoud van talekuns

 

hou die natuurwet van liefde

jou in ysterkettings en bind jou jukke

met tronkdeure wat wil-wil konfettie in loodgrys re�n

deur woordvreugde word jou verdriet ontmasker

in die tempellanings wat deur jou o� bloei

en vryheid fladder deur die vlaktes van jou siel

en ek jou verjaag uit die spasie�������������������������������������������������

waar hart en kop en hande

soos ‘n kiramis, graffito’s in gryspulwer

teen die ��ns witflets skilder

 

wysheid en inkspraak word die harnas van jou behoud

waar die son na jou waarheid gryp,

dit aan die goue woordstrale hang

en jy, jy vry van doolhofverbannings swerf

in die grys m�restond herrys die goue middaguur

wat aan my verstand vleuels verskaf

my denke nakend op papier kom verf

 

as skadu�s sterf kry my woorde �n voetpad deur my hart

van mitiese tydgleuwe en sommer oor niks

ek begin lewe en is daar is groei

waar jy volkome op die ritme van my asem leef

 

 

Brokkelstukke � (Lied)

 

tussen lewensstasies

waar treinspore gly

spoed die lewe verby

los my met gebroke spasies

 

tussen brokkelstuk en skerf

asems van gister se goed en sleg

word my palet geverf

vind ek daagliks my weg

 

my asem wasem teen die ruite

lewe stoom voort daar buite

skakerings van groen en blou

sien ek deur my asemdou

 

tussen brokkelstuk en skerf

asems van gister se goed en sleg

word my palet geverf

vind ek daagliks my weg

 

gedagtes by gister se seer

my verlange word net meer en meer

vlug ek na nuwe drome wat wag

klik-klak klink die spore sag

 

tussen brokkelstuk en skerf

asems van gister se goed en sleg

word my palet geverf

vind ek daagliks my weg

 

 

 



 

Korale van moederliefde

 

in die ooptes van die velde

waar ribbokke vry kan wei

tortel jou koesterwoorde

teer deur die gange van my hart

 

met die krag van geloof

aan moedersknie geleer

loop ek �n stormbende plat

word my tafels met olie gesalf

en Vrede bedrup my lewenspad

 

meer suiwer as diepsee korale

kosbaarder as perels, is die kyk in jou o�

as jy vir my berge wil versit

welg�luksalig wandel ek met jou voorbeeld

op God�s pad word my liefh�dade nimmer moeg nie

 

 



 

Ons nuwe seisoen

 

waar sterre herberg in jou o�

in bitterheid breek die magtige Eufraat

�n massa eksodus na �n gese�nde land

wat die sieraad oester om my hals

 

dis in die wedergeboorte

van ons liefde in karos�

wat aan �n bloedmaan hang

daar sterf in skarlaken

die donker verlede

in die palm van jou hand

 

eden ons nuwe seisoen

soos kelke in die son

met re�nboogstrale

alom

 

 

 

 

 

 

 

 

 



 

Sterstatus

 

in die rommel van my hart

het jy sterstatus bereik

toe jy frummels kaf

skei, flenters

aanmekaar lap

en; vir my �n dasvel

liefsag met

growwe hande

brei

 

 

 



 

Jou wese . . .

 

jy baadjie my met jou kalmte

daar waar soveel onnodige vrese

sekel aan die koepelruim

 

met jou warm kyk strooi jy bosse

geel magrietjies vol in blom en

jou asem, jou asem laat my stom

 

op gure re�ndae knars jou hitte

vir my die soutsee in die geurigste,

lieflikste patee soos die anker

van my rustelose troebel see

is jou wees

die hitte

van die

son

 

 

 



 

Geen waarde

 

naak

l� my wese�

op die dorsvloer van die lewe

dit spook om behoue te bly,

spartelend voor die kake van

die verdoemde draak

wat spore van slagting en

dood agterlaat

 

deur die erosiebanke

van my wange breek

vergiftigte branders

gevul met

suurre�n

uit die aarde

met geen

waarde

 

 

� 



 

Skenk jy . . .

 

skenk, ja gee daagliks

mildelik troos;

mirre goud en

diamant uit die skatkis

van jou binnekant

 

salf my met jou bekoring

in koring se bronstige geel�

stuur jou reddende boodskap

in rooi,

helder soos die son

 

sprei jou vlerke deur engellig

heilig dan veersag die brakwater

van ons onseker tye met

die roer van jou hand

genees die siek

wat soos wurms vreet

deur ons brose gees

 

herstel so die wind se seer

wat wonde oopwaai

en waarheid verdraai

skenk, ja gee daagliks

mildelik troos; mirre goud

en �n diamant

 

 



 

Kruispad

 

oor die dooier

van gemufde brood

se skewe grafieklyn

breek muwwe brokke

van nagmaal en

ou bitter wyn

 

daar hang my siel

in verbleikte slierte

oor geroeste doringdraad

stuur vervaard noodseine

oor hak en steek

en prewel woorde

deur kou en sluk

stry met die keuse

te lag of om te verstik

 

D A N

 

uit die skemerskadu�s

tree �n begeerte na hoop

om ook hierdie kruispad

heelvoet te kan loop

 



 

Koue vuur

 

tyd se koue vuur brand

deur die gange van my

treurende siel wat na

die aarde smag terwyl

klanklose hosannas

deur die alfabet spoed

 

 

 



 

Die yin en yang van die lewe

 

sien ek die w�reld in vyftig skakerings van grys

kom verf jou teerheid die donker van my gemoed

knalrooi en immermooi is jou liefde die eerste prys

ons saamwees doen my altyd goed

 

as die ligglans dan agter my stiltes wil verdwyn

lees jou vingerpunte (in braille) my lewensboek

tot gebrokenheid breek en geluk oor die �spansel skyn

klee jy my opnuut in �n josefskleed en glansryke broek

 

knuffel dans soms die hooglied-wind

laat die granaatsmaak van die warm son

my oopmond skaterlag soos �n uitbundige kind

omvou dit my teer in �n goudgeel sonkokon

 

want in die yin en yang van die lewe

warrel emosies in malse speserygeure

elk met sy eie wil en strewe

soms ook agter geslote hartsdeure

 

 



 

My boekanier

 

op die wieke van �n boekanierskip

is my liefde deur jou gekaap

daagliks hang flenter emosies aan die mas

vleg lint en brokaat ragfyn deur my gedagtelyn

wapper jou ruwe seerower dors

op elke asemteug wat klop-klop

in die holte van my bors

 

op soet klanke van �n vroetelwind

wat dwelm en bottelnek trek en dan

skuilte soek in die kuiltjie van my nek

word jou liefde bely in die mooiste neurie-klank

wat sag vlindervlerk in die skulp van my hoor

en guitig oor my vel hoendertrek

 

teen jou bolyf wil ek my honger en dors les

nagmaal met genadebrood breek en wyn skink

in die amber van� die son wat perske oor die dag

terwyl ons wegvaar oor die oseaan wat wink

net ek en jy met jou boekanier hart

 

 



 

Ligkaatser

 

as ek bidblind broos

in die skadu staan

die son kartelbreek

oor verskanste horison

tas ek blind deur

verskeurde lanferlappe

van gister se grou onthou

biggel vrae oor die

bontstiltes van my praat

 

D A N word J Y

 

die ligkaatser van my bestaan

daar waar ek my werklikheid

(druppel vir druppel in jou kyk)

in minnewoorde sien blom

dis in jou innige liefde

wat die son weer opkom

 

 



 

Katvoet

 

verskeurd staan

jy goedgelowige

voor geelmagrietjieblom

wat kwyl onder godsdienskleed

met aroma van lemoen en

warm kaneel, maar agter

re�nboogmaskers staan verskuild

�n geslepe tong wat skindergif

op sosiale media kan spu

jou flenters kou en

diepste menswees vergruis

kyk mooi een oog wil na links

en ander een wil na regs� wink

as woorde uit die mond sy loop neem

soos �n windhond sonder plan

weet dan wel dat God elke

maskerhart van binne bekyk

dat Hy weet dat sonde

jou innerlike besmet

maar dat Hy ook vir

jou omkeergenade het

 

 

 



 

Jou dade het die Woord opnuut
vertaal

 

toe alles woes en leeg was

het jou wese in die takke

van die boom van

kennis van goed en kwaad

(daar waar die Gerubs waak)

gaan l�

jou liefde vir my geoffer

in heilige offerbakke met die

geur van jasmyn en kleur

van die mooiste robyn

in die vloed van jou o� het

jy die see vir my oopgeskeur

my gedra op die vlerke

van �n spierwit duif

in teerheid vul jy my

met die soetheid van

manna en �n dagoud kwartel

soos n goeie herder

gee jy aan my rus

van vermoeienis

as my mure val soos die

van Jerigo en jy

jy my� met �n rooi koord

van verkrummeling red

daar waar jy vir my

wysheidstempels bou

in teerheid my met brood

en wyn bedien loop my beker oor

op die Golgotaheuwels

van menswees het jy die kruis

staangemaak met die opskrif

vir almal om te lees

my Mannin � my Eva

en het jou dade die Woord

opnuut vertaal

 



 

In die hart van Korinte

 

ons liefde is vasgenaelstring

by die dieper lees van Korinte

daar waar genade immer

dorstong na nog meer wil lek

 

jou omgee maak blink

natspoorpaadjies

soos �n slak se spoor

en dit is in die hak

van die Wag-�n-bietjie-bos

waar ons liefde dan vasklou

 

daar onder die Mopanie

op die eentonige note

van die sonbesie se sang

word die troebadoer

(diep binne jou)

se lied getoonset

 

dan in die flouflikkervuurvlieg

se skitter lig

drup jou gebede vir ons

met klanke van re�n

op �n dorre somersdag

daar iewers in die

hart van Korinte

 

 

 



 

Die hoergewaad van skaak

 

stortend vloei bloedwoorde

uit my pen in ysige matrys

soos gloeiende yster om in blou-wit te stol

met opdraande en afdraande wat moeisaam

deur vier ontrou-seisoene stoei

oor die skerp van skulpstrande se deinings

terwyl my binneste dolleegbloei

met b(r)oosheid in jou hoergewaad bly jy maai

met �n ontblote swaard – sonder om links of regs te kyk

kap jy aan die dieptes van my siel, dans slu �n hekse
riel

terwyl jy dertig vervloekte Judas silwer sikkels

om jou buite-egtelike laehals hang

en slagspreuke fluit op jou versoete tong

word chaos wild in �n donker wantrou-tornado gesaai

�n ek, ek verval in die revolusie van onkeerbare haat

is daar dan niks wat jou storm ooit sal stuit nie?

 

wurgend strik die alge-seer, waar dit akkumuleer

in die dooier van gister wat hardgedop (ook

aanvallend) die swaarde van onverdiende

vergelding lig in �n vervloekte bliksemskig

l� jou verwaandheid dan doodsverstil

tussen tralies van �n brose ribbekas

wat deur �n ontsielde kadawer na doodsheid tas;

 

jou tot s k a a k m a t� gekalibreer

 

 



 

Ek onthou

 

vroegoggend

as die spasies broos vasgedruk

tussen lig en donker l�

groei ‘n� donkeronthouseisoen

om weer op treurboggels te ry

terwyl verlange

uit die kruike van my o� drup

sien ek hoe die son poeier oor my bed

en daar buite nuwe botsels

aan boomgeraamtes bot

d�n roep die beeld van jou dood

rou in my slaapwarm asem�

uit die piet-my-vrou se keel;

dit is dan wat ek witduiflik

om nuwe aanneming bid

hoor ek die windfluit

wat kreukelwolke met letters

van jou naam, sag oor die kim kom verf

en in blindepalms het ek jou beeld

van my wang gevee

 

 



 

Die laaste vertrek in die huis

 

daar waar banale winde in swye na binne buig

mure in stom silhoe�tte mimiek

breek jou stille heengaan in �n ritselraas knal,

trillend soos sonbesies se skree

ego dit deur die gietystertralies

wat druk in my kop

in die kaggelvuurvlamme

hoor ek hartseer panfluitklanke

verlangend treur;

binne my groei die swart seisoen

spookvingers dartel oor die fresko

van die eens goudgeel sonneblom

t�g, nou�s my aandoening gesluit

my trane in git geraam

en gebede slegs �n vae H O O P

 

 



 

Mensboom� � Pastiche (Ren�
Bohnen- Mensboom)

(my hartklop fluister in braille)

gisternag het geraamtes uit my lendene gekruip

uit brakslote het nuwe botsels gespruit

in nigromansie die geel van soetdoringboom �

my verafkyk vermolm tot mos, muskaat en meet

die droomkern van �n dieper weet

wat na �n Ho�rmag opskiet

van woorde wat in my eb en vliet

ek is die geheimekluis van oerou se�straat

hier regeer p�rel, saffier en algedraad

daarom sal neptunis koppig die vloei rangeer

daarom is my woordfaam tot swart verkleur

 



 

Lyflandskap

 

vingerroetes wat vlietend dartel

oor gepunte heuwels en verborge dal

sensueel stadig tot fyndraai spartel

vingerroetes wat vlietend dartel

talmend dog hortend en uitasem kartel

in stygende crescendo eindig met �n knal

vingerroetes wat vlietend dartel

oor gepunte heuwels en verborge dal

 

 

 



 

Jou seine

 

stuur vir my �n enkel rooksein

of dalk �n briefie saam die posduif

sodat ek kan weet ek is steeds die groen
oase

waar jy jou dors kan les in die barre
Namibs-woestyn

 

skryf met jou vinger vir my �n kode
boodskap

tussen die duisende sterre van die
melkweg

hang vir my �n bloedrooi roos aan Orion
se pyl

wat vir ewig vir my die weg na liefde
sal wys


dalk stuur jy �n briefie met �n skulpie
opgeplak

met my naam in sierkrul-letters geskryf

in �n bottel toegekurk wat branderplank
ry

oor die diepblou van die wye oseaan

 

kom wys vir my met al jou liefdes seine

griffel dit op die winterruit se
douwasem

�n hartjie met �n swierige pyl daardeur

dan sal ek vir seker kan weet �

 

ek�s steeds die rede vir jou asem,

die rede vir jou bestaan

 

 

 

 

 

 



 

My gebede(m)uur

 

Iewers in die verre

Jerusalem staan ek

gesluierd (ook denkbeeldig)

op kreukel-knie�

biddend voor hierdie

� so vreemde

gebedemuur.

 

Gebedsnotas orals in

gebarste stene gedruk,

hartsbedes van suiwer

geluk, maar ook trane

uit die wese geruk

wat die muur as

verskuilde graffiti versier.

 

Smekend om te mag lewe

na die heilige gebod, liefde

tot my naaste

en my Almagtige God.

 

Ware ligfakkel in

elke donker uur. Dis

die rede vir my

lewensduur.

