Nuwe Stemme 4

Nuwe Stemme 4
Roekeloos

Die Nuwe Stemme-reeks is ‘n opwindende projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters wat nog nie genoeg gedigte het vir ‘n eie, selfstandige debuut nie.

Nuwe Stemme 1 het in 1997 verskyn. Elf debuutdigters se werk is daarin opgeneem.

In 2001 is Nuwe stemme 2 gepubliseer met poësie van sestien nuwe, jong digters.

Nuwe Stemme 3 was in 2005 ‘n groot sukses met werk van twintig nuwelinge (waarin o.m. Danie Marais en Loftus Marais albei gedebuteer het).

Vanjaar is daar bekende, opwindende name op die deelnemerlys, waaronder Hunter Kennedy (fokofpolisiekar) en Annie Klopper.

Nuwe Stemme 4
Nuwe Stemme 4
Die samestellers van Nuwe Stemme 4 is Danie Marais en Ronel de Goede.

Die boek word volgende week vrygestel.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Leave a Reply