Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
20 Maart 2023
(“The child is not dead . . .
the child who shouts Africa! . . .”)
wasem op
wasem af . . .
die strate is
rooi
gesing,
my klein
Afrika
gestrooide
idees
brand
kragteloos . . .
nóú
net
armoede
teenoor
ryk
ideologieë –
gewapende
woorde
swyg
in
howe;
gister
maak
hoede
bloei
vrees
omsingel
leiers –
omsingel
vuur
asem op
asem af . . .
‘n
stil
kind
skreeu:
Langa en Nyanga
toemaar,
dis nou net donker,
my Afrika
brooklyn blues
roekoek
jasmyn

tulphart
dis tyd . . .
ons?
einde
hartklopruk:
verswyg
die hart
die wens –
meet
en
pas?
rede
bo
die wens
:rukklophart
vêr
die mymering
in
my
:swaai
dwaalkolk
draaie –
verbloem
my
luisteroë
en
my
hartklop
gevoel
vir
jou

OP
hou tog jou hande
OP
vou vrede
veilig
in ‘n geskenk
op:
vat
hande –
voel
die warm
energie –
bou jou drome
en
vier
vreugde

sielslyne
ek kies
julle
altyd versigtig:
bolmae
skrales
draaigolwe en
wag-‘n-bietjies en
doodloopeindes.
julle vorm:
gekleurde
patrone en
soms net ‘n gesanik of –
stop –
swart trane;
tog óók
geluk …
sonder
julle is
ek
nét
papierwit

nagdraai
die nagroep
val
skreiend
soos
die uil
se nagbesoek:
ore
gespits
kake
geklem
staaroë –
twaalfuurprooi
seisoene – skok
ek maak vlindervlerkpatrone – om jou hartkamers na te maak:
handbewegings
van omgee;
(suikerbekvlerkgeklap)
en
ek kry nét winter –
en
nogmaals
koue –
koue kamers …
en iewers
verdwaal
jy
in jou
eie
herfswese –

gedagtes
ek grou
jou (onbekend)
geroeste
herinnering
op;
ek glo
jou kop
het toe gedraai –
heuwels
op en af;
hier sit ek
met net grond –
verbeeldingloos
in my hande –
mag jou
speelse reise
jou vêr
in die lewe gebring het …
hoop dat jou
drome
nooit
diep en donker
versteek
was nie …
– ry nóú maar
verder
en
vind
nog drome

ongetiteld
ek
stel
jou
vir altyd
vry
geen bande nie;
maar …
jy is vry –
vlieg na verre horisonne
ontdek
jouself
vlindervry

sien jy die kind?
sien jy die kind
verwese
in die watte wolk …
roep
sy naam
en die wind
antwoord …
in ‘n fluisterroep
dis net
wou-wou woorde,
my kind

ongetiteld
winteronugtering –
kleur
oorheers
die koue –
volkomendheid

rooshart
ek hou jou
hart
altyd
liggies
in my hande en
bid jőű
somerreën toe –
ek weet
die lente
is hier as jou polsslag
ritmies
klop;
ek weet őők dis somer
as jou hart
weer
wit
rose
blom
ongetiteld
woorde traan
siele breek
boeke versteek
rooi hartswaan

volmaak?
ek
steek
my kaktushand
uit
om te blom
en al wat gebeur
is
d o r i n g s – – –
ek
gryp
en dis
s e e r
ek
droom
en dis
w a s i g
ek
klap
met my
kaktushand
en
besef –
daar is
net
dorings – – –

skepnet
versteekte
diergesigte
hanswors?
– word verfhale
– word ‘n eenheid
swaai die kwas
strek die geheue . . .
verlig
die storm
sluk
die blou en pienk
skep ‘n hart
proses
komposisie –
stormvrye
lewe

vereloos
ek het jou
hart
op die teer agtergelaat . . .
jou verejas
bebloed –
jou been gebreek?
– mossie in my –
daar is bloed
op my hart
’n traan
stroom
oor my lyf
jy
en
nou
net
ek

sterrereën
jou lig
verblind
my – –
jou
oë
spieël
sterre
reën
meer lig;
meer sterre;
meer jy!
daar
skitter
sterpatrone
teen
’n muur
met
jou
naam
op