 

 

 

 



 

Skeppingsoes � (Lai gedigvorm)

 

daar was lig gewees

uit Sy stem en Gees

gemaak

die ribbok en vlees

elke mens en bees

getaak

om eerbaar te wees

sonder angs en vrees

te waak

 

 

 



 

My liefste lief (1)

 

my verlange skeur droog

uit verstarde grafieke in my bors

terwyl my vingers tevergeefs soek

na �n nuwe dialek om in fonetiek

jou van my liefde te vertel

 

in die asem van die waaigraswind

hoor ek die vergote klingels

van jou eens geliefde stem

wat voetslaan deur die vaaltes

van my denke – my leemtes

 

ek wil jou dag oopbreek

soos afdraaipaadjies in strale

van doudruppelhoop

terwyl my hart hosannas berym

in die sprankel van jou o�

 

mag jy, my lief –

in die ink van my smagting

die geel van jou sonneblom vind

en my hartklop se rammel

jou drome stil

 

 



 

Sleepselstorms

 

ek ruik die kneusing in die lug

die blou lyk ineens nou geyk

as my hartsbetogings weier om te wyk

en saam met swaeltjies sweef� op vlug

 

in my o� brand wegwaaiwoorde

wat vreesaanjaend bly refrein

swanger knal die stilte in wanakkoorde

holderstebolder soos �n wegholtrein

 

die aksente van my hart

murmureer deur mompel –

spel net stomsielsmart

in ‘n vreemde taal

 

sag word sleepselstorms nou stil

waar ons saam kniel, soos God dit wil

 

 

 



 

Winterdraai

 

as winterwind sy asem waai

breek dood sag in eenvoud

asof gevries, vergete, ysigkoud

word sade skelm in ys gesaai

met vlerkvriende se tortelkraai

kom �n wintertraan benoud

verskans in wagbehoud

atmosfeer bly koud en gelaai

 

die nuwe seisoen is �n lied o Heer

as papies teer tot vlinders beur

alle moeg en seerkry weggekring�

buig ek in ootmoed voor U almag neer

vreugde kom uit my geskeur

wyl kiewiet �n nuwe lentelied bring



 

Met my woorde as verfkwas

 

ek verf my dankies oor die duinesand

vir elke kriesel genade aan my verpand

al staan ek naak in die sonde-son en verbrand

bring ek aan my Skepper my nederige dank

met woorde uit my siel � sonder klank

 

tussen die spoelklippe van �n magtige rivier

in maalkolke van die lewe vandag en hier

in die wonderlike oop natuur

kom ek my dankies verf in hierdie uur

met Hom spring ek oor elke versoekings muur

 

met slegs my woorde as verfkwas

wil ek lappies-genade kom las

om daagliks te voel en tas

toe ek nog totaal verlore was

het Hy my van sonde skoon gewas



 

Ligkaatser

 

Jou skadu

is die vagevuur

wat binne

my gloei

die refleksie

van my denke

word om jou gebou;

J Y

die ligkaatser

van my diepste wese

waar ek my

werklikheid

in jou o�

druppel vir druppel

in minnewoorde

sien blom.

 

 

 

 

 

 

 

 



 

Skemeruur

 

Smeulend l� die

vuurbal op die drumpel

van die kim

terwyl geraamte skadu�s

asemloos

op oorgang wag;

 

weglooptree

verdwaal tussen aandlied

van die naggevleueldes en

roos gekleurde memoires

vlerk in die verlate

skemeruur-wind

dan –

as die rooigeel oor

die aarde kring

weet ek, ek het vrede

in my vreugde gevind.



 

Ek offer vir jou

 

ek breek in diep ontferming vir jou

�n broodjie saam met die visse

van �n kobaltblou see

dan buig ek stom en skep bakhand

uit die Eufraat se vloed

dat die son weer

oor jou geluk sal gloed

 

ek doop jou met die hoopvolle wete

dat jy kan vergeet om te onthou

dat jou seerkry in die kring

van �n bleekwit maan sal verflou

en die doringkroon in spore

van aanbeweeg sal kerf

sodat jou onheil ook

in misgeboorte sal sterf

 

as die voorhangsel

dan bevrydend

in lettergrepe skeur

weet dat niks sonder God

se vingerval gebeur

daar sal weer �n nuwe dag breek

waar jou hart sal ophou treur

 

so ek offer vir jou

in Vrede van Bo

�n beker wyn (en)

genadebrood vir jou alleen

mag dit vir jou wees

tot ewige se�n

 



 

Vergane gisters

 

papierdun skyfie van die maan

gooi se�n ruim in bakhand uit

oor enkeling en ook vreemdeling

wat verlangend na Bowe staar

met gedagtes oor wat m�re

weer padlangs sal baar

 

waar die strepiesmaan

dan skaam met �n rooi gesig

deur traan-swangerwolke loer

trek naglug met geraamtevingers

nuwe atlase oor onbekende m�res

terwyl die skadu�s langasem

(wenend) oor vergane

gisters hang



 

�n Ewigheid en
nog �n bietjie

 

my oog druppel

�n liefh� traan

in die wye oseaan

terwyl jou asem

minnebriewe

stuur na die sekelmaan

waar dit eggo

op �n spierwitduif

se tortelbaan

 

hoe lank my lief

sal die naglug vra

en die bruis

van die branders

sal my antwoord dra

 

�n ewigheid

en nog �n bietjie daarna

 



 

Genade-doudruppels

 

waar ek verdrink

in die oseane

wat deur jou are bruis

lees ek die uitroep sinne

in die diepkyk van jou� o�

en waar jou asem skor

jou liefde oor die naat

van my vel kom skryf�

ook in die boog van jou mond

hoor ek die soet

van omgee

sonder grense

 

so plant jy kosmosvelde

in die binnekamers van my hart

bedou dit met genade-doudruppels�

uit die put van jou siel

as jy met jou hande

oor my menswees

streel

 

 



 

Want jou liefde
s� �

 

ek wil my siel

in konfetie snipper

sodat my wees

soos �n Lotusblom

statig voor jou

o� ontvou

 

(om jou elke hartswens

so te vervul)

 

dan in die koel skadu�s

van jou hart

wil ek immergroen

varings plant

sodat �n duisende spore

vir jou geluk kan saai �

jou na Vrede laat draai

 

ja dit wil ek doen

omdat jou liefde s�

ek mag en

ek kan

 

 



 

My leef se rede

 

in die eggo�s van die jasmyn se reuk

skil jou koesterwoorde, sag in eerbied

(soos reukwerk wat deur my vingers val

tot by die poorte van my hart se
grendeldeur)

s� bind jy my vas in jou heil�ge

Jabesgebied

 

dan kom sypel dankies� (ge)bede�

as uitbreek- metafore, deur my lippe se
keerwalle

want die wasem van jou liefde is my leef
se rede

terwyl jou hartklop ritmies klop-klop

soos �n duisendpoot se kieliespoor

net vir mẏ,� om te

kan hoor

 

 

Natuurgedigte

 

Met my woorde as verfkwas

 

ek verf my dankies oor die duinesand

vir elke kriesel genade aan my verpand

al staan ek naak in die sonde-son en
verbrand

bring ek aan my Skepper my nederige dank

met woorde uit my siel � sonder klank

 

tussen spoelklippe van magtige rivier

in maalkolke van die lewe vandag en hier

in die wonderlike oop natuur

kom ek my dankies verf in hierdie uur

met Hom spring ek oor versoekings muur

 

met slegs my woorde as verfkwas

wil ek lappies-genade kom las

om daagliks te voel en tas

toe ek nog totaal verlore was

het Hy my van sonde skoon gewas

My kaalvoet genade gedig

 

vandag skryf ek �n kaalvoetvers

sonder pretensie of om voor te gee,

krabbel ek sommer skeef uit my siel

om uiting aan my sielslied en vreugd� te
kom gee

uit volle bors wil ek juig

jubel oor die skoon natuur

die kosbare see en haar wye blou oseaan;

laat my dit doen in hierdie kosbare uur

op die duinesand se kruin

wil ek my dankies kom verf

as stille getuienis� van soveel mooi en
goed;

van hoe God die mens in genade kom bederf

kaalvoet wil ek huppel

ligvoets oor droe� graspolle draf

tot verby die hoogste holkranshang;

onskoon� gedagtes� uitsny en begraf

by Mopanie wil ek stil gaan staan

droomverlore die lug in snuiwe en weet

hierdie mooi Bosveldw�reld lewe in my bloed

hier l� my spore en is die aangesig van my
sweet

onder die helder sterrelig dans

onder behoed van die sekelmaan

met die Sewe-ster as toeskouer wat luid
applous;

in die maanlig kan ek nader aan my Skepper
staan

Na somer gedagtes

 

soos die gras verdor, vergeel

die groen na bruin verkleur

speel die malse oranje-bruin

en ou mostertgeel ramkiekie

op my hart se enkel snaar

 

die nostalgie van gister se onthou

vou diep gedagtes binne my oop

van gister se mooi wat saggies drup

soos ys-traan se smelt teen die lewensglas

nooit vergete maar reeds vergaan

 

onthou die soet-suur van lemmetjie vrug

wat� met plof my verhemelte kom geur

ook as die peervormige kweper se sap

speels, dog melerig teen my keel af strek

in vreemde soet-frank smaak

 

trek ek weer dromerig in persrooi
moerbeisap

harte op my bo-been vel sodat ek stil kan
wens

om dalk op sonligstrale �n verdwaalde fee
te sien

wat jongmeisiedrome waar kom maak

my weg te voer na waar God re�ndruppels
maak

 

in die na-somer se diep versonke gedagtes

beleef ek weer lank gele� se verspotte
giggellag

maar ook met treurig-traan van skerp onthou

die lewe gevul met jongvrou-drome en
gedagtes

glimlag dan in die stille vrede van na-jaar

as� volkome vervulde vrou

Liefde vir my sonskynland

 

in die kruppelruigtes van die bergland

oor ruwe klip en tussen vaal rosyntjiebos

glip gebroke klippertjies soos afvalgruis,
vermos

tuimelend na benede oor kartel�rotswand

���������������

oor die rooi van Khalahari duinesand

gebo� waggelstap van woestyndors

na groen oase van soetewater se sagte kors

terwyl die son genadeloos brand

 

deur die onherbergsame re�nwoud

tussen Tsitsikama se sagte vo�lgesang

word my hart aan varingblaar gehang������������������������������������

besprinkel met oggenddou se koud

 

so is die liefde vir my sonskynland

vir ewig in my hart vasgebrand

Woorde is my asem

 

woorde is die asem van my diepste siel

wat uiting gee as die lewe my soms verniel

maar ook my uitskreeu jubelkrete

wat kom griffel oor als wat my plesier

 

diepsiel kom klim woorde uit my hart

as ink die papier met gevoel kom vlek

om weer perspektief te kan gee

word dit dan my hart se klankbord

 

soos �n magtige waterval

kom woorde uit my menswees

om deurmekaar gemoed te verlig

my emosies weer te balanseer

 

soos �n verslaafde wat bly smag

so is my diepmens aanmekaar gesit

met woorde as my asem

as lewe my siel toewasem

Die bloudam se indigo-witperd-lint

 

so gaan dit om die duinesand se draai

daaronder by die kaai van Sodwanabaai

daar waar die duikers diepsee kaperjol

met snorkel tussen koraal, seewier en skulp

 

tussen blinklyf Elwe of groteske haai

wat nuuskierig en honger om jou draai

daar waar jy skelm na oesters soek

in skeure na volgroeide krewe tas

 

hier en daar jou aan die re�nboogvis
vergaap

beleef jy die sprokie van soos uit �n diepe
slaap

met die mooi vanuit Moeder Oseaan se maag

wat water w�reld verander in vreemde
visioen

 

hier word die hart van �n duiker vasgebind

met die bloudam se indigo-witperd-lint

want hier kan jou siel mos vry asemhaal

tussen koraal, seewier, vis en skulp

Lied van die boskind binne my

 

die boskind hier diep binne my

sal altyd padlangs uitkoms soek

na die wye natuur so mooi

om my hart in stilte te kom tooi

 

die indigoblou van die oseaan

met palmtak en rotsversier

skommel golwe wat perdjie ry

met ewige vloed van eb en gety

 

stadig draal deur ruie Bosveldbos

tussen Soetdoring en Mopanie

dalk �n drolpeer wat welig blom

pluk aan die stringe in my hart�s kom

 

kaalvoet verder gaan verken

na mooiste bruidswaterval

met sproeire�n oor varingplant

en klein vergeet-my-nietjies

wat groei tot teen die waterkant

 

hoor die lied van die boskind hier binne my

wat altyd en oral gestalte moet kry

in die roepstem van die wye natuur

hierdie is my kapel in my stilword uur

Kom gee my �n rede

 

daar sal altyd �n nuwe berg

wees om kaalvoet uit te klim

gedagtes wat wil weghol

vrese in yster vasgepen

 

in holkrans se eggo�s

waar drome smagtend

alleen verdwaal vertel dit

dalk van nog �n seerkry verhaal

 

drome wat sag kom ry

op Berghaan se eenkant vlug

wild op wind se asem gallop

tussen droomwolke verdwaal

 

tussen Aalwynblom se bitterblaar

teen die berg se bakkranshang

word omgeedrome weer vasgevang

tussen graspol en wildevyboom

 

hier in my lewensberg, my droomberg

word my vrese slegs �n vallende rots

wat nikseggend na benede stort

want jy is dan ewig as vangnet daar

 

sό kom gee jy my dan �n rede

�n rede om weer vas en seker

onvoorwaardelik te kan glo

in drome gestuur van Bo

My bergland Kana�n

 

met die hees kug-roep van �n berg-adoons

wat trillend teen bakkrans eggo�s slaan

giggel katlagter sarkasties saam

so asof hy di� kug-roep wel verstaan

 

dis hier waar Ribbok flink sy voet laat val

oor klipper, graspol en ook kruisbessiebos

tussen karmosyn kelk van bitter aalwyn

sweef-val Berghaan oor stilte wat knal

 

by stamvrug en wildepruim se welige groei

staan verskuil met kartelhorings so trots

met o� wat skugter loer onder maskerstreep

ore fyn gespits om te luister na vreemde
voeteval�

 

hierdie is my bergland Kana�n

my land van melk en heuning

dis hier waar ek my offers bring

vir lewe en skoonheid aan my gegun

 

deur my Skepper my Almagtige God

Oordeel-donder en geknal

 

met donder en felle bliksemstraal

wat onbeheersd in stormwolke baljaar

kom vreesaanjaend �n klaaglied aan

 

versteende druppels in ys vasgevang

klief deur die swael gevulde atmosfeer

om veld en dier te verinneweer

 

kom plof die reuse druppels neer

asof deur onsigbare hand wat stof verteer

terwyl geweld wreed oor aarde skeur

 

dortig met oopmond staar aarde na bo

ontvang dankbaar genade-trane gestuur

as bliksemstraal kamera negatief flits

 

met oordeel-gedonder geknal

het re�n dreunend op aarde geval

kom storm tot bedaring –

in sielsagte re�n

Donkernag wat stil erodeer

 

as die nagson in sy adamspak

oor die oosterkim kom flikflooi-loer

kom sing die naguil weemoedig

sy eensame verlange lied

 

met sterre wat knipperoog

die wag kom staan oor bleekwit

in melk-gedoopte litosfeer*

oor geraamtes van berg en dal

 

deur spookasem wasem-wolke

loer die Sewe ster ondeund

as kiewiet skril na sy maat roep

tussen grassade wat biddend buig

 

vrese van die donkernag wat erodeer

in ligglans van sterrestof se tuimel

met simfonie van krieke-koor

iewers tok-tokkie se eensame klop

 

salig wieg droomgedagtes dan mee

op sonbesie se skrille eentonige roep

hier waar ek onder hemelruim dan staan

dryf my gedagtes vas in �n vredesbestaan

Naglied van die wind

 

met die sagte geritsel

van die aandwind se lied

kom sopraan van krieke-viool

tesame met bariton paddakoor

om nuwe lied te komponeer

 

met simbale van kiewiet geroep

en tydre�lmaat van naguil se bas

klim crescendo van nagmusiek

soos re�ndruppels op �n sinkdak

 

in malse naglied simfonie

weerklink natuur se klanke

in kakofonie as teer melodie

van nagwind se nuwe lied

As die wind my toe karos

 

wanneer wind en wolke speels gaan lepell�

trek� hul spierwit spookasem-bolwang

daar waar hul aan hemelruim bly hang

om sprokies gedagte-sketse te kom prent

 

sodra sagte windasem oor grassade vee

buig hul ned�rig koppies neer

om so hul Skepper te vereer

in ritmies-wiegende-vreugdedans

 

as wind die gloed van sonsak omarm

die pienk vlieswolke kraal toe jaag

waar dit dik gaan l�, laag op laag

om in die maanlig te dartel en swaai

 

terwyl die wind my dan saggies toe karos

om met fluisterstem van omgee,

wat kom van ver-ver by die see

my te vertel van re�n wat nog kom

Woorde diep uit my siel gehaal

 

as �n nuwe dag saggies ontwaak

God’s verfpalet oor oosterkim kom vee

met horison so seer-oog mooi geklee

wil ek net vir jou �n diep verlange

prentjie verf, nie met kwas of haal

maar met hartswoorde diep uit my siel

probeer ek verwoord waar ek daagliks
rondwaal

hier in �n dolle deurmekaar alphabetkraal

waar ek my verlange ritmies korrek probeer
vertaal

vir ander om ook my verlange te kan
verstaan

 

dis �n hartklop ding, iets hier binne my

wat �n vreemde verlange deuntjie kom sing

soos suurstofborrels beur dit onstuimig na
bo

soek dringend uitkom plek, laat sekondes

tot laatnag, middernag-ure rek

verlange roep sag na die liefde weer

fluister woorde tussen stom-dowe mure

tot diep in donkernag ure van die nag

 

sag kom verlange-dagdrome aangesweef

soveel detail in gedagtes ingeweef

party is reguit ander krom en skeef

dit maak nie rerig saak want verlange

ook drome is deel van my,

(iets wat my hartsdiep raak) so gly ek

daaglik saam tussen wolke ook oor die maan

soms op vaste koers maar meestal uit
wentelbaan

sagte drome oor my geliefdes laat my gly

op �n re�nboog sag, hier wil ek huiwer

� hier wil ek stil kom wag

 

