Nuweling
Nuweling ou dingeling
jy het nuwe geluk gebring
met jou voetjies klien
het my rebelsheid verdwyn.
Ekle nuwe kyk, geluid geskater
maak die ma wees in my wakker
opnuut geraak deur die volmaaktheid van die lewe God gegewe.
Lank vir jou gewag
oor jou gebid
Gouelokkies klein so fyn
Poppelop
Jy laat my hart galop
Bekkie
Vir jou met jou ogies blou
wil ek beskerm teen die kou
toffieappel meisietjie
my ou kleintjie
mamma se harte dief
vir altyd vir jou lief
Lyf
Ek besef vandag
Jy is die een wat my laat lag
Jy is die een wat my ken soos geen ander
jy het my lewe verander
By jou het ek leer lief kry
Met elke deel van my
Lyf
Man met jou blou oë
Jy laat my glo
Al is die lewe vir nou
So vol dinge wat knou
Vertrou ek
Saam met jou sal ek kan
Lyf
Ek kyk terug en sien
Dinge wat was
En miskien
Was alles so bedoel
Want nader en sterker is ons nou
Ek is lief vir
Jou vrou
Spore in die sand
(vir J & C )
In my geestesoog sien ek
Klein voetspoortjies in die stofpad
& die stof het nog nie gaan lê
hang soos natgeswete slierte kyf
aan jou lyf
Kleine handjies
Wat biddend vra dan
Vir ‘n Barbie pop of rollerblades
…. As mamma kan
Drome bou &
Kougom kou
Lugkastele
Met glas panele
So graag my sussies
Ou kleine lyfies
Wil ek ‘n muur bou
Om weg te hou die kou
Wat die lewe soms om ons vou
Want in jul ogies
Sien ek my toekoms
En jul vertroue in my
Laat my glo ek kan
… dankie
Wind
Herfsblare val soos
trane van ‘n jong vrou
al bewys van gister
van alles wat nou stil is.
Wind kom waai
deur my lewe
speel deur my hare
en laat my vergeet …
Dromer
Eensame dromer
Lag met jou oë – toe
gee vir my ‘n drukkie
en seg alles is o’k
vee my trane af
en streel saggies deur my hare
sit by my tot ek slaap
want ek droom vannaand van jou
Altyd die ander wang draai
Altyd terugstaan
ons drome bêre
want môre is nog ‘n dag
Sprokie
kom ek vertel jou ‘n sprokie
waarvan die einde nog onbekend
Trippe trappe tone
Fluister saggies my drome
soos die mis oor die see
so voel my gemoed
stille verlange
van die onbekende bekende vreemdeling
Lancelot
Lees my oë
daarin staan die antwoorde op die sommer janee
tussen die lyne
da lê my hard
my sêgoed wat ek nie sê
die ken jy
Onbekende digter
Jou woorde roer my onbekende digter
ek sien my gisters by jul digters
skimme in die nag
nou kan ek darem lag
verlede tyd rondomtalie tyd
pyn wou my laat kwyn
maar ek lewe … nou
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.