stof
(periferie)
ek
lig die lappie op
en
ek is verbaas
om stof
tot nadenke
te vind:
gekleurde huisies
vol geluk;
gehekelde geel grasperke;
hasies wat stories hoor
en
jou
salige
siel

koppie
ruik deur die
krulletjies;
draaitjies en
patroontjies
breek
die roomkleur –
s t u k k i e s
– porselein –
klop
aan die
hart . . .
moenie
teëstribbel
nie
ruik
die blom se
se geur;
streel
die
hart

gehoorsaam
dan is jou oor teen myne?
en dan jou hartklop
teen my lyf . . .
luister vir my!
sien
my hart –
voel die klop
hoor
die ritme
van my wees
voel
die kyk
in my oë
luister vir my!

trap-trap sag
geel grynslag
en al . . .
sleep
ek
die pad
agtertoe;
draai-oog
verwondering:
watter?
kleur
dan
volgende;
wees getrou
aan jou
kleur –
wees
s e l f
trap-trap
sag

frida
op vrydag
wys
jou plootjies
seer –
jou
blokkiesrok
gekompliseerd –
gryp
met jou
blik
die kryt
en
kleurvol
obsoleet:
die lewe
verbeeld

’n nota aan jou . . .
mosaïekkatjies
met
gleufogies –
en
mosaïekhasies
met
papieroortjies –
gee
jy
aan
my
:dis
nou
notas
aan
jou:
dis
lyntjiies
vol
van
liefde;
’n mosaïekmondjie
geteken
met
papierhartjies

jou
kaleideskoop
van
bloublink
vissies
op
‘n vrydagaand –
vou
my
toe
in
‘n gety
van
koel
omhelsings . . .
seisoen
(in augustus)
ek
wag
geduldig
op die
lente:
die
weerkaatsing
van
madeliefies
en
magrietjies
in
jou
oë;
die
liefdesgeur
van
jou
hart;
die
klanke
van
jou
septemberstem
– en –
die
omhelsing
jou
lentelyf
jy
ek vlug
uit my
pyn –
– vas
in jou
glimlag
jy
toor
my
leed –
tot
innigheid
v r i e s
dié oomblik
naelstring
g-e-k-n-i-p
y
s
asem
in
die
dood
liefde
a l l e e n
nou
sielloos
die laataand
vang my in
sy
wip …
hy
grou
in
my
en
gryp –
– ek
pyn
en
verloor
– ek
pyn
en
verloor
– sielloos –
‘n einde
donker net
jou
bestaan
net
welkome
skadus
rondom
my –
– jou
afkeur
pyn
skadus
diep
in
my
hart
verlei – verlore
ek
laat
jou
altyd
toe
in
elke
uithoek
van
my
hart
jy
misbruik
elke
geleentheid
om
my
hart
finaal
te
verwoes
treur
verwyder
my
hart
voor
ek
begrawe
word –
vergeet
van
my
lyf
en
huil
rondom
my
hart
bloei
dié wonde
is
dieper
as my hart
se verstaan
die rooi trane
klad
geen
verdriet
verstaan
sny
seer
tyd
my hart is in ‘n
swart
gewaad;
dit
f l i kk e r
pyn
blinknat
Lot
ek glip deur jou vingers …
‘n laaste omdraai
‘n laaste seer kyk
Lot se groet is my oë
soutpilaar –
‘n ewige wond
seer glimlag –
verwytende blik
somerseer
(wag vir my daar)
soen my
liggies
op my voorkop
voor
ek
gaan
ek
(wie ken ooit die ek?)
hoop dis
pynloos –
sag
weg –
van die
seer
hier
mag die
brandende vuur
verkoel en
verlig –
vry
dans
my hartkamers vou
eensaam
oop
jy
het altyd my hartkamers
beskerm –
die blomkelke is nou
afgeskil;
ek
het jou laat gaan …
hy was méér vir jou
(ek leer weer om my
eie hart te stut)
vergete is die lentereuk –
blommedans
laaste kyk
(met ‘n goue staf in gedagte)
die weensee het gister
finaal
opgedroog.
die pad lê nou oop na die beloofde
– b e v r y d i n g –
dit was alles in jou vorentoe kyk –
‘n doellose verbykyk;
vir my is dit
nou
vorentoe
vier
n o o i t
my hart is
‘n spelonk:
koud
en
nat
van die
trane
dis die –
ontnugtering –
dat
jy
verby
my
kies
verby
my
droom
sang
die vorm van jou lyf
sing liedjies –
as jy gaan …
as jy gaan …
onthou net my hande
as
laaste melodie –
ek … verdwaal
waar in die wêreld is jy?
my oë soek na jou –
sal ek jou ooit? met my oë kan
tas?
– wolk van verbeelding –
groen gly uit my oë
wanneer ek stip na jou staar –
my wêreld verkleur
en jy word reënboog
jou aanraking is
méér
as enige
volkleurdroom
– groen gewaarwording –
jou gestalte word ‘n reus –
tafelberg is in jou hart –
al wil my oë jou aanhou volg,
skei my hartkamers
jou –
die seebries word hartseer herhaal:
in die seelug is ons saam
in die seelug is ons saam
;jou beeld verflou,
ek
verdwaal …
siembamba
ek sus
jou
in my arms
todat jy slaap;
ek skrik
my
daagliks
spookwit!
:jy gaan
stadig
dood
in my
skoot
nagvuur
my
hart
brand
– –
binne
ek trek ‘n kring om die pyn!
of
trek die pyn ‘n kring om
my?
ek rig op
jou
of?
= sneller
sekuur
spatsels seer;
hartbloed
– bly –
‘n eensame
nagwaak
venster
(spieël in my hand)
deur die waas van
hartseer
vou my hande
ligweg
liefdesgebare
na
jou
uit
my gedagtes
hou
jou
styf
vas
innig?
jou
beeld
bly
in
‘n
leë
raam
alleenheid
jou wurggreep
bring
pyn
ontydig
na
my
binnehart
– ek bly
soekend na
jou
vlees
en
warmte –
ontnuger!
altyd
alleen
agtergelaat
met
‘n
koue
hart
droom
ek mis jou …
al sê ek vir ander –
anders
die hartseer herinner
my
daagliks aan
jou
al steek ek jou
weg,
vind
jy
my
altyd
weer
die oseaan
in my oë
biggel
golfies
seer
aanraak
mag ek nooit wéér so lief word vir jou
nie
en ek wéér by ‘n kruispad staan
alleen
nie
ek het al hierdie pad gestap vir
jou
my gevoelens raak jou heeltyd nader
deur jou kon ek weer liefkry
jy is hier naby my;
tog kan ek jou nie
raak
nie
sê
ek kon nie meer praat nie –
nie toe nie
nie nou nie
praat nou
met my
in my afwesigheid
sê alles in silwer
sê alles of swyg –
stilte
ek kan nie meer praat nie –
nie nou nie
nie toe nie
vlug
wens ek kon vlug …
wolke, vou om my neer
gryp my hart en maak my lig …
laat ek sweef
wind,
laat ek vlieg
laat ek sweef:
verplaas my
