Ek moet vergeet
Dit is toe te veel
Daai wat ek vra
Van driehoeke
Is ek nie deel
Hoekom is dit so moeilik
Hoekom wil ek hou van jou
As ek kon kies
Sou ek nooit
Na al die kere wat ek my verkyk het
Jou hande
Jou oë
Jou tande
Ek het gedink ek het geweet
Maar vandag weet ek
Ek sal jou tog moet vergeet
Of bly daar hoop
Dis dan my plek
Hier in die donker, verlate hoek
Sit ek
So kan ek huil
Oor wat kon wees
Maar ek is mos sterk
Mens hou aan
Maar onthou jy
Wat kon wees
Ons albei het geweet
En ons albei moet nou
Vergeet
11 April 2015
“It’s never crowded along the extra mile.” – Dr Wayne W. Dyer
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