Solo-lied van eens geknakte veld-riet

 

dansend op die natuur se palet

staan die eens geknakte veld-riet

fier, trots en pennetjie orent

beleef nou die Skepping vervuld

deur Gods genesende genadebril

 

bekyk as enkeling die Skeppingswerk

sien lande vol windverwaaide grassade

wat baldadig in somerswind baljaar

snuiwend hul koppies na bo gelig

sing uitbundig saam �n somerslied

 

in sagte skakerings van pers, wit en pienk

op natuur se lappieskombers dwarrel
grassade

versprei die wye genade wat God ons bied

op die vleuels van die wind – ritmies,
wiegend

as solo-lied van eens geknakte veld-riet

Crescendo uit die Hemel

 

tussen hewige donder en bliksemstraal

weerklink die tromme van �n engelkoor

teen die donker Goddelike naghorison

met neon vetkryt strepe deur engelhand

ingekleur, fladderend soos skoenlappervlerk

 

in donderende oktawe weergalm die hemele

om so aan die Skepper Heer hulde te kom gee

met vreugdestraan wat spoel oor horisonboeg

en dan eindig in crescendo van halleluja lied

oor die wonder wat die re�nlied bring

 

as kragtoer van die brose natuur

stil gaan staan voor die krag en mag

met diepe ontsag voor haelsteenrots

wat as kunsmis oor dorre aarde re�n

tasbare bewys van se�n deur God se hand

 

waar mensdom stil-stom in diepe

verwondering voor God se Almag staan

knielend gebuig soos grassade in die wind

biddend, maar steeds vas en seker immer
weet�

ons is en bly Godskind, gekoester in Sy
hand

Op die asem van die wind

 

in vroe� oggenduur

kom wys ons Heer

die kosbaar-mooi

�n wonder nuwe dag

wat granaatrooi

oopbreek met die sak

van die sekelstert-maan

as die maanligstrale

sku die naggloed groet

laaste sterre stil en skaam

vir oulaas flankerend

kom knipper-oog

verdwyn die skadu�s

van die donkernag

word dag eens geklee

in rosegloed van son

se warm straal

 

nog �n helder nuwe dag

ontvang uit God se Vaderhand

gebaai in oranje en warm rooi

vir mensekind om te aanskou

om liefde in oorvloed te gaan saai

in die groet van die naggloed

l� diep verskuilde beloftes

van stil geluk wat vir ons wink

met helder doudruppels

in re�nboogkleur getint

in stille oggendlied

op die asem van die wind

(dis waar ons geluk kan vind)

Melkwegglans

 

trippeltone deur sagte melkwegglans

oor meteorietstof se versteekte duin

vrolik in sekelmaan se dowwe skyn

sweef ons op ritmiese liefdesdans

 

verdwaald in nagson se re�nboogkringe

dartelend deur misbank op horison

speel ons kat-en-muis al om Orion

droomverlore in soveel liefdesdinge

 

tussen drie Konings se suiwer sterreprag

onder melkwegskag se laaste wegloop spoor

dans ons op liefdeslied wat so innig bekoor

pluk jy vir my elke ster wat gretig wag

 

dansend in ligglans van die melkweg

op maat van nimmereindigende nagmusiek

saam engel-simfonie se suiwer, soetste
liriek

kom teken jy sag in vingertaal ons liefdesweg

Padlangs

 

doekvoet-saggies trap my hart �n ritmiese
voetval

deur klamsand, op ongelyke grense van die
blou oseaan –

oor sig-sag skadu�s van groen grasheuwels

soms ��k deur kraters van die silwer maan

 

vind die mooiste skakerings van wit, pienk
en pers

in die geur van kosmosgenade wat oor my
re�n;

re�nboogbeloftes tussen spookasem wolke wys
die weg

na God se onverklaarbare liefde en se�n

 

onder bruidsproei van magtige watervalle,

stil koelte van majestieuse
Bosveld-doringboom, of

verdwaald tussen takke van �n reuse
Kremetart

so dwaal my hart op gallop, uitbundig,
so-as ek mog droom

 

padlangs deur daaglikse lewensloop,

op gelukspaaie wat jy vir my uitwys,

stap ek sielsalig met my hand in joue

(koning van my hart en aardse troon)

Jy is die rede, vir my vrede en kommerlose
bestaan

Sag val die re�n

 

immer in ritme van my hart se klop

skoon kom vee elke druppel teer

stof uit denke ook elke buiteblaar

van genade so groot van Bo

 

val die druppels klappe-die-klappe-die-klop

klink soos uitbundige perdjie op wilde
gallop

 

skeppend van genade so wyd

uit hemelskatte se pot vol goud

drup die Heer se vreugdestrane

oor my en jou, Sy koningskind

 

val die druppels klappe-die-klappe-die-klop

klink soos uitbundige perdjie op wilde
gallop

 

in druppel-nostalgie word vasgevang

in die wydheid van Godsgenade

Sleepvoet in spatsels van rooi

 

deurmekaar eb en vloed�

die woorde deur my kop

gedagtes van diepe omgee

in teer geweefde liefdesdraad

om saam te wieg en kolk

van soutseebranders se ritmiese rol

maal soos wegsteekgrepe

deur my sinne en denke

vertel dit �n tere hartsverhaal

van diepsee-kelder gevoel

met vrede wat deur my draal

liefde so immer sag en koel

sleepvoet in spatsels van rooi

op sondeurdrenkte horison

wat droomverlore verdwyn

oor misbank aan oosterkim

Verdwaalde woordskilder

 

hier waar ek stil aan skilderye

van sielswoorde sit en verf

diep gedagtes wat asof vanself

binnebouds kom lawa-borrel

met bonte kleure van �n verfpalet

 

hier pen ek op handgemaakte papier

woorde uit natuur wat kabbel-vloei

ook deel ek hier my liefdesbeker van geluk

re�nboogkleure in sagte pastel

 

geluksoomblikke word vasgevang

in lui silwer vreugdesklokkie-woorde

buitelyne van swart in bakkies van tin

Golgota oomblikke in bloed gepen

 

woorde wat gedurig eb en vloed

in krabbelsketse hier kom kwas

met emosies van my gemoed

gedagtes wat stil deur my woed

 

in gedagtes word ek dan

net �n verdwaalde woordskilder

wat sielspatsel emosiewoorde

sag oor papierdoek kom ets

Voetspoor na ongekende hoogtes

 

soos verdwaalde grassade

in die wind verwaai

dwarrel en tiekiedraai

jou liefde in my hart

 

deur sagte ritsel

van immergroenblaar

saam met die wieg

van slaptak wilgerboom

 

diepsee oor koraalrif langs

na ewige nimmerland

tot by einde van re�nboogpunt

om die potvol goud te vind

 

saam vingertoon krul

deur bruidskuim

van wye oseaan

veilig geoester tot p�relglans

 

oor dorre duinesand

tot groen oase van rus

deur spookasem wolke

verby die donder en blits

 

oral neem jy my� sielsalig saam

op voetspoor na ongekende hoogtes

waar heimwee eie-woorde

sag in liefde wolk

In die tromme se eggo

 

trillend vibreer klanke van tromme

op nagwind se verdwaalde melodie

huiwer sagte klank tussen sterre spatsels

in nagdonker se eenkant vergete-uur

 

grepe van lankgele� se gehoor

wat langvinger aan my siel kom tas

ritmies en sag dryf aardse klanke

soos deining van golwe in eb-gety

 

flikker vuurtong-vlamme rustig voort

om gehipnotiseerd in stilte na te staar

in nagwind boodskap van die tromme se eggo

wat al harder in agtergrond in ritme donder

 

in die tromme se eggo word my siel dan stil

�wyl my hand sag in joune nestel

onder nag-wye silwer horison

Lawa letters

 

onder oeroue koepel

van die silwer maan

drink ons soos kinders baldadig

uit nagmaalsbeker van geluk

verdwaal sielsgelukkig

in die re�nboogkring

van osoon verwaaide sterrestof

 

in liefde vul jy elke hartskrater

met soet-stroop nektar van die gode

ets in teerheid sonneblomme

in harde maansteenrots

en so eie aan jou menswees

graveer jy in lawa letters

gedagtes van ons hemelliefde

 

en ek klei in jou vaardige hande

Somersre�n

 

sag l� die voetspore

van die somersre�n

blink nat in

hondespoortjies aan-een

so wyd versprei

die Here se se�n

Gehuil van die windpomp

 

oor barre en dor aarde

kom jy my ridder aangesweef

as koele lafenis wat my innerlik laat beef

openbaar so jou diepmens waarde

 

so kosbaar soos water oor dro� karoo
landskap

kom jy my my lewe en siel verkwik

dra my daagliks op vleuels van jou liefde

verander dro� rivierloop na vloed

 

Jẏ is die ridder van my lewe

die lewensbron van my liefh�-water

waar ons saam sorgloos kan gly

by koel waterstrome in liefde gedy

 

skel geskree van windpomp in die wind

word stil gemaak deur jou koester en omgee

elke traan word �n blye giggellag

as jy my lewe vol liefde kom tooi

Lewens-ink in stof gedoop

 

met sand wat vinnig na benede vloei

soos die tyd per sekonde uitbloei

met hart wat soms polsend gloei

jy dan terugkyk na dit wat was

jy gebeure wil plaas in ydele klas

besef die lewe stap met haastige pas

 

so snel vlieg die ure van die dag

dae dan maande � �n skerpe aanklag

tyd wat doekvoet draf, vir niemand wag

dan word maande reeds vergange jare

behou jy net �n hand vol vergete blare

sit jy met spikkel-grys in die hare

 

soveel wat jy nog wou s� en doen

maar tyd is verlore, jy sal moet versoen

ure is vermors, sekondes verdoem

as jy dink aan hoeveel vrae jy nog wou vrae

maar vermors het met �n gekla

oor dinge wat so onnodig pla

 

as ons maar net dankbaar kon wees vir nou

sou daar soveel minder wees vir berou

vir kanse verspeel en naels onnodig afgekou

soos die uurglas dan stadig leegloop

word jou lewens-ink in stof gedoop

jou tydelike vesting stadig gesloop

Re�nboogkringe

 

in sag gekleurde re�nboog gange

gedraaide sirkels in kleure van goud

dwaal liefh� gedagtes sielsalig rond

voltooi s� die kring van ware geluk

 

deur sproeire�n van opregte gevoel

weerkaats en eggo jou hart se taal

immersag en kleinkind teer

soos trooskombersie in jou hand se vat

 

reg deur jou o� se misgordyn

fladder skoenlappers sorgloos rond

skyn kosmos-liefde stralend deur

omkring my wese in strale van goud

 

in die kromming van jou arms

dis hier waar ek stil verdwaal

in die sonkring van jou liefde

waar ons re�nboog-sterre pluk

 

deur ritme van jou hartklop

speel jy sagste liefdes melodie

voltooi s� die kring van ware liefde

om in goue hemel-emmers op te vang

Sielsalige wegloop drome

 

vandag wil my gedagtes hoog vlieg en v�r
paaie stap

na daar waar die stofpad sy es-draai maak

waar elke weghol-denke sommer net wegraak

aan mekaar gelas soos stukkies weggooi lap

 

in sagte lank-vergeet-laventel reuk

vars dou-klam geur van warm grond

bome in bot so heerlik bont

tot waar rivier in twee wegbreek

 

dis daar tussen wit duwweltjies blom

grassade se klingel in sagte wind

uitbundig soos jong onskuldige kind

in die berg se perdehoef wegsteek-kom

 

soos arend se sorgelose sweef

tussen snuifpeul en kameeldoring

in die Bosveld is my hartswoning

hier is my drome sielsalig vasgeweef

Flaminkedans

 

soos flaminke wat dansend pronk

kromnek spoggend deur die hemelboog

gedagtes as p�rels dig kom snoer

diamantoog knippend skelm loer

 

trippeldans deur wasige melkwegbaan

tot iewers in dowwe maanligglans

om daar sterre-tros te gaan pluk

in nagson-prag soos goudgeel druiwetros

 

as verdwaalde gedagtes

in swartnag vermeng

skitter sterstof siel-sag

deur hemelruim onder sluier

soos skugter maagdebruid

op nooiensvaart-tog

tussen sterre weelde heen

 

in maan se wegsteek sagteglans

dis daar waar wegkruip sterre

flonkerend minne-dans

stil knip-ogend konfetti saai

regdeur misterieuse donker hemelboog

 

op nagwind sag fluister liefh� gedagtes

dan pronkend, draaiend in flaminkedans

op maat van ontembare vreugdeslied

van silwer maan as hoof-dirrigent

op ritme van Hosannas oor wat lewe bied

As kleurpalet oor sondemens kom bloei

 

met strale in goud gedoop

van oranje tot diep skarlaken rooi

verander landskap in skemer-mooi

nog �n dag ten einde geloop

 

wanneer grassaad in eerbied

saggies in aandwind kom kniel

met suiwer aanbidding, vas en rigied

om so die skepping te geniet

 

wolk-trane sag in purper geklee

daar waar Godsvinger kom vee

in gelate Vadersliefde ons aanskou

wat menigmaal erg verbrou

 

steeds aan ons Sy liefde wys

van Sy genade wat hoog oprys

met haal van Vingerkwas

ons met Sy bloed skoon kom was

 

as God Sy vingers sag oor kim laat vloei

sien ons hoe die aandlug begin gloei

as kleurpalet oor sondemens kom bloei

Op die aandwind se spoor

 

in maanlig-gange deur silwer sterreprag

verdwaal ek kniediep in rou emosie-moeras

by aanskoue van God se suiwer natuurprag

met vrye hand teen hemelruim geverf

met sagte vee van Meesterhand

word sterre ook planete staangemaak

om vir ewigheid vas op wag te staan

 

kom pluk aan my hart die eensame aandlied

van naguil en kiewietroep

sag vermeng met krieke en paddakoor

sweef soete geur van skaam aandblom

wat net met nagson mildadig flankeer

teer gly ek op die aandwind se spoor

alles deur genade van die Liewe Heer

As nostalgie nesskop

 

as die son sy kop

knikkend en traag

in oranje droom-rooi kleur

laat sak oor die berg se kim

is dit di� tyd wat nostalgie

in my diepsiel kom klim

 

met die purper-rooi skemer

wat sag oor boomtop hang

lig wat jonkvrouskaam

steeds deur mopanieblaar loer

word stilword emosies

deur my psige vervoer

 

met aarde se nags�-reuk

wat trillend op warmgrond

stilasem na rus smag

snoesig dig oor kim l�

dis d�n wat nostalgie nesskop

as son vir aarde nag kom s�

Hantam Karoo

 

