Gedigte van Philippe Jean-Pier Lesage

Philippe Jean-Pier Lesage skryf reeds gedigte vir 33 jaar. Lesage is ‘n Fransman van geboorte, maar het Afrikaans groot geword.

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

NO:1

Straatkinders op soekend
Pick pocket ek d’jou nou
D’jy wat lekker lewe
Dink nie an my se gevrete

Gom snuif hou my warm
my klein baas, gee my
‘n stukkie brood inplaas
hoog, hongerte is verhewe

Jy wat sittend loer
cosy op d’jou m??r
dink net aan jou eie
gervrete en ons is
die vergete …

 

NO:2

Fariseërs hou toe julle bekke.
Weggegooi is die sleutels en slotte van julle hekke.
Siek geraamtes met lang uitgerekte nekke,
weggesteek in julle siel se donker plekke

Vroom word daar gevra: “Wat sal die skoolkinders sê”
van twee ma’s of twee pa wat saam in die katel lê?
Arme sot, speel jy God of is jy verhewe
bo ellende en pyn van die lewe, hulle asems gegewe?

Jy, ‘n Selfgemaakte engel
In jou eie siek oordeel verstrengel.
Gaan trek liewer jou eie geraamtes mooi kleertjies aan,
voordat jy Sy skepsels met jou vlymskerp slangtong slaan.

Laat hulle ook sing, liefhê, leef en lag.
Elke dag ervaar as genade, ‘n sonskyn dag.
Gun hulle menswaardigheid, trots en nie net bestaan,
maar voluit vry leef in hulle eie lewensbaan
Leef en laat leef

 

NO: 3

Terwyl hulle dwase van hulself maak
Hulle in hulle eie wysheid verstik

Ek sien mense wat die wêreld besit
Soos dooies hulle bene regskud
En agter onbenullighede aan hardloop

Ek sien mense spot met die geestelike
en aanhang aan die verganklike
Dit wat verbygaan verhef hulle

Ek sien mensehelde van mense
Wanneer hulle hul vergelyk met God
En kompeteer om die liggaamlike

Ek sien mense hul liefde goedkoop
Maar dit waarvan hulle oorloop
Is hulle eiewyse en dwaasheid

 

NO: 4

Wie lê in die graf begraaf?
Wie se dors is gelaaf?
Wie se naam op die steen?
Wie was vir ons geleen?
Waar lei sy spore heen?
Het hy gelag of het hy geween?
en …
Nou lê hy net daar
Deur die aarde vergaar
maar…
Wat het hom hierheen gelei?
Wat het ons hieruit gekry?
Niks …

 

NO: 5

Sluipers agter sluiers
prewel woorde van genot
uit donker hoeke van klein kamers
waar die waarheid le en vrot!
..
Sade van onkruid
word geplant in elke oor
en in spense van die kop
word die eind produk gestoor!
..
Slawe van die norm
word met slinkse leuens besmet
en is tevrede met die oorskiet
want die feesmaal word belet!
..
Soos denklose wesens
word als geglo wat ander se
en sonder skroom of om te huiwer
wil elke dwaas dieselfde he!

 

NO6

Agter die skare!
sit die nar en treur.
met n gebroke hart,
siel verskeur.
hoe gaan hulle,
sy trane beheer.
as niemand weet
wat het gebeur?’

 

No7

Hart, siel, wese, eintlik nog net kind
Aan stukke deels gevind
In my donker strate
Jou lig wat wink

Sterk brand jou gloed
Skyn ondoofbaar in my bloed
vind ek ’n spoor
jy het my nie verloor

Ek weet nou my soeke
na stukke in dele
was altyd by jou
veilig in liefde toegevou

 

NO 8

Light gou ‘n wierook
jaag dalk spook
ek mis nie een
geen ween
so geseën.

 

NO 9

Daar was ‘n vrou. Haar naam? dragqueenwitjie –
so vaal soos ‘n verbleikte geitjie.
Har vel was bleek; haar neus was rooi
en sy was wragtig glad nie mooi.
Sy het probeer – ja, honderd keer
om met Max Factor te grimeer.

Maar, sjympies tog, sovêr ek weet,
wou niks ooit help vir haar gevreet.
Tog loer sy na die spieël se kant:
“Wie is die mooiste in die land?”
Toe breek die spieël in sewe stukkies
en gee die moffie sewe snikkies.

 

NO 10

Philippe Jean-Pier Lesage
Philippe Jean-Pier Lesage
Griffel-pen, griffel-ink,
Woord met geur, woord wat stink.
Pen wat op papier kan lek
Magtig is die woorde uit jou bek.

Swarte kol of die g se krul,
Woord van waarheid, woord wat kul.
Veerpen in die hand se mag,
Wie gaan huil en wie sal lag?

Vind jou weg op grys papier,
Lek jou woorde tog sekuur.

Pen van oordeel, pen van hoop
Kies wys die rigting wat jy loop.
Elke strepie los ‘n merk,
Raak die hart in die diepste plek.

Skryf dan gou jou laaste wens,
O, griffelpen van die hartseer mens.
Lek jou laaste woord van hoop
Voordat jou ink dalk uit sal loop.

Wie se hart sal jy dan raak,
Met die woorde wat jou inkbek maak?

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Uitstekend is altyd eerste wat ek lees en geniet jou gedigte as dit op jou blad op FB verskyn. Jy mag maar hou so aan.

Lewer kommentaar