Oogensiklopedie

 

Gilbert Gibson se jongste bundel is ’n uiters ambisieuse projek, en een wat enorme vondste lewer.

Gilