Woede sonder ‘n hoed
Iets krap, dit jik
Onlus, onrus
Jy wiek en wig
Niks van dit word uitgewis
Nee bly Ja
As iemand iets vra
Oneindig saai
Weinig maai
Die son van ewigheid brand
Moeite, sweet en sand
Jy bloei van stoot
Die wa en die wiel beplan jou dood
Ag, van wat sal jy leef
Jou sweet is jou deeg
Aarde se worsteling
By een lap grond het dit begin
Jou ontstaan maak dan nie sin
Windverwaaid staan die mensdom stil
Dit nie vanuit ons eie wil
Klaar versprei kom jy
oor die swerm
soos haar majesteit,
Die koningin by
Nou kom neem jy mens
Van land tot land
Van grens tot grens
Dit bring jou tot bo
Maar wat as ons pleit
Staat sal ons maak op tyd
Moederliefde
Onvervangbaar
is die liefde
van die einste baar
Effens gestruikel
Maar deur dik en dun
Het sy my gedra
Sag rus ek in haar arms
Soet proe haar liefde
Swaar is haar woorde
Dit wat sy is
Die is ek
Daar waar sy gaan
Beweeg ek
Haar oë is my trofee
Haar glimlag is sonder seer
O heer ek pleit
O heer hoor my beleid
Wees haar genadig
Want sy ja sy
Hou my versadig
Huis van God
Onder die sinkplaat dak
Bly ek neergesak
Mure geverf in wit
Waar U my sondes toe spit
Oorvloed met genade
Kniel ek met toehand gebare
U hand rus sag
Op my toekomstige dag
Oortreffend geseën
Mag sy stem vanuit die hemel dreun
Luister sê hy
My kinders ek maak jul vry
Opgeskeep met my
Sal hy vir my lief bly