Helena Hettema neem die gehoor op ‘n  reis van 27 jaar in die musiekbedryf sowel as 13 CDs op haar kerfstok, vanaf haar eerste trefferliedjies ‘Sonkring’ en ‘Tolbos in die Wind’ tot haar dae met Anton Goosen se ‘Kommissie van Ondersoek’ saam met Lucas Maree en die gewilde ‘Winde van Verandering’.

Die optrede maak ook ‘n draai in Londen met ‘Divided Heart’ gepen op Brightonstrand, sowel as ervarings in Italië in Bologna en by die Il Frigofees en haar liedjie, ‘Jasmine Lament’.

Sy vertolk Edith Piaf (die Mossie van Parys) se gewildste liedjies sowel as van Jacques Brel, Mireille Matthieu en Charles Aznavour.

In die laaste deel van die vertoning sing Helena geliefde liedjies soos ‘Don’t Cry for Me Argentina’ uit Evita en liedjies van ander groot divas (sowel as grepe uit hul lewensverhale in die vorm van stem oorklankings) soos Judy Garland, Vera Lynne en Marlene Diettrich wat deel is van haar jongste aanbieding Divine Divas, Magical Musicals.

Sy word begelei deur die pianis, Marelize Koch.

Woensdag 29 Jan by 20:30 (deure open 18:30 vir aandete) by die Boer teater restaurant in Durbanville.

Kaartjies kos R155 en is beskikbaar by 021 979 1911.

Lewer kommentaar

Leave a Reply