diep skoonheid van die Hantam maak my stom

majestieuse kokerboom op dorre randjiesveld

plate vol re�nboog-kleur Godgeplante
veldblom

wat oor ooptes tot by horison se rant
vassmelt

 

klipkoppies van Leeu-Gamka wys genade so
wyd

vergete treinspoor na Matjiesfontein l� ver
suid

lankgele� se verwoestende waterspoor op
Laingburg

neem seerkry bankrot gedagtes v�r terug

 

met die rolbos-tolbos wat warrelwind

oor kaal vlakte en ruwwe veld

verruil ek vir geen geld

hier kan my siel skoon reis op die wind

 

dro�-wurg kerm geluid van windpompwiel

kom krap diep aan my Noag-vloedsiel

hier in die Hantam Karoo spel genade

skoonsiel reinhart oorlewings bravade

Plankmuur van die winter

 

tussen diepgegraafde kronkelbane

van termiet en rysmier gange

hoop herfs se mufblaar opdrifsel

word gister se winterbleek weggeskil

 

deur vrot gevrete erosieplank

bring natuur sy ewige dank

bars die lenteblom mildadig deur

waar groen deur skelm sonlig skeur

 

wurgend in prag so oorvloedig

pronk Jakopregop kierts-manmoedig

kronkel-kruip pers bouginvilla-tak

onder sleepsel van geduldige tuinslak

 

deur die plankmuur van die lewe

waar nuwe groei weer begin swewe

dowwe winter van gister agterlaat

vloei nuwe lewe deur God so kordaat

Blomtuin van my hart

 

met inasem van die soet lentelug

word my longe gevul met Skepperprag

vir hierdie seisoen so lank gewag

as vlinders sku voor my wegvlug

 

stadig sypel roosgeur in my neus op

stil gemeng met soet katjiepiering-geur

pluk ou herinnerings aan my hartsdeur

waar dit stil aan my siel kom klop

 

malse groen van varingblaar

wat onder vars doudruppel beef

skelm loer gesiggiekop so skeef

met trilling aan my hart se snaar

 

hitte stoom van warm lenteson

op hierdie malse skoonheid en prag

starend na nuwe groei so lank verwag

tot in my hart se diepste kom

 

lente blomtuin van my hart se punt

vul my met aroma en liefh� geur

as dit pluk aan my hart se omgee deur

met speelse vernuwingswind

As die wind misslierte deur my hart kom
waai

 

met felle ysvingers vat hy raak

kom griffel-krap aan my gemoed

doen my diepmens geensins goed

as wind oor my siel vrese oopbraak

 

sal onverwoordbare fobie-vrees vir wind

dan nimmer ooit uit my verdwyn

as geloei strepe trek oor my grein

my magteloos laat soos �n verwaaide lint

 

telkemale kom die magtelose vrees

as boomtakke spookvinger kras

repe skeur uit my siel se bas

ek stom-stil staan – ewe bedees

 

angswekkende geloei van stormwind

om skewe hoek ook elke blinde draai

verdwaalde misslierte deur my hart kom waai

wakkerskud-vrese gaan haal van bang-wees
kind

 

net die wete dat U deur wind met ons praat

sagkens soos in Eden tuin op windgeruis

of op visserskuit met onstuimige brander
gebruis

kan my onrustigheid en vrees meteens
kalmeer

Bitter skroot vir genade

 

deurgeroeste moe� lewenswrak

deur tyd en erosie verbrand

jou diepsiel emosies so verskand

uitgespoeg soos priem tabak

 

daagliks het jy jou beste aan ander gegee

jou omgee en diepsiel mens

probeer vervul elkeen se wens

sodat hul nou voete kan afvee

 

misbruik, vergete en weggegooi

argeloos op lewe se skrootwerf geparkeer

bring so �n nuwe seerkry weer en weer

as verwerp emosies jou kom looi

 

in oudag met vetplant omring

plakkieblaar en skoonma se harde tong

bring tog skoonheid na jou binne long

as jy jou met aalwyn blom omkring

 

so vertoon jy dan jou vernielde prag

met geroeste skroot vir genade

staan jy bitter, sterk en vol bravade

terwyl jy finale doodgaan ure afwag

Hoopvolle rooi malva

 

in weggesteekte lankvergete venstersuil

staan eensame malvablom stiltrane en huil

tussen ruwwe lewensmure uitgebeitel

wat lank gele� se seerkry storie kom vertel

 

moedig veg rooikopblom na bowe

kyk verby verlede se seerkry-rowe

helder met groen blare loof

wat �n blinkskoon m�re beloof

 

in spookasem skadu grypvingers

wat tastend strek soos indringers

jou skoonheid so moedig en geil

met swartgedagtes wil bevuil

 

deur dorre bankrot agtergrond

wat glimlag wil steel van mond

steeds beur die rooi malva blom

moedig voort in eensame kom

In die skadu�s van die nagwind

 

mistig dwarrel en draai flou maanlig

gryp na vasklou plek oor die berg se rug

weerkaatsend, ysend en terug

 

naglug waai met spinnekopweb-slierte teen
my vas

boom-skelete wat grou uit die nag se donker
kas

hier waar ek in donker rondtas

 

warm toegevou in nag se liefdeskleed

met wit sjiffon gekoester teen alle wreed

asem ek diep jou asemteug as my
uitkomskreet

 

in die skadu�s van die nagwind

het ek jou diepe liefde gevind

jy het my weer in liefde laat glo soos �n
kind

In die krake van die lewe

 

dor en eensaam l� die aarde in seerkry
geskeur

hier waar dit teen die elemente moet beur

wreed en ongekend in harde houe van die
lewe

 

vol eensaam kraak en stukkend bars

waar lewe onder skoensool knars

die diepsiel oopskeur van die land

 

tog veg geloof se kaalvoetkind

soos �n blom in die stil-nagwind

sy weg moedig na bowe te vind

 

in modderswart verlede lewenskraak

word die aarde nuut oopgebraak

om nederige �n skarlakenrooi blom uit te
stoot

 

in die krake van die lewe

moet dit wees jou enigste strewe

om seer verlede te begrawe

so nuwe paaie te baan

Nag se donker

 

as die son skugter sy kop gaan sak

agter ruwe randjies, see se spie�l of ruie
bos

kom vou jy vlindersag jou nagkaros

oor die aarde se warm kors

 

as maanligstrale zig-zag neerdaal

om daaglikse gejaag af te skaal

deur die sterreruim se glans

jou verplaas na stilword-trans

 

word jou siel rustig en ontvanklik

vir skoonheid so onverganklik

padda wat verdwaald daar �rens kwaak

kriek se stem wat hartseer eggo-kraak

 

met die naggeluide as enigste simfonie

verwyder jy jouself van w�reld se kakofonie

hier in die nag se donker word jy stil

sluit jou dag af na die Heer se wil

Tussen bome word my voete weer kleinkind

 

as ek deur Bosveld stap met sleepvoet hart

stil verlange na die see aan my hart kom
vat

ruik ek die geur van mopanie sterk

weet ek dat hierdie w�reld mooi met my werk

 

karee, akasia, drolpeer en soetdoringboom

l� vas in my hart se diepste soom

met veraf kiewiet se eensame roep

wat otternes maak in my hart se sloep

 

hier in die Bosveld natuur word ek weer
volkome mens

in totale geluk en waar word van my
harte-wens

tussen die bome word my voete weer
kleinkind

hier gly my siel vry op die Heer se genade
wind

Hier staan ek oop siel voor jou

 

hier staan ek voor die wye oseaan

met branders wat oor my voete breek

met skulpgruis wat sag teen my tone steek

hier kan my siel sag oopgaan

 

met see-meeu wat laag kom duik

deur die brandersproei

laat my bekoring groei

as hy so slinks sy visprooi fnuik

 

hier by my bloudam se branders

raak my gemoed vreedsaam en stil

want ek weet ek lewe volgens Sy wil

ek kan eenvoudig nie anders

 

met kalmerende wonderlied

van water teen rots simfonie

neem dit my v�r van die w�reld se tirannie

daar is soveel mooi wat die lewe my bied

 

geliefde bloudam hier staan ek dan oop siel
voor jou

kom was my skoon, ja maak my gedagtes nuut

kom vul my hart met �n vreugdes-jubel-lied

maak my ewig aan God getrou

Die sagte koer van �n tortelduif

 

die sagte koer-koer van die tortelduif

maak my siel skoon, sag en teer

waar hy sing in die vrye stil natuur

hoor ek duidelik die stem van my Heer

 

soos sagte vioolklanke

sweef dit deur wolklose lug

bring so my vrede na my terug

op die vleuels van die wind

 

lewensbly sing hy sy bekoringslied

oor alle mooi wat die lewe hom bied

alles gratis en verniet

oor dit wat God hom gee om te geniet

 

die sagte gekoer van die tortelduif

kom vat sag aan my sawwe lyf

waar dit alle onheilsgedagtes verdryf

dring dit diep aan my hart se naaf

neem weg die seerkry skaaf

maak my lewe opnuut weer braaf

 

Blou breek se branders

 

met die blou breek se branders

word my diepste menswees iemand anders

diep loop my siel se liefde

vir die blou breek – iets so besonders

 

hier is my stilword plek

om my te red van �n w�reld so gek

met jou simfonie word my siel omkelk

 

elke brander het sy eie akoorde

sing sag �n heimwe�s-lied sonder woorde

neem my na v�r-verlang boorde

 

met jou helder trourokwit skuim

so hier en daar �n kol tieroog bruin

verpletter jy jouself teen die rots se
grein

 

in die sproei van jou blou brander re�n

versprei jy ongekende genade se�n

vir mensekind wat siel-stil starend ween

 

kom meng jou soutwater met vloeisel uit my
oog

draf doekvoet oor my wang se kartelboog

probeer met jou warm windasem my trane
wegdroog

 

hoe beskryf ek my liefde vir die blou breek
branders se mooi

wanneer dit siel-sag my menswees kom
voltooi

in skakerings van grys, kobaltblou ook
turkoois

 

op die seestrand by die blou breek se
branders

hier word my siel ontwortel van alle
eina-ankers

kom was my siel skoon � word dit weer iets
besonders

 

Simfonie van die blou water

 

met jou bruids-kant-skuim

omsoom jy jou branders so mooi

wat oor skulpgruis na sandstrand loop

ewig, mooi en pretensieloos

 

sing jy daglank jou sielsalige simfonie

in kalmererende wonderklank

jou sielswater deur wind geroer

waar dit skuim oor klip en rots

 

in ou-ou skeepskelders van lank gele�

in duisligwekkende dieptes van die see

waar seelewe daagliks oor vee

hou jy wag � rustig en ook tevree

 

luister ek stil na die simfonie

van my geliefde blou water

weet ek dat jy deur seewier en alg

soveel geheime diepsee-siel verberg

Nagnimf van die see

 

snags as seenimf ligvoet oor water dans

sag huil oor elke mens-verspeelde kans

in maanlig se sagte glans

bring met eb en vloed weer natuurlike
balans

 

met dartel skuimvlerke fraai

van pure genot haar seelied uitkraai

saam met die nagwind rondomtalie draai

daar in die wegsteekbaai

 

in haar hare is seewier ingevleg

met skulpe versier want die lewe is nie net
sleg

somtyds gebeur dinge net reg

en raak die seerkry sommer net weg

 

so ligvoets kom die nagnimf van die see

om sag oor skulpstrande te sweef

mensekind se hartseertraan af te vee

stil saam te stap op nuwe droom we�

Voetspore in die woestyn

 

dorre hartsland

kilometers aan-een net sand

tog hier word ons weer helder van verstand

barre woestynland

waar die son jou siel skoon kom brand

jou neerbuig na �n vaste geloofsland

waterlose duinesand

wring jou van �eie-ek� verstand

met net sandkorrels tussen tand

 

siel skoonwas woestyn

hier word ons harte voor God weer rein

barreland was my skoon van menslike skyn

verdof die siel se sieklike selfliefde pyn

hier word jy iemand sonder aanskyn

waterlose dorre sandhawe

kom wan jou van sondige seerkry dade

van menslike diepe smagting

waar ander op jou neerkyk in siek veragting

 

dro� warm en verlate land

soms handel mens sonder verstand

dis dan dat jy sonder vuur jou vingers
verbrand

in absolute verwerpte eensaamheid

soms ook in kinderlike onnoselheid

dan kom waai die lewenswoestyn wind

skuur jou foute weg � word jy weer
onskuldig kind

bring ook die smartlike besef

foute uit verlede het jou menswees bederf

woestynland wat so maklik oordeel kan fel

op dinge uit �n verre verlede vertel

hier staan ek oop en bloot

met verlede, hede en toekoms in jou skoot

geen oase van iets verstaan

van paaie deur ander gebaan

dank an ek net s� Goddank vir potskuur sand

dit open jou menswees en verstand

plaas dinge binne verstaan verband

maak dat dit die eina-seer diep binne
verbrand

 

voetspore in dorre hartsland

kilometers aan-een net sand

dit is hier waar jou hart weer skoon kom
brand

hier voel jy naby die Vaderhand

kan jy opnuut jubel met �n skoon verstand

jou geloofslig weer suiwer kan brand

Misbank van �n wolkkombers

 

met ysvinger-slierte waai jy teen my vas in
hierdie vers

plaas my wegholgedagtes in �n vlieskombers

met ysre�n-trane wat oor jou hangkrans
wange val

wat jou skoonheid net verder verhoog en
uitstal

in jou mosgroen groteske rok

behou jy geen menslike wrok

in ou-manshout jou take gesnoei

hou jy sinies wag oor dinge waaroor mense
hul bemoei

met kranse van hoog-verlang

wie kan ooit jou diepte vasvang

met jou diepste donker klowe

wonder ek sag � oor hoeveel ander seerkry
rowe

hou jy dan nog die wag?

 

sag gooi jy vandag jou ysige misbank
wolkkombers

oor berghange gesmelt soos �n saggebrande
kers

stil hou God die getroue wag

ook oor hierdie miswolkdag

Murasies van laataand onthou

 

in laataand se sekelmaanhang

streel koue naglug teer oor my wang

soos �n uurglas se sand

wat sonder ophou uitbrand

steeds vinnig na onder wegtou

dwaal ek deur murasies van laataand onthou

soveel mooi wat voor my ontvou

Arendsvlerke

 

op vleuels van die noord-oos wind

sweef jy sorgloos, ongetem soos �n kind

met vergroot-glas-oog tuur jy na waar om
kos te vind

 

jy – as ewige simbool van sterkte

wat oor water swiep met oopgesperde klou

gryp na rot, kuiken of �n vis so blou

 

kantelend sweef jy stil

geluidloos na waar jy wil

met majestieuse vlerke oopgevou

asof jy met die wind wil trou

 

wanneer jy snel van vyand wegvlug

vlieg jy direk in die son se skerpe lig

om dan jou beeld so te verdroog

word jy slegs �n skim in die lug

 

op arendsvlerke vlieg jy in sierlike boog

v�r bo die wolke � ja daar hoog

op die wieke van die wind

dis daar waar jy jou geluk sal vind

Melkweg-kind

 

voel soos ewig en altyd onverstoor

wat sterreruim my so diep bekoor

dat ek my siel tydelik daarin verloor

 

as ek saans na die sekelmaan staar

altyd hierdie onmenslike Vrede ervaar

weet ek vas en seker U is altyd daar

 

soos my o� deur die melkweg baljaar

gedagtes saam gallop soos �n wilde perd

waar ek gly op eensame komeet se stert

 

hier waar ek in flonker sterrelig verdwaal

waar maanlig my omstraal

in re�nboogkringe wat helder straal

 

elke ster vertel sy eie verhaal

van waar hy sy lig gaan haal

hoe hy geluk uitstraal

 

ek sien hoe spel die sterre jou naam

in vaste Jesus wentelbaan

vir my is jy ewig aardse son, sterre en
maan

 

as ewige melkweg-kind

bly ek sawens gly op sterre-wind

want hier is altyd Vrede te vind

P�rel legende

 

die legende lui reeds van eeue gelee

planne is deur bose en gode gesmee

om minnaars van mekaar weg te vee

deur maanlig se silwer glans

val moederstrane deur hemeltrans

om stil op seebodem te val

 

vier duisend jaar is vas geglo

kosbare p�rels is trane van bo

Magrietha die Giekse woord

vir hierdie waardevolle dierlike juweel

toe Arabiere die geheim oopvlek

en so nuwe w�relde ontdek

 

met magtige oseaan se eb en gety

het sandkorrel �n nuwe tuiste gekry

om stil hier te kom skuil

waar tyd geduldig in donkerte wag

sodat perlemoen hom finaal toese�l

 

tussen rooi koraal en skeefpoot� krap

en ander groot meesters van die diepe see

daar waar geen mensespoor ooit trap

word oesterskulp op rotse geheg

om p�rel te vorm, so mooi en reg

Bloedmaan

 

so asemrowend mooi hierdie kosmiese
verskynsel

�n maan met kleur wat bloed kom trek

 

wolke-re�nboogkringe in dowwe kleur

sterre wat tydsaam agterna sleur

 

Venus stuur sy helder lig

na Suider Kruis se brug

 

asof knielend staan Orion vas

om jou skoonheid ook te betrag

 

uit Heilige Skrif Openbaring word jy
beskryf

kom l� jou skoonheid in my hart se lyf

 

sag skyn in jou rooi besmeerde lig

�n verdwaalde meteoorre�n van sterre wat
plof

 

verwonderd aanskou ek die bloedmaan-spoor

wat die mensdom so sag bekoor

Windpompre�n

 

met skaar-gevormde lemme

lang-vergete gorrelpyp in aarde weggesteek

kom pomp jy helder waterstrome

op dorslande so droog en bar

sonverskroei – verstar

 

bring jy so broodnodige verligting

aan dorre waterversmagting

as jy genade-strome uit kom giet

uit God se hand, suiwer en verniet

vir mens en dier om te geniet

 

kom rus Sy mildadige se�n

ook op nakomelinge en kroos

soos sagte windpompre�n

jy word gered van �n w�reld immer boos

As ek saans in die sterlig droom��

 

as ek my o� in verwondering na bowe rig

ontelbare sterrewag pragtig ingel�,
deurmekaar geweef

in eeue lankgelee� reeds vasgestelde
patroon

geteken deur God se eie unieke sjabloon

 

die melkweg so komplek ineengeweef

waar sterre roekeloos daarin sweef

wonder van die ewige kompas, die
Suiderkruis

wat in wolklose nag die weg kom wys

 

in goudgeel volheid in hang die nagson as
maan

as ewig sirkel ge-ves op sy baan

om see te eb in afwis�lend gety

met klotsende branders aanrollend en vry

 

die nag se geluide uit donker se stil

waar eensame kriekie se gekriek oor
bosw�reld tril

want so, skrillend en klaend, roep hy sy
maat

om eroties in paringsliefde te praat

kiewiet kwetterend in die verte roep

hoor ek die naguiltjie se gehuil

wonder wat sal nog alles in die donkerte
skuil

die veraf jakkalsroep

deurdring my hart se sloep

met reuke van die dag se warm grond

wat in sagte aroma die lug kom geur

my gedagtes sagkens opbeur

die naglug �n spookasem koel

as dit in �n hoendervleisdans oor my arms
voel

 

as ek sawends in die sterliggies droom

so sielsaligbroos in Gods liefde gesoom

aanskou ek geeshelder, van blindheid
onbeperk

ons Skepperheer � ons Gees-wonderwerk

in hierdie skoonheid onbeperk

Maanlig drome

 

op die wieke van my nagwind drome

gly ek op die rug van �n vurige Arabierse
ros

gaan ons vergane dae se dinge deursoek

dit uithaal vir ons onthou-jy-nog-plakboek

 

soos ons deur purperwinde beur

spinnerak-gedagtes om ons verkleur

sterlig konfetti om ons woel

in naglug so koel

 

waterspatsels van trane gestort

�n harde lewenspad by terug kyk nou so kort

flapperende rokspante sag

wat uitlig die mooi wat voor nog wag

 

met die wind deur ons hare

ek en my forse Arabierse ros

gly ons sag deur maanlig drome

vas gebind in sterre se blink omrande some

 

Kanteleer

 

vroeg met die oggenstond

kom kraai jy jou blydskap uit

al wil ek jou met die gooi van �n wekker
stuit

jou vreugde in oggendskemer vir my
ongegrond

 

verkondig jy jou lewensvreug�

met elke asemteug

kraai jy baldadig

asof jy self aandadig

is aan hierdie wonderskone oggend

 

met sonsopkoms

wat skaam loer oor horisonrant

my kop onderste-bo laat sit op bed se kant

dan met eerste aansig

my asem wegslaan oor die skone gesig

van verfpalet se kleur

wat lug in oranje-rooi kom kleur

 

geliefde kanteleer

met jou kop fier omhoog

jou uitbundige koe-ke-ro-kooo

stertvere swierig rondgeskud

is ek dankbaar bly

dat jy oor my werf regeer

Natuurlike inspirasie

 

sien ek die son sak in die weste

met �n oranje-rooi kleurpalet

deur God se hand geverf

sien ek hoe nog �n dag wegsterf

 

sterrenag se diepe bekoring

venus se lig wat helder uit toring

krieke se roep – so eentonig

maak my nederig stil

kom buig my siel na Sy wil

 

sterre en komete

bring �n vaste wete

hier in die wye natuur

waar ek in Godelike skoonheid in tuur

van hier kom my inspirasie

gee my siel die nodige spasie

om rustig te kan wees

my gedagtes op papier te kan lees

R�enboog forel

 

helder in vinnig kabbelende stroom

kom jy mastieus aangesweef

sny jy deur die water perk

spring uitbundig uit na bo

in sagte r�enboog kleur

om so die dag na nartjiegeel te kleur

 

satynsagte waterspatsels

wat skitter soos diamantgletsers

duik jy swierig in en uit

in hierdie helder spruit

 

in die yskoue rivierwater

wat deur berge kronkel

dit is waar jy vry baljaar

solank jy net stroom-op kan vaar

 

spring jy uitgelate

altyd agter goggas aan

of kry jou kos diep onder in �n rivierbed

so bly jy altyd stert swaaiend rondbeweeg

met hier en daar �n r�enboog spring veeg

�n Boer se hart

 

wie sal ooit �n Boer se hart verstaan

hier waar hy daagliks veg om �n bestaan

in droogte as veld en dier saam vergaan

om hierdie as draai sy wentelbaan

 

hier l� sy stukkie aardse hemelkom

werk hy onder helder son

swoeg daagliks van vroeg tot laat

sodat almal uit sy oes kan baat

 

dis hier waar stiltes hom begroet

hier kan jy onderskei tussen sleg en goed

beleef te�- maar ook voorspoed

leef daagliks in God se genadegloed

 

son sal sag oor handewerk kom val

sonder enige trompetter-geskal

van w�reldse dinge en gejaag

wat jou bloeddruk net opjaag

 

kom soek hy hier op platteland

sy eie stukkie hemel uit

bou hy vir hom en lieflingvrou

�n eie koninkryk

waar geraas nie om jou ore bruis

 

�n Boer se hart word hier gevind

as nederige natuurkind

wat doen wat sy hand kan vind

met net die sagte getjier … getjor en
geklang

van windpomp se stadige draai

v�r agter die haan hoor kraai

hier sal hy weer m�re se vrede kry �

sy hoop vir onseker toekoms kan vind

My geliefde Soetdoringboom

 

op uitgestrekte springbokvlakte

sover die oog kan sien

spring jou malse donsgeel

blommeprag op uit die natuur

om sag my oog te kom vang

 

jou ragfyne blaredos

hang sag teen skurwe bas

vol van knoetse –

van gister se onverdiende pyn

dit plaas jou in �n unieke klas

gekrulde oorbel-peule oral oor

wat groot en klein

so maklik kan bekoor

met gomtrane wat ou-tyd

se eina stories wil verloor

skerpe pendorings

staan so fier orent

vertel sy eie verhaal

maar so sonder begin of end

 

onder �n donssag geelkombers

van my geliefde Soetdoringboom

dis waar my kis dan moet sak

styf teen sy stam se skurwe soom

wanneer ek eendag stil kom l�

as ek my aardse lewe

koebaai kom s�

met tortelgesang

sonbesies se �ge-klang�

die aarde se klam kan ruik

tot in Ewigheid

Nuwe dagbreek

 

skugter verkleur die horison

as die son se oranjebont

kleure skaam begin blom

nagmisnewels verdwyn

soos sagte sonstrale begin skyn

oosterkim begin glim

in herfskleur roesemoes

 

stadig knip-oogend

loer die son oor horisonkant

eers oor see en vlakte

later oor berg se rant

versprei �n sagte warm gloed

verhit die aarde se bloed

 

lewengewend sprei sy lig

vir mens, plant en dier om te gedy

so breek �n nuwe dag

kom gee die son sy wonder krag

waarna elke skepsel so smag

Op wieke van die wind

 

sag kom dagdrome aangesweef

soveel detail ingeweef

party is reguit

ander krom en skeef

 

dit maak nie rerig saak

want drome is deel van my

iets wat my ek kom maak

my hartsdiep aanraak

 

so gly ek daaglik saam

tussen wolke ook oor die maan

soms op vaste koers

maar meestal uit wentelbaan

 

sagte drome oor my geliefdes

laat gly my op �n re�nboog sag

hier wil ek huiwer � stil wag

alles vries vir meer as �n dag

 

oor haelvlaktes en donder heuwels

waar swart gedagtes nie wil sneuwel

seerkry en pynlike dinge

wil ek ligvoets oor skaats

want ons is nie regtig maats

 

so gly ek dan daagliks

op wieke van die wind

met niks wat my gedagtes

vas kom bind

my plaas in vaste

�moet doen� strukture

wat my vasdruk

soos gryswit tronkmure

Persviooltjie blom

 

fluweelsag is jou blarekroon

sagte haartjies wat op jou blare woon

 

geurig sprei jy liefde uit

vir elkeen wat na jou kyk

 

saggies dryf jou geur

om my dag in te kleur

 

so nederig en wondermooi is jy dan

al is jy ook geplant in �n geroeste kan

 

ragfyne porselein koppie

of sommer �n plastiek doppie

 

so bring jy vreugde en laat my stom

my wonderskone persviooltjie blom

As ek saans…�

 

as ek my o� na bo rig

na die sterrewig

pragtig ingel�

in deurmekaar patroon

geteken deur

God se eie

unieke sjabloon

 

melkweg ineen geweef

soos sterre

deurmekaar in sweef

wonder van ewige

suiderkruis

wat weg

vir ieder elk kom wys

 

volheid van

ronde boeppens maan

wat ewig sirkel op sy baan

getye so bepaal

 

naggeluide om my kir

eensame kriek

sing sy deuntjie-roep

na sy maat

om ook sy lewe

vol te kom maak

 

kiewiet roep in die verte

naguiltjie se gehuil

wat sal nog alles

in die donkerte skuil

 

as ek saans my o�

�n oomblik sluit

die w�reld se dinge

om my uitsluit

ontdek ek

nuwe stilte –

aanbiddingsplek

om hier te kom dankie s�

ontvang ek meer as wat

ek ooit nodig kan h�

Geel magrietjie bos

 

met sagte geel blaartjies

roep jy die son

as jou gesiggie

so mooi blom

 

so nederig is jy

in jou skone aansig

massas blomme

wat eerbied

in diepe eenvoud roep

 

mag jy eendag op

my graf kom pronk

met jou malse geel

skugter skoonheid

het jy my hart

so lankal terug

reeds kom steel

 

met geel blertse kleur

tussen jou sagte

lower groen blare

vermag jy die onverklaarbare

om almal om jou te bekoor

 

nederig is jy

geel magrietjie

blom van my hart

as jy jou gesig

na sonkant draai

laat dit my

hart diep van

on-noembare vreugde kraai

Sirkelgang van �n arend

 

een lewensmaat sal jy kies

om saam met jou op

wieke van die wind te gly

sierlik klim na bo

sweef na waar wind jou neem

 

eers sal jou vrou jou toets

of jy waardig is al dan nie

hoog vlieg sy na bo

vry-val dan onderstebo

 

saam sal jy dan duik

haar aan pote kom gryp

oplig in jou vlug

so �n lewe saam begin

 

so bewys jy jouself

as getroue maat

wat haar van gewisse dood kom red

begin jul lewe saam vol pr�t

 

sou jy nie die toets kon slaag

vlieg sy weg op horison

vir jou om nooit weer te sien

Suid Afrika ons Sion land

 

soveel mooi gedigte

woorde, odes en gesange

reeds oor jou geskryf

 

die mooiste land in die hele kontinent

oor baie w�relde het ek al gereis

om net weer as ek terug kom

onder jou bekoring te kom val

 

as ek deur my Bybel lees

dink ek dis hoe Eden moes wees

met berg en dal

woestyn en ook rivierloop

digte woude, bloue see

misomringde bergtop

�n mooi Karoo landskap

teenoor die Apiesdoring

in my geliefde Bosveld

hierdie land van Sion

word oral oor besing

 

wonder van die skepping

word hier saamgevat

maar ek en jy my vriend

sal ernstig moet besin

 

deur ons verwoestingsdrang

smagting na die mag van geld

vernietig ons die mooiste mooi

van ons land Suid Afrika



 

Geloofsgedigte

 

Here as ek …

 

Here as ek dan

voor U bakhand kom staan

Wie in hierdie wereld

kan my nog verder slaan

 

Here as ek dan

voor U bakhand kom staan

aan die kruis is U reeds gekasty

tot deur die dood vir my sondes baklei

 

Here as ek dan

voor U bakhand kom staan

hoe kan die wereld dan nog stry

dat U lief is vir my …

 

Here as ek dan

voor U bakhand kom staan

sal U my wee vir my baan

keer dat seer my verder verslaan

 

Here as ek dan

voor U bakhand kom staan

sal U daagliks met my gaan

help dat ander my pyn kan verstaan

 

Here as ek dan

voor U bakhand kom staan

as sondaar kind sonder reg

gewillig buig as U dienskneg

want U woord is altyd reg

 

Here as ek dan

voor U bakhand kom staan

as ek voel deur sonde versuip

sal U my red van menslike vergryp

 

Heer as ek dan bakhand

voor U kruip

sal U my weggryp

uit� ysige verwoestende swartryp …



 

Breekbare kruik

 

Here van Genade

hier staan ek nou naak

as breekbare kruik

voor U my God en Heer

 

kom wees U die pottebakker

hervorm en maak my Heer

tot iets nuttigs

om vir U te kan werk

 

waar ek swak is Vader

maak U my sterk

vul my met die kosbare

olie van U Heilige Gees

laat ander U liefde in my lees

 

�n breekbare kruik

vir U Koninkryk

dit is my stille gebed

want toe ek stukkend was

het u my in genade kom red

 

so kniel ek dan voor U

as breekbare kruik

gereed om vir U te werk

Skepper Heer maak U

my nou sterk

 

kom vul my

tot barstensvol

met U Grootheid

genade en liefde

hierdie breekbare kruik

na bruikbaar

tot nut gebaar

 

Lewensles te leer

 

God het jou eerste gemaak

om sag jou vrou aan te raak

 

Haar te rig en lei

nie altyd onnodig te wil stry

 

Jy die winner van jul brood

moet haar sag dra tot by die dood

 

As emosies die oorhand kry

keer jy tog die groot baklei

 

Met �n immer sagte hand

steel jy haar hart, siel en verstand

 

Met kinders bind jul �n ewige band

wat strek om die volmaan se rant

 

Weet dan altyd jy is die aksie

sy die gevolgde reaksie

 

Sy sal volg waar jy haar lei

sonder �n woord van baklei

 

Solank jy altyd kan onthou

God het haar gegee as jou vrou

 

Sou jy leer aan hierdie lewensles

sal jy altyd by haar jou dors kan les

 

Houtkruis – Jesuskruis

 

Houtkruis � Jesuskruis

vaste bewys aan my en jou

vir ons sondes reeds gesterf

maar ook opgestaan

om die pad na Ewigheid te baan

 

Houtkruis � Jesuskruis –

bring my terug na Betlehem Kind

gebore in nederige stal

sonder enige groot geskal

jaarliks sal ons Sy geboorte herdenk

as di� grootste Kersgeskenk

ooit aan mensdom geskenk

 

Houtkruis � Jesuskruis –

ons nader kersfeestyd

met groot blydskap oor Sy heilige

geboorte, maar ook Kruis

omdat Sy liefde deur ons bruis

 

Houtkruis � Jesuskruis –

onthou Sy genade wyd

deur Hom my sondes uitgewring

staan ek binne die liefdeskring

dit het alles in �n stal begin

sodat ek vandag nog kan besin



 

Die lewe is so mooi

 

Kyk ek na kleine miere

hoe hul skarrel op die grondl

altyd aan die regmaak

vir �n toekoms onbekend

 

Kyk ek na vo�ls wat vry vlieg in die lug

seil op wieke van die wind

so sorgvry en onbekommerd

gly hul daar bo tussen wolke rond

 

Hoor ek die Woord

�Waarom bekommer oor dag van more

d�e sal vir homself sorg�

ja ons Vader weet reeds

wat ek nodig het

al is ek ook met sonde besmet

 

Mooi is die lewe

rondom my

ek se dankie

vir elke mooi sekonde

waarin ek kan deel

vir hierdie wonderprag

wat ek daagliks kan aanskou

in God se Almag � so getrou

 

Deel saam in Vyf wonder tonele

 

Wonder van die Skepping

Almagtige God en Heer

daagliks sien ons

U in die natuur

so wonderbaar

alles was goed en mooi

 

Dan kom die sondeval

hier stort alles in duie

sien onsself so naak

alles word sleg� en rou

probeer ons dit in vyeblaar toevou

 

Die moeite toneel

bring ons by sonde

die seer van elke dag

lelik in elkeen

wat so graag en maklik se�vier

veroordeling oor ander

sonder kennis of verstand

 

Redding kom maak ons nuut

�n Baba in die krip

Jesus aan die kruis

kom Hy en red my

van sonde en moeite

kom berei my voor

vir Ewige Lewe

saam met Hom

 

Die groot finaal

Sy Hemelvaart

Hy gaan vir my � sondaarmens

plek voorberei

ek as swakke mens

is nou verhef

tot medewerker

van die Lewende God

nou kan Sy Lig helder skyn

vir ander om te volg

ook ek as geredde mens

kan restoureer – ander wys

hoe lyk die Almagtige Heer

 

*

 

Waar pas jy my vriend

In hierdie vyf stuk toneel

Hou vas aan Redding

Maar weet finaal

Sonder Hemelvaart

Het jy steeds gefaal

 

My siel is stil voor God

 

as ek in eerbied voor U nader

in stilte met U kom vergader

my siel kom stilmaak

sodat ek kan leegraak

 

nederig sit ek voor U o Heer

om verdraagsaamheid te kom leer

sak ek in ootmoed neer

sodat alle lelik uit my kan skeur

 

ek dra die wat my ongenadig kneus

sag na U Vadertroon

sodat U Gees ook in hulle kan woon

hulel ook eendag Koningskinders kan wees

 

U vrede oorskrei alle perke

U grootheid word gesien in alle werke

wonderwerke deur U beplan

lank voor ons sien of verstaan

 

in stille aanbidding staan

ek voor U Almagtige God

U wat my paaie baan

sodat ek nie in wanhoop vergaan

U is die beskikker van my lot

 

so klim ek geloofsberge uit

om in stilte U te kan ontmoet

niks kan U planne stuit

U beplan �n nuwe altaar � so goed

 

so is my siel dan vandag

voor U stil my God

onrus het gaan l�

met stille wete

�ek is waar U my wil h�

want U bepaal die lot

ook in my lewe

 

Kosmos-genade

 

sagte skakerings

van wit pienk en pers

omvou my in �n liefdeskombers

van Sy genade so groot

Sy liefde vir my

– meer as my daaglikse brood

 

sy-sagte deurskynende blom blare

wat maklik kneus in die wind

so is ek ook as God se kind

toegevou in Sy trooskombersie

beskermd teen wind en weer

 

met kosmos-genade vou U my toe

sodat seer my nie verder knou

my oog op U in volle vertrou

U is so groot en getrou

 

met stuifmeel besaaide blommeprag

so stuur U die nodige krag

om staande te bly teen elke klag

hou U my vas as ek na liefde smag

 

in sagte skakerings

van wit, pienk en pers

omvou U my in kosmos-genade

genade groter as menslike dade

vry soos die kosmosblom

wat groei in die veld se kom

vir U sal ek voluit blom

stuifmeel van geloof uitsaai

vir ander geknakte riete om in te baai

 

so word ek � die wilde kosmosblom

stil voor U voete Heer

om U opdrag te kom leer

kosmos-genade te kom ontvang

want U neem weg �

alle vrese en bang

 

Re�n � Jesus se�n

 

re�n re�n lieflike re�n

so sing my hart oor hierdie heerlike se�n

sien ek� U genade oral om my heen

 

so hou U die skepping in stand

al vernietig ons dit met hand en tand

moet ons in ootmoed U kom dank

 

in gedagtes sien ek bergtoppe blink

in misomhulde vrede geklink

soos liefdesarms wat wink

 

om hier met U te verkeer

sodat ons weer waardes kan leer

so van sondes wegkeer

 

in sagte stilte met re�n gedruis

kom U Gees diep binne ons bruis

om U naam te loof en prys

 

vrye natuur word nou ons kerk

hier is niks ingeperk

voel ons U genade sterk

 

slaan ek my o� op na hemelruim

besef ek hoeveel ek versuim

om dank te bring � duim vir duim

 

milde re�n uit U hand geskenk

kom ons U liefde gedenk

genade aan kruishout – onvoorwaardelik geskenk

 

ontvang dan ons dank o Heer

laat U genade meer word meer

ons jubeldanklied opstyg tot hemelsfeer

 

waar ons voor U kniel in nederigheid

voorsien U in klarigheid

totale Jesus sekerheid

 

Klip pad van die lewe

 

kyk ek terug op nog �n jaar

sien ek �n klippe pad

moeilik om te stap

ongelyk met menig slaggat

 

soveel maal gestruikel � geval

op my knie� � somtyds pal

ander keer by waterstrome gaan sit

om meer genade te kan ontvang

 

opgekyk na ho� uitklimberge

rotsklippe wat my weg toebaan

maag wat moedeloos uit wil val

onkundig en vervaard wil vra:

�waarom Vader hierdie pad�

 

diep sug en weer opstaan

kom ons gee elke klip �n naam

haat, afguns, hartseer, humeur

roem, eie-ek ook vrae waarom als gebeur

so word elke lelik in my lewe uitgewys

met �n klip wat voor my verrys

 

kleiner klippe wat my laat struikelstap

my skeef laat trap

begeerte, minder mooi gedagtes

skindertaal � nog �n skuld af tebetaal

 

grootste klip om oor te kom

hardste les om te leer

�vergewe en vergeef�

dan eers kan die genade kom blom

my laat met �n malse skoonheid � totaal stom

 

so word elke klip �n les te leer

�n nuwe lewensdeur om deur te beur

na �n ryper mens

gebeitel na U wens



 

Kom ons s� vooraf dankie

 

soveel keer in gebed kom kniel

om te vra – genade af te smeek

altyd net kom vra

vir krag om jou te dra

 

sonder om mooi te dink

aan �n lankgele� se graf

reeds meer as vier dae oud

hang daar reeds verrottingsreuk

tog dank die Liewe Heer

vir genade soveel meer

roep dan hard en luid

Lasarus kom nou uit

 

Soveel mense om te voed

Slegs twee vissies

Vyf broodjies tesaam

Weer dank die Liewe Heer

Vir genade soveel meer

Voed �n skare

Versamel brokstukke

twaalf mandjies vol

 

word vandag ook

�n geluksverskaffer

deur eers te dank

dan te vra

en sien hoe ons

Hemelse Vader

jou verder dra

 

wonderwerke onbeperk

vir ons Sy aardse kerk

as ons net wil leer

om eers nederig

dank te kom gee

 

Wees my – sondaar genadig

 

delg uit my ontelbare oortredinge

na U groot barmhartigheid

was my skoon

van soveel sondebloed

gedoen in ontembare

menslike gloed

 

in sonde gebore � so ontvang

gedurig deur in sondebad

van immer geheime ongeregtighede

hierdie is dan my hartsbede

tot U my God

 

reinig my � ontsondig my met hisop

kom was my skoon

skoner as witste sneeu

maak my geloof sterk soos �n leeu

 

vul my met vreugde onbeperk

maak U my gebeente sterk

skep �n nuwe rein hart

sonder enige smet of smart

gee opnuut �n vaste gees

 

verwerp my nie voor U aangesig

ontneem my nie U Heilge Gees

skenk aan my nuwe vreugde

om U te dien

met altyd gewillige gees

 

open my lippe Heer

laat my tong U liefde uitjubel

my mond U lof verkondig

laat my U dien sonder sondoffers

met slegs �n reine hart

gevul met U geloof

 

� Anz� Bezuidenhout

 

(~ Ps 51 ge�nspireerd)

 

Jubel opnuut oor U genade

 

hoe wonderlik is die lewe

met U liefde as ons enigste strewe

daagliks eers vir U alleen

dan my naaste en ook myself

so styg triomfanklik omhoog

U grootheid soos �n gewelfde boog

 

nederig bring ons U die dank

vir elke blom, geur en klank

ook vir U groot herstel

in ons menslike

sondebesmette bestel

 

genade onbeskryflik groot

ontvang ons daagliks

as Lewendgewende brood

gebring deur Kruishout dood

 

�n Golgotta-marteling

vir my as enkeling

afgedwaalde skaap

om terug te bring na

reddingskraal

so swaai U die skaal

 

dankbaar buig ons Heer

oor emmers vol genade

elke dag net meer en meer

daar is niks wat U liefde keer

 

halleluja juig ons saam

as ons vergader om U Naam

groot bo alles in hemel

ook hier op aarde

juig ons opnuut tesaam

oor U wonder genade

 

�EK is�

 

die Godheid wat s� �Ek is�

daar is soveel meer

om hiervan te kom leer

as gelowige glo ek vas

dat God woon binne my

Sy grootheid sal in my gestalte kry

daarom is ek dan ook �Ek is�

met liefde eerste na God

dan �n eie self-liefde

wat nederig gestalte kry

sal ek so my lewe aan Hom wy

 

Sy Godheid is Alomteenwoordig

nie slegs tot Hemelruim beperk

maar in elke molekule

van hier tot in buitenste ruim

daarom mag ek nooit versuim

om my sondebelaaide

lewe op te ruim

daagliks te reinig

te lewe tot Sy eer

my sekonde vir sekonde

opnuut weer te bekeer

 

met geloof soos �n mosterdsaad

sal ek met �Ek is�

wat binne my woon

ook berge kan versit

as ek dit kan glo

daagliks kan uitleef

Hy is binne my

nie daar v�r in die Hemelruim

maar binne my �

duim vir duim

 

�Ek is� dan �n koningskind

wat gly op wieke van die wind

met Hom wat in my woon �

daagliks werk

my versterk

sodat ek Sy krag

kan volbring

daaglik jubelliedere sing

tot Sy eer

 

*Spreuke 10:5

Hy wat in die somer wegb�re, is �n verstandige seun; hy wat
vas in die oestyd, is �n seun wat skande maak

 

In die sweet van jou aangesig

 

deur sweet van jou aangesig

sal jy aan Adam-sonde daagliks dra

om so jou brood te verdien

in parskuipe versamel

vir dag van more

om so jou gesin te vers�re

 

sou jy in koelte ook in laksheid

hierdie Gods-opdrag versuim

word jou menswees verrot

deur donker sal jy die merk dan dra

as ewige skandemaker

ontrou aan die Skepper, jou God

 

wees dan die krag van voorsiener

in daaglikse brood en lot

laat trots jou ruimskoots dra

so verkry jy meer as ooit gevra

jy sal blom soos lelies van die veld

die naam dra van geloofsheld

 

*Mattheus 7:15

Maar passop vir die valse profete wat in skaapklere na julle
kom en van binne roofsugtige wolwe is

 

Sonde in mooi skakerings

 

in vandag se moderne eeu

loop satan soos �n brullende leeu

om Jesus lammers te kom vang

as vals note met wanakkoorde

sonde in mooi skakerings kom klee

 

so maklik om te verdraai

deur komma of punt te skuif

wat Godswoord ons kom leer

slegs deur kennis die bose te besweer

 

smokkel daagliks met ons brein

want soms is ons geloof so klein

afdraaipaaie so mooi gekamofleer

bring skerpe afdwaal so maklik

 

bou jou kennis van Godswoord

daagliks meer en meer

keer so die roofsugtige seer

van wegloop kind se smaad

 

*Effesiers 5: 22

Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here

 

Resep vir Godshuwelik

 

God het ons in Sy

heiligheid saamgevoeg

om in siel een te wees

tot dood ons skei

tesame te stap

op lewenspaaie

waar Hy ons lei

 

jẏ my aardse

koning, priester en profeet
hoof van ons huis

kompas van ons

huweliksboot

waar jy my, mannin

beskerm in

jou hart toevou

 

so kan� ek dan

respekvol volg
as jy my so teer

koester en versorg
so maklik maak

om jou voorbeeld te volg
want ook jou hart

is deur God geborg



 

*Jesaja 42:10

Sing tot eer van die Here �n nuwe lied, Sy lof van die einde
van die aarde af � julle wat op die see vaar, en alles wat daarin is, eilande
en bewoners daarvan

 

Jubel opnuut oor U genade

 

hoe wonderlik is die lewe
met U liefde as ons enigste strewe
daagliks eers vir U alleen
dan my naaste en ook myself
so styg triomfanklik omhoog
U grootheid soos �n gewelfde boog

nederig bring ons U die dank
vir elke blom, geur en klank
ook vir U groot herstel
in ons sondebesmette aardse hel

genade onbeskryflik groot
ontvang ons daagliks
as hongerstil brood
gebring deur Kruishout dood

dankbaar buig ons Heer
oor emmers vol genade
elke dag net meer en meer
daar is niks wat U liefde keer

halleluja juig ons saam
as ons vergader om U Naam
groot bo alles in hemel 
ook hier op aarde juig

ons opnuut tesaam
oor U wonderbare genade

 

*Galasiers 6:6

Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van
alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee (Getuig van die genade ontvang deur
woord en daad)

 

Genade deur woord en daad

 

laat my daagliks wandel

in die gange van U profesie�

waar U woord die rigting baan

sonde vir my verslaan

laat my lig helder skyn

ook vir ander in pyn

sodat hul U as Anker kan sien

in eerbied U kom dien

 

leer my Hemel Vader

dat ek in ootmoed tot U nader

ander vir U koninkryk vergader

deur woord en daad

daagliks mag getuig

met �n hart wat vol liefde juig

 

gebruik my as breekbare kruik

in U aardse koningkryk

kom wees U die pottebakker
hervorm en maak my Heer
tot iets nuttigs om vir U te kan werk

waar ek swak is Vader maak U my sterk
vul my met die kosbare

olie van U Heilige Gees
laat ander U liefde in my lees

 

*Lukas 8:18

Pas dan op hoe julle hoor; want elkeen wat het, aan hom sal
gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy
dink hy het.