hart
laat ek weer
sien
laat die druppels
was
maak my hart
skoon
– laat ek vry wees
gloei
raak my tog liggies aan
elektries
laat jou lig my nou
verblind
sing tog in my oor en
streel
my nou met jou stem
somerson
hou tog my sagte siel
gevange
nou in jou wysheid
lewenslig
skulphand
jy was ‘n blink pêrel in my
hand
ek kon jou eens vashou –
bewonder
selfs koester
nou het jy gegroei –
duisende vlinders vlieg
blink
uit die oog
ek het jou laat gaan: seepbel
skulphart
skulptraan
skulphand
niks
geskryf
jou woorde is ‘n poskaart –
ek
jou hande was tóé vlindervlerke
jou oë het tóé doudruppels geskyn
jou hart het tóé gloeiwarm geklop
ek sou glo die pad wees
waarlangs
jy loop
woorde was tóé varkblomme
woorde is nou dorings
roete: regdeur my hart
posduif
duifloos
hartloos
liefde,
jy
hartstilte
vanaand loop trane
stil
teen my borskas
af
pyn is swart
nou net die leegheid –
niks om te sê nie
onsigbare hande weef ‘n vangnet:
engelraak
sonder naam
ek wou jou naam sê,
maar jou naam is vergete
net in ‘n vae beswyming
kon ek jou beeld nog onthou –
nou
uitgekerf uit my geheue.
ongetiteld
diep en koud is die see
tussen
ons
tyd het die hart verdroog:
duiwe is vlerkloos
arms waai sonder hande
winde geluidloos
spieëls is dof –
die water het opgedroog
vry
410 dae gelede
411 dae gelede
412 da …
!Windows alarm!
“program te oud”
verhouding verby
sisteem crash …
wens ek kon alle data
delete
Ctrl Alt Del
vergeet
skerm skitterblink
kleur sein
venster
vry
2014
nagreis
‘n einde?
my ore lê vasgepen,
Gulliver
ek wil jou
naam
nóóit
weer uitroep nié
nóóit
weer hoor nié
nóóit
weer nié
my bed is ‘n kluisenaar
‘n klipplaat
my hart gestrand
my trane droë golwe
geen r e d d i n g s w e r k
nie
net die dun gebreekte glas
gespan
oor my bed se vier
mure
bly
oor
‘n begin?
hart
vertoef jy by my versplinterde deur …
sal jou klop die krete hoor
van my opgeskeurde hart
jou binnekoms sal bely:
géén helder spektrum van lig
géén handklop-voetklap
géén liggloei kopgebaar
géén lyfdraai nie
slegs ‘n afwys vandaar –
‘n vingerwys kaart:
‘n swaard wat harte verdeel
tot ‘n laaste versplintering
alleenhart
ontmoeting?
(‘n see van letters)
ek:
ontmoet deur virtuele lyne:
‘n skugter lag?
‘n sku gebaar?
nou net ‘n ewige getik –
sou dit ‘n hartklop warm
afweer?
hy:
onsigbare bande word gesmee deur die lug;
nou die lugleegte
verdryf deur die
koue seelug …
… s E e Va n lE t T er S
ongetiteld
jy wink my nader
jy hou my vas in jou arms wat golf
ek hoor jou breek
jy lok my voetjie vir voetjie
jou koue geheimenis binne
jy neurie my nog nader
sal ek jou ooit diep in Neptunes se skatkis vind?
dis ‘n koue omhelsing –
‘n kring van ewige verbintenis …
donker trane
sagte vingers
hartseer hale
traankontoere
jy wat lê …
ek wat lê …
versugting
sal ons vingers ooit weer
kruis?
druppels:
swart
druppels:
droog
duisterdans
eers net ‘n sirkeldans
toe ‘n donkerdans
draaidans
draaidans
en
nou net ‘n jakkalsdans
myne
my hande is duiwe
waarmee ek
jou lendene
balsem
my oë is sagte vlerke
wat kruise span van ware
liefde
dit is dan wanneer
ek
besef
jy
is nou myne
ongetiteld
ek
hy
jy
rondomtaliedraai
rondomtaliedraai
drieankerbaai
trippeldraai
jy
hy
ek
ongetiteld
ek voel die
dood
klop
in my lyf
net ‘n ligte
vaagweg
geklop …
ek loop ‘n sirkel rondom jou …
bewonder jou oë
jou mooiheid
‘n ewige sirkel van onthou
jou oë bly blou
soos koel mere
ongetiteld
alles is skoongewas deur die reën
maar ‘n treurdag vir my …
ons liefdesirkel is nie beskore nie –
al is dit gespan in goue draadjies
nou is dit net ‘n helder herinnering van uitreik en ontvang
‘n geslote mond
‘n dooie lyfgevoel
ek staan verwese in ‘n kring van verlange …
my oë bly soek na jou gestalte –
die fors figuur
ongetiteld
ek staan verwese en
wag
‘n definitiewe antwoord verwag
jou gestalte fors
moet nou vervaag in ‘n beswyming van
‘n gistergeluk
Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.


sjoe…die seer is tasbaar in die woorde. Ek kan net een-een van hulle op ‘n slag lees. Jy sê baie met min woorde. Jy kies hulle slim.