Weet jy dalk?
daar is ‘n kloof
hy loop so in ‘n boog
in die kloof is twee mense
so binne sy grense
hulle dink dieselfde
maar ook net die helfte
daar is ‘n stryd
net soos die kloof se wyd
hierdie kloof
word ‘n berg so hoog
want die een is ernstig
die ander wil onstig
hy het haar so lief
sy is sy hartedief
die een probeer voluit
die ander pleit vir tyd
as hy net kon verstaan
wat in haar kop aangaan
dit maak so seer
as sy hom so ignoreer
hulle het nader aan mekaar beweeg
sy het hom te lig geweeg
nou stoot sy weg
hierdie liefdes kneg
as hy net kon verstaan
wat in haar kop aangaan
haar ignoreer en skyn
is vir hom soos fisiese pyn
hy ‘n boom sonder blare
wat staan in ‘n skare
almal lag vir hom
want hy is verseker dom
sy is ‘n vrou
sy slaan ‘n lae hou
so het sy geleer
om die pyn wat man bring weg te keer
Hy verstaan haar wese
hy verstaan haar keuse
tog vra hy asseblief tog net
speel hom nie met daardie set
hy is ‘n harde kors
met ‘n diepe liefdes dors
ten volle het hy haar vertrou
Sy harts geheime haar toe vertrou
as sy hom net laat weet
wat haar hart kreet
want voel hy verraai
soos na die haan se kraai
want sy hart breek
met ‘n hartverskeurende kreet
as hy net kon verstaan
wat in haar hart aangaan
weet … jy dalk?
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.