 

Talente uit U hand

 

talente en geloof uit U Vaderhand

so onverdiend ontvang

om te koester en eskuleer tot U eer

daagliks ander van U liefde te leer

 

laat my voete onvermoeid op U paaie wandel

saad van U ontelbare genade saai

vir ander om sag in U liefde te baai

 

se�n my hande met vrye teuels

om ander sonder kla, met geduld te dien

wys redding is reeds deur Kruis verdien

 

plaas U die wag voor my mond

om onheil, ook kwaad uit te spreek

maar van bergtoppe van U liefde te preek

 

open my ore om U stem te hoor

ook my o� dat U woord my kan bekoor

sodat ek my geloof nooit sal verloor

ek daagliks vrug sal dra tot U eer

 

 

In die lig van Betlehem ster

 

wie sou kon dink dat eeue terug

soos deur profete lank reeds ges�

daar �n Kind sou kom wat in �n krip sou l�

 

in skadu�s van eens donker nag

wys God deur helder� Betlehemster

aan nederige skaapwagters die weg

 

�wyl Engelekoor in harmonie

verenig in Halleluja vreugdeslied

jubelsing oor wat Hy die mensdom bied

 

ook vir wyse manne die rigting aandui

om so die Blye nuus te versprei

Hom vereer met wierook, goud en mirre

 

by nederige krip in stal

word gebore die Soetroos van Saron

die mensdom se enigste Reddingbron

 

in die skyn van Betlehem ster

het Lig uit duisternis gekom

sodat ons vandag in geloof kan blom

 

laat skyn dan daagliks in geloof

die glans van Betlehem ster in jou lewe

met �n loflied aan Hom as jou ware Redder

 

 

Vrug van die Drie-enige God

 

as liefde van die Skepper God jou kom vul
borrel ware blydskap na bowe
straal jy �n sagte sielsvrede uit
dien ander stil in lankmoedigheid
sambreel jou vriendelikheid jou naaste mens
verhelder ligglans jou innerlike siels goedheid
in absolute Godsgetrouheid
om in totale selfbeheersing
God drie-enig te kom dien

 

* Galasiers 5:22

 

 

U die oase van rus

 

met �n diepe smagting van my siel
kom ek vandag hier voor U kniel
woestynpad van lewe het my moeg gelaat
na liggaam, siel en gees
emosies ook denke – totaal uitgebrand
sit ek met �n le� energietenk � gestrand

U is die Herder wat my lewe kom volmaak
by U groen weivelde kry ek nuwe rus
my dwaalspore lei U op rustige paaie
sonder onheils draaie
hier by heilsfontein was U my moegheid af
skei U die koring van die kaf

geen doodskadu kan my onderkry
van onheil het U my reeds bevry
tafel in oorvloed van goedheid en guns
dek U voor my in mildadige kuns

so vind ek die stroom van Lewende water
les my bleeksieledors
breek ek deur daaglikse onheilskors
drink ek mildelik uit Oase van rus
slaan ek ook op my bors
fluiter dan op vleuels van die wind 
�Vader wees my sondaar genadig�

 

 

In die skadu van die Allerhoogste

 

as ek my o� in eerbied na bowe lig
berge tuurend vol vrede gadeslaan
weet ek vas en seker ek is ingesluit
in die Allerhoogste se Agap� verbond

dat Hy met my bemoeienis maak
ken my dan ook by die naam
ek as geknakte riet-mens
deur sonde wit gebrand 
soos dor verdroogde gras

wil nogtans jubel met hande omhoog
want Hy gee aan my vermoeide mens
die krag van �n arend om hoog te vlieg
saam met Sy Engele die lug te klief

my Bewaarder sluimer of slaap dan nooit
so sal ek dan my rus kan vind
in die skadu van die Allerhoogste
verborge in wete 
ek is Sy koningskind

 

Sielewroeg

 

daagliks staan ek vasgevang
in hierdie ontsettende gevoel
van laatnag tot soggens vroeg
is dit �n sielsgewroeg
Vader, voor U kniel ek neer
wanneer is genoeg dan genoeg

kragteloos kyk ek toe
sien die lewe deur �n 
skewe en krom hoek
hierdie eina-pad
is vol dorings en slaggate

is daar dan geen end
na wie kan ek my wend
in hierdie eensaamheid
tot wie kan ek roep
vir redding uit �n wanhoopsput
o God, kom laat U my beskut

laat U vergifnis my nou omarm
my nie verder laat verarm
in �n dorre niemandsland
woestyn of droogteland
ja hou U my in stand

 

 

My siel se venster is stil voor God

 

as ek in eerbied voor U nader
in stilte met U kom vergader
my siel kom stilmaak
sodat ek kan leegraak

 

nederig sit ek voor U o Heer
om verdraagsaamheid te kom leer
sak ek in ootmoed neer
sodat alle lelik uit my kan skeur

 

ek dra die wat my ongenadig kneus 
sag na U Vadertroon
sodat U Gees ook in hulle kan woon
hulle ook eendag Koningskinders kan wees

 

U vrede oorskrei alle perke
U grootheid word gesien in alle werke
wonderwerke deur U beplan
lank voor ons sien of verstaan

 

in stille aanbidding staan 
ek voor U Almagtige God
U wat my paaie baan
sodat ek nie in wanhoop vergaan


U is die beskikker van my lot

so klim ek geloofsberge uit
om in stilte U te kan ontmoet
niks kan U planne stuit


U beplan �n nuwe altaar � so goed

so is my siel se vensters
dan rustig vandag 
voor U stil, my God
onrus het gaan l�
met stille wete 
�ek is waar U my wil h�
want U bepaal die lot
ook in my lewe



 

As …

 

as trots en weemoed uit my gaan
weet ek dit is God wat �n nuwe weg kom baan
vir my om in vreugde op te gaan

my siel juig en jubel van geluk
waar ek daagliks mandjies vol vreugde pluk
hier waar ons saam onder die sterre buk

loof en prys Hom
die God van wonders alom
Hy bring daagliks die nuwe son

groot is Sy werke
Sy Almag so sonder perke
in Hom is ons Ewige sterkte

prys Hom � loof Sy naam
Hy het jou onthef van alle blaam
Hy ken jou by die naam

so as trots en weemoed uit my gaan
weet ek dit is God 
wat �n nuwe weg kom baan

 

Wasgoedlyn van die lewe

 

waar ek daagliks doelloos rondwapper
aan die tenger wasgoedlyn van die lewe
deur onverstaanbare omstandighede vasgepen
wonder ek telkemale of ek hierdie geveg kan wen

 

waar stormwinde van niks verstaan
die weg om my toebaan
my sielsnate kom lostorring
my terug gooi in �n bose kring
my gedagtes totaal uitwring

 

is my lewens-wasgoedlyn stewig geanker
aan �n Kruishout op Golgota
deur daaglikse amper stamper
weet ek vas en seker U is my Anker


nooit sal U my verlaat
of my aan omstandighede oorlaat

so kom U groot genade-son
met die geur van veld en blom


om elke situasie plat te stryk
sodat onrus uit my kan wyk

so waai my lewenswasgoed 
skoongewas deur U bloed


daagliks wapper die wasgoedlyn
altyd tot U grote heil
want ek is �n Koningskind
met �n wrede doringkroon


bebloede spykers op Golgota vasgepen
gereed vir hierdie lewens wedren
fladderend in U genade wind

 

Engelvlerkbrug

 

elke wankeltree
wat ek op lewenspad kom gee
word ek gedra � 
omsingel deur Engele so teer

deur onstuimige stormsee gedra
op wieke van gelukswinde gesweef
sonder enige vrae
daagliks my siel sag omkleef

genade so oneindig wyd
vir my lewe erg verslyt
in engelvlerke toegevou
my so veilig gehou

elke dag my oog stip gerig
op hierdie kosbare Engelebrug
so kry ek on-noembare krag van Bo
dra dit my daar, waar ek nie kan loop
lig my op as ek staan naak gestroop
deur die lewe se wedloop

 

Genadejaar 


met Gees van die Skepperheer
�n blinkvet olie-gesalfde kind
wat elke gebroke hart in liefde kom verbind
skenk U vreugdesolie vir die wat treur

terebinte van suiwer geregtigheid
vir die met �n verslae gees
as hul in U liefde van vrede lees
in genade rykdom sal die heerlikheid
�n verkwikking wees wat bruis

kom ontvang in hierdie genadejaar
�n dubbele deel van vreugde om te baar
vir die wat God kies as Middelaar
Hom maak – jou Ewige veilige laer

 

� Jesaja 61



 

My kosbare Volk

 

hoor o Hemel � luister o aarde
wat het geword van Bybelse waardes
hoe het jul teen my oortree
almal ken my � tot die vee


o sondige volk wat geloof so verdraai
My Almag so skerp verraai

van voetsool tot hoof
is geen heelplek meer
slegs nuwe wonde ook kweshoue
van vars geslaande houe


jul land word �n onherbergsame kloof
net omdat jul My nie meer in eerbied loof

stede word deur vuur verbrand
vreemdes regeer oor jul land
soos Sodom sal ons word
want ons geloof skiet so v�r tekort

 

bring dan nie meer skynheilige offers
na die Here se huis se koffers
verlaat jou afgodsnuwemane
keer terug na Godsgekende bane

word verlos van gruwel reukwerk
kom dien My in die kerk
verlaat die onheilige samekomste
was jul bebloede hande
van enige verdere sonde-skande

 

my hart huil oor hierdie vervalle
onheilskuil
�n vesting wat vol van onheil is
waar jul my verraai met Judaskus
onder goeie dade waar soveel sonde skuil

kom maak die saak dan uit
verlaat die afgod-sonde deur jul gebuit
sodat jul nie in skaamte verrooi


oor onheiltuine wat jul verkies
deur My strafgerig sal Ek jul verwoes
jou sondeskuim met loog uitsuiwer
omdat jy in My genade huiwer

my Kosbare volk kom buig dan die knie
voor Hom die Almagtige Vader
wees stil as jy Hom in ontsag nader
sodat jou siel nie van dors stof sal spu
wees dan gewillig o God opnuut te dien
sodat ons Sy Almagswerke kan sien

 

* Jesaja 1 geinspireer

Windpompre�n

 

met skaar-gevormde lemme
lang-vergete gorrelpyp in aarde weggesteek
kom pomp jy helder waterstrome
op dorslande so droog en bar
sonverskroei � verstar

 

bring jy so broodnodige verligting 
aan dorre waterversmagting
as jy genade-strome uit kom giet
uit God se hand, suiwer en verniet
vir mens en dier om te geniet

 

kom rus Sy mildadige se�n
ook op nakomelinge en kroos
soos sagte windpompre�n
jy word gered van �n w�reld immer boos

 

� Jesaja 44

 

Essensie van vrouwees

 

uit manlike ribbebeen so krom 
afgewerk � kunstig deur God gevorm
ek � ook trots mannin genoem
in liggaam en siel versoen


in volmaakte liefdesgewaad
met my geliefde huweliksmaat

met emosies is my menswees besaai
deur God self my unieke vrouwees gelaai


word my denke deur my hart regeer
so bring ek dank aan die liewe Heer

in my skoot word nageslag gevorm
onder my wakened oog versorg en opgevoed
om daagliks te lewe in God se gloed
hul te leer van Jesus bloed

 

�n tuiste sal ek in liefde skep
sonder om drome te demp
want my vroulike menswees
is daar geplaas deur Godsgees
sodat ander altyd liefde in my kan lees

 

koning, priester en profeet
so bly hy dan ons huis se hoof 
wat somtyds van my brose emosies vergeet
maar in handewerk sy liefde vir my uitleef

waar ek dan respekvol volg
as hy my so teer koester en versorg
maak dit so maklik om sy voorbeeld te volg
want ook sy hart is deur God geborg

 

deur Sy genade so oneindig groot en getrou
bly ek vir ewig volkome vrou
toegerus met volmaakte vroulike essensie 
sag te weerkaats – Sy perfekte refleksie

 

 

Paviljoen van die lewe

 

soms is die lewe so deurmekaar
alles rondom jou voel so ontsettend onklaar
raak dan net rustig en stil 
laat jou lewe loop volgens Sy wil

 

hoe harder jy reg probeer lewe
hoe meer moet jy satans pyle wegkeer
hy sal alles doen om vir sy smetlike koninkryk te keer
sodat jy jouself net verder kan beseer

 

as jou glimlag dan eendag net stil wil
verdwyn
weet vas en seker Jesus se lig sal steeds skyn
jou laat borrel soos van te veel vonkelwyn
met Sy hulp jou sorge en pyn laat verdwyn

 

as trane jou sig kom belemmer
moet jou nie verder bekommer
Hy bly altyd en ewig in beheer
dis mos hoe die Woord ons leer

 

gaan sit eers bietjie stil op die paviljoen
van die lewe
laat dit wees jou enigste doel en strewe
om �n ware Ligdraer te mag wees
dat ander � deur goed en ook swaar
– God in jou kan lees

 

 

Potlood se nuwe punt

 

die grys lood in my potlood
het siel-stomp geraak
my gelaat met gedagtes vol sondesmaak


laat U o Heer my kom red van gewisse dood

verwyder U die dooie hout
verwarm U my hart, dis so bitter koud


binne my sonde gedagtes benoud
maar ek weet verseker U is my behoud

Vader kom draai U die skerpmaker
want U is my bewaker
oor lewenswe� en lot
U is my opening en ook my slot

 

laat U my vorm en brei
soos die pottebakkersklei
gee my krag om beelde te skets
my geloof in metaal te kom ets

wees U my potlood se nuwe punt
kom tooi my met U reddende lint
in kosbare bloed gedoop
ja U het my duur gekoop

 

Ons oog op U kompas gerig

 

deur U groot genade is ek bevry
voor malword emosies my kon onderkry
het U Gees my aan die hand kom vat
vir my aangewys U kosbare pad

 

sonder kronkelbane kan ek nou stap
met �n skoon gewaste nuwe hart
deur U Bloedsalwing is ek finaal bevry
van satansbande wat so bitter seer knel
met onheilsgedagtes uit die hel

 

deur U kosbare bloed is ons vandag omkring
met wysheid deur U Gees gebring
is ons finaal van sonde gewas
waar verlede ons so seer kon betas

deur U Woord is ons nou skoon gewas
U bloed bevry ons van elke sondelas


nuut staan ons voor U genadetroon
met die wonder wete U Gees sal in ons woon

met ons oog op U kompas gerig
bou U vir ons die reddingsbrug
so word ons finaal bevry
teen aardse sonde waarteen ons stry



 

Wonderw�reld van �n dag in goud

 

as ek soggens my o� na nagrus open
sien ek die goue skynsel op die oosterkim
wat God se genade so onmenslik wyd voorspel

my in oranje, geel en rooi van Sy liefde
kom vertel

 

om my neem ek waar diamante-doudruppels
wat my met vrede omvou in goudkrummels
as dit sag, dog nederig glinster in grassade
mistig my verseker van Sy genade

 

as oggendwind sag oor goue koringare waai
ritsel in Gods vreugdesgesang
weet ek na waar ek my gebed moet draai
sodat storms my nie sal wegwaai

 

sawens sluit ek af met my oog op westerkim
gerig
so voltooi ek my daaglikse oorwinningsbrug
met naglug in skakerings van goud gekleur
as sterre nagruim in goue vonke omskep
sluit ek weer af in innige gebed

 

 

Ontwaak

 

uit Ewige Rots is jy gekap
uit holte van sondeput gegrawe
kind van God ontwaak uit jou diepe slaap

beklee jouself met sterkte van Bo


voeg jou woord by jou daad
ontkom so die Almagtige se swaard

klee jou vandag met sterkte
skud los die sondestof
bring aan Hom die ewige lof

 

die beker van grimmigheid het verby gegaan
kelk van bedwelming se geur getaan
as ons in ootmoed voor Hom kom staan

kneg van die Allerhoogste ontwaak
stop om in onheilslande te braak


jy het �n ewigheidstaak

ontwaak en weet God is jou Koning
maak by Hom jou ewige woning
slegs by Hom kry jy die ewige lewe as belonging

