Gedigte van Barbara Robertse-Pelser

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Net vriende

Jy het my seergemaak,
sonder bedoeling(?)
En ek wonder of jy dit ooit besef….
Ek is bang
vir die intense
emosie
Sonder dat ek jou eens ken
Immuniteit afgebreek tot klein vuurballe wat
die skanse
verteer en
afbreek
tot ek
nakend en breekbaar voor jou staan
Tog het ek weer
´n
kombers
om myself gevou
om die koue uit te hou-
die vuur is geblus
Vir nou.
En erens het ek jou gebere
om nooit weer uit te haal nie.
Vriende

Flenters
Afgebreek,
gemoddertrap.
Wie kan dan
´n seer hart lap?

ongetiteld
As ek vir jou ´n lied kon sing
wat vreugde in jou hart sou bring
wat blydskap in jou oe laat brand
Sou ek

As ek vir jou ´n huis kon bou
wat al die seer kon buite hou
wat rustigheid en liefd kon bring
Sou ek

Maar die lied se woorde faal
fondasies van die huis lê kaal
die pyn verwronge in jou siel
net jy kan

Emosie
Woestyn verdwaasdheid
totale verlorenheid
Klein ineengekrimp
trek weg van jou angel
gif in my hart
ontwakende emosies soos
wilde perde
buite beheer
Ek is tog ´n vrou-
nie meer ´n kind in die dinge van die hart
hoe verskroei my vingers
Heeltyd
Oorweldigende vlamgolwe
hart klip geword
Pyngelouter
emosie steeds ´n sagte kern
Vulkaniese woelinge
tassende hande in
die donker
net
koue verlatenheid
En jy…..?

Lewer kommentaar

Leave a Reply