 

maak los die sondebande om jou hals
dis gedoop in die smaak van wilde als
wil jou wegsteel van die Hemelse Hiernamaals

skud dan nou af die sondestof
bring aan Hom die gevraagde lof


ontwaak kneg van die Regverdige God
kom lewe na Sy Heilige gebod

klee jou met die sierlike Godskleed
ontwaak en luister
God se Woord is nooit duister
daar leer jy, jy is deur Jesus bloed ompleister

 

 

Melkweg-kind

 

voel soos ewig en altyd onverstoor
wat sterreruim my so diep bekoor
dat ek my siel tydelik daarin verloor

as ek saans na die sekelmaan staar
altyd hierdie onmenslike Vrede ervaar


weet ek vas en seker U is altyd daar

soos my o� deur die melkweg baljaar
gedagtes saam gallop soos �n wilde perd
waar ek gly op eensame komeet se stert

 

hier waar ek in flonker sterrelig verdwaal
waar maanlig my omstraal
in re�nboogkringe wat helder straal

elke ster vertel sy eie verhaal
van waar hy sy lig gaan haal
hoe hy geluk uitstraal

 

ek sien hoe spel die sterre jou naam
in vaste Jesus wentelbaan
vir my is jy ewig aardse son, sterre en maan

as ewige melkweg-kind
bly ek sawens gly op sterre-wind
want hier is altyd Vrede te vind

 

 

Gedra op re�nboogvlerke van God

 

soos �n Arend sy kuikens op vlerke dra
so word ons daagliks deur Hom gedra
deur onguur-ruwe-stormweer 
maar ook in dae vol re�nboogkleur

 

as wolke donker om ons saampak
sodat ons voor Sy troon neer kan sak
dan dra God ons na �n ho�r skag
om te kan groei � ook in geloofskrag

 

met vlerke van geloof hoef ons nie storms
te vrees
deur te gaan waar winde van onheil ons lei
so ons lewe volkome aan Hom te wy


met die leiding van Sy Heilige Gees

soos die Arend sy gebied afbaken
moet ons dit geestelik ook bewaar
beskerm teen die bose se gevaar


toesien dat ons lewensboot nie in sondemodder vaar

op die hoogste berghange
moet ons, ons geloofnes dan bou
aan Jesus as Redder vashou


so begin ons te lewe � onbevange

wees dan gerus in die wete en heilige gebod
daagliks word ons gedra op re�nboogvlerke van God 
met Sy krag sal ons hoog kan vlieg
so kan ons direk in die son invlieg
sy Woord het nog nooit gelieg

 

 

Op die asem van die wind

 

in vroe� oggenduur

kom wys ons Heer

die kosbaar-mooi

�n wonder nuwe dag

wat granaatrooi

oopbreek met die sak

van die sekelstert-maan

as die maanligstrale

sku die naggloed groet

laaste sterre stil en skaam

vir oulaas flankerend

kom knipper-oog

verdwyn die skadu�s

van die donkernag

word dag eens geklee

in rosegloed van son

se warm straal

 

nog �n helder nuwe dag

ontvang uit God se Vaderhand

gebaai in oranje en warm rooi

vir mensekind om te aanskou

om liefde in oorvloed te gaan saai

in die groet van die naggloed

l� diep verskuilde beloftes

van stil geluk wat vir ons wink

met helder doudruppels

in re�nboogkleur getint

in stille oggendlied

op die asem van die wind

(dis waar ons geluk kan vind)

 

Ek is meer werd as …

 

U woord s� U ken my by die naam

tot die hare van my hoof is getel

reg deur my nietige menselewe

is daar soveel goed om van te vertel

 

loof en prys U Almagtige naam

groot bo alles in die ganse heelal

deur riviere en storms van die lewe

dra en beskerm U ons almal

 

omdat U my oneindig liefhet

en ek kostelik is in U o�

skenk U dan die Losprys

al is ek deur sonde neergebo�

 

groter, meer kosbaar as twee mossies

is U genade onbeskryflik wyd en groot

U liefde vir my as sondaar, nietig mens

voorsien U ook ons daaglikse lewensbrood

 

daarom sal ek geen verdere onheil vrees

want U Vader het my aan kruis verseker

ek is meer werd as �n suiwer of mossie

so herinner U my by die Nagmaalsbeker

 

 

Saamlooptas

 

Saamlooptas net vir jou in die nuwe jaar

met �n nuwe jaar wat vir ons loer

bring ek vir jou �n belofte so mooi

pak ek vir jou �n kosbare saamlooptas

terwyl jy jouself toeknoop in my omgee jas

 

een groot boks gevul met kalmte

wat jou vir ewig sal vul met warmte

�n ekstra groot bottel gesondheid

voorberei deur die Ewige Geneesheer

vir elke skeet en moontlike seer

 

daarby sal ek ook graag wil voeg

�n streepsak gevul met mannemoed

geduld totaal en al onbeperk

om jou deur onheilsdae te dra en te versterk

 

ek vul �n meelsak met gebede

indiwidueel vir jou uitgesoek met rede

om jou te dra deur elke stormsee

vir elke pyn wat jou plat wil vee

 

in die hoek pak ek �n genadekissie

gevul met goue beloftes wat om jou vou

�wees nie bevrees nie want Ek is met jou�

daarby saam �n bottel doodspuit

om satanswerke mee te stuit

 

opgerol daar binne vind jy daarmee saam

�n sagte wolkombers sodat jy my arm van vertroosting

elke oomblik van die dag kan ervaar

daar waar jou skippie ook al mag vaar

 

as padkos gee ek saam

witbrood gevul met hoop

rooi koeldrank vir die liefde

pienk lekkertjies sodat jy rustig kan bly

geel nartjies vir sonskyn en onbeperkte vreugd�

 

laastens gee ek saam �n warmbly jas

gemaak van duisend engelvlerke

om jou en jou saamlooptas

toe te vou en te beskerm

as slotte plaas ek daar

met �God is in beheer�

 

daagliks stap ek in gedagtes elke tree met jou

vra die Vader om jou in Sy arms toe te vou

in elke droom stap ek saam

elke tree van jou lewensbaan

met die saamlooptas aan jou sy

sal God jou daagliks van wanhoop bevry����

 

 

Wondergeskenk uit Betlehem

 

lank gele� op eens donker, koue nag

sit herders stil gekoester en wag

rustig in laataand se donker uur

rondom warmgloed van veldvuur

 

vertel aan mekaar eeu-oue fabels

onder helder maanlig deurbreekstrale

soos kleinkind aan moederknie geleer

hoe om Skeppergod te vereer

 

as Engelkoor die Blye boodskap bring

is dit ekstase wat in hul harte spring

oor Wonderboodskap van Vredeskind

wat hul in Betlehem in �n krip sal vind

 

sonder blink papier en feesgeskal

vind hul Hom daar in nederige stal

met linnedoeke in liefde toegedraai

wie sou ooit dink die volk sou Hom verraai

 

wondergeskenk gratis in Betlehem ontvang

sou later aan Kruishoutpaal moes hang

om Ewigheid vir ons met bloed te betaal

so ons verderflike Adamsonde te verhaal

 

 

My geroeste gieter vol genade gate

 

getimmer, geskaaf

al langs die siel se binnenaaf

sonde-enemal weggespat

deur harde ruwe klippad

so is my lewensgieter gekasty

teer deur God self voorberei

 

om daagliks deur uitskot gate

maar steeds doelgerig gelate

genadewater te kom spat

vir ander op weglooppad

met stille insig en troos

vir ander se seerkry, so broos

 

deur Golgota spykermerke

kom voltooi U my gieterwerke

om deur my geroeste ingeduikte

nietige mensewees

ander van U grootheid te laat lees

in my swakheid Liewe Heer

word bewys U is altyd in beheer

 

 

Rioolsloot van die lewe

 

help my Hemelse Vader

dat die ink op my papier

slegs sal wees tot U eer

so ook �n ander se siel versier

my woorde altyd geurig klink

sag soos aandwind se wink

 

plaas U daagliks �n wag

voor my mond se woorde

dat ek nie spreek in gebrakte

seermaak wanakkoorde

my stem gebruik as wapen

om ander te ontstem

 

was U my oortreding weg

ontsondig my met hisop

laat vloei my oortredinge

weg in sonde rioolsloot

deur U pad van genade

 

 

As kleurpalet oor sondemens kom bloei

 

met strale in goud gedoop

van oranje tot diep skarlaken rooi

verander landskap in skemer-mooi

nog �n dag ten einde geloop

 

wanneer grassaad in eerbied

saggies in aandwind kom kniel

met suiwer aanbidding, vas en rigied

om so die skepping te geniet

 

wolk-trane sag in purper geklee

daar waar Godsvinger kom vee

in gelate Vadersliefde ons aanskou

wat menigmaal erg verbrou

 

steeds aan ons Sy liefde wys

van Sy genade wat hoog oprys

met haal van Vingerkwas

ons met Sy bloed skoon kom was

 

as God Sy vingers sag oor kim laat vloei

sien ons hoe die aandlug begin gloei

as kleurpalet oor sondemens kom bloei

 

 

Op die aandwind se spoor

 

in maanlig-gange deur silwer sterreprag

verdwaal ek kniediep in rou emosie-moeras

by aanskoue van God se suiwer natuurprag

met vrye hand teen hemelruim geverf

met sagte vee van Meesterhand

word sterre ook planete staangemaak

om vir ewigheid vas op wag te staan

 

kom pluk aan my hart die eensame aandlied

van naguil en kiewietroep

sag vermeng met krieke en paddakoor

sweef soete geur van skaam aandblom

wat net met nagson mildadig flankeer

teer gly ek op die aandwind se spoor

alles deur genade van die Liewe Heer

 

 

Voetpad na die hemel

 

deur kronkel-kelders van die lewe

loop Godsliefde doekvoet mee

oor bergtop en heuwels

deur randjies en diepste dale

donker valleie met koel waterstrome

om jou siel deurgaans te voed

 

diep verdwaal sondegange

soveel eie belange en gedagtes

wat jou diepsee weg wil vat

gebeure wat jou ontspoor

weg wil vat van God se pad

trippeltree in goeie werke

mik jy met vreugde na Bo

 

 

Oor vandag se sonsverduistering

 

soos oumense van ouds

wil ek die gesegde herhaal

kyk my dan nie voor die kop

maar sien my in diepsiel-krop

daar is ek deel van God�s lammertrop

 

kyk na daar waar gevoelens

met suiwer hartstaal praat

kom skep diep uit my sielsfontein

sien my groenweivelde raak

besef voor God staan almal naak

 

in emosiebelaaide lewenskring

waar menswees spartel en spook

na buitelug se verdwaal-oppervlak

koring probeer skei van ander twak

kom groot besef sonder Hom is elkeen swak

 

kyk dan vandag oor sonsverduistering

van my Godgegewe kunstenaarssiel

kom put uit Ewige bron van lewe

wat my daagliks boepensvol kom vul

sodat ek Sy grootheid kan onthul



 

Vrou

 

ek is volkome vrou

deur Godsgenade toegevou

word daagliks deur Hom onderhou

ek is volkome vrou

 

van toon tot kroon

is dit Sy lig wat in my woon

waar Hy my met liefde beloon

van toon tot kroon

 

as Sy krag my daagliks dra

is daar nie veel meer wat ek kan vra

so bitter min om oor te kla

as Sy krag my daagliks dra

 

ja ek is volkome vrou

want ek dien God so getrou

wat my in Sy redding invou

ja ek is volkome vrou

 

 

Ontwaak

 

uit Ewige Rots is jy gekap

uit holte van sondeput gegrawe

kind van God ontwaak uit jou diepe slaap

 

beklee jouself met sterkte van Bo

voeg jou woord by jou daad

ontkom so die Almagtige se swaard

 

klee jou vandag met sterkte

skud los die sondestof

bring aan Hom die ewige lof

 

die beker van grimmigheid het verby gegaan

kelk van bedwelming se geur getaan

as ons in ootmoed voor Hom kom staan

 

kneg van die Allerhoogste ontwaak

stop om in onheilslande te braak

jy het �n ewigheidstaak

 

ontwaak en weet God is jou Koning

maak by Hom jou ewige woning

slegs by Hom kry jy die ewige lewe as beloning

 

maak los die sondebande om jou hals

dis gedoop in die smaak van wilde als

wil jou wegsteel van die Hemelse Hiernamaals

 

skud dan nou af die sondestof

bring aan Hom die gevraagde lof

ontwaak kneg van die Regverdige God

kom lewe na Sy Heilige gebod

 

klee jou met die sierlike Godskleed

ontwaak en luister

God se Woord is nooit duister

daar leer jy, jy is deur Jesus bloed ompleister

 

*Jes 51 & 52 geinspireerd

 

Wonderw�reld van �n dag in goud

 

as ek soggens my o� na nagrus open

sien ek die goue skynsel op die oosterkim

wat God se genade so onmenslik wyd voorspel

my in oranje, geel en rooi van Sy liefde kom vertel

 

om my neem ek waar diamante-doudruppels

wat my met vrede omvou in goudkrummels

as dit sag, dog nederig glinster in grassade

mistig my verseker van Sy genade

 

as oggendwind sag oor goue koringare waai

ritsel in Gods vreugdesgesang

weet ek na waar ek my gebed moet draai

sodat storms my nie sal wegwaai

 

sawens sluit ek af met my oog op westerkim gerig

so voltooi ek my daaglikse oorwinningsbrug

met naglug in skakerings van goud gekleur

as sterre nagruim in goue vonke omskep

sluit ek weer af in innige gebed

 

 

Goud omsoomde pad

 

flokkerend l� die melkweg spoor

met spikkels goud omboor

as maan skugter deur wolke loer

my siel daarmee na geluksland wegvoer

 

in goue akoorde van nagmusiek

wat my hart op al die regte plekke kom tiek

deur goue sterstellasies

dryf ek rustig, my siel in Gods pefekte formasie

 

in goue lig van aandster se gloed

spoel deur my �n vreugdesgloed

sonder vrese wat onnodig woed

met slegs Godsgoedheid wat my voed

 

so stap ek dan deur goud omsoomde pad

deur berg en dal, soms ook op onbekende sukkelpad

maar my oog altyd stip gerig

op Jesus as my Reddingsbrug

 

 

My naam … Anna

 

ingegraveer in Handpalms van bloed

laat skyn in God se o� �n liefdesgloed

Hy ken my by die naam

in Sy o� is ek iemand van faam

 

as geliefde Koningskind

gly ek sagkuns op die lewenswind

Sy asem blaas vir my die weg

so weet ek verseker wat is reg

 

dankbaar buig ek voor Hom

die Skepper van alles – ook die son

in donker skadu-dale dra Hy my

in vreugde is Hy saam met my bly

 

my naam spel genade wyd

oos tot wes � ook noord tot suid

oraloor is ek met liefde ingesluit

God bepaal vir alles �n tyd

 

Natuurlike inspirasie

 

sien ek die son sak in die weste

met �n oranje-rooi kleurpalet

deur God se hand geverf

sien ek hoe nog �n dag wegsterf

 

sterrenag se diepe bekoring

venus se lig wat helder uit toring

krieke se roep – so eentonig

maak my nederig stil

kom buig my siel na Sy wil

 

sterre en komete

bring �n vaste wete

hier in die wye natuur

waar ek in Godelike skoonheid in tuur

van hier kom my inspirasie

gee my siel die nodige spasie

om rustig te kan wees

my gedagtes op papier te kan lees

 

Maskers van die lewe

 

daagliks loop ons rond

tussen mense met gesigte so bont

maskers so bitter krom en skeef

verneuk al wat leef en beef

rede vir my totaal onbekend

om jou menswees so te kom skend

 

ons Skepper sien jou vier-en-twintig sewe

ja reg deur jou hele lewe

vir wie jy werklik is

so die groot vraag is dus �

vir wie dra jy die masker dan tog

glo jy werklik hierdie klug

 

wees net altyd jouself

dan hoef jy nooit rond te delf

om regte masker te dra

vir elkeen wat daarom vra

 

laat jou enigste masker dan wees

om die lig van Jesus na te streef

so Sy liefde uit te leef

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Leave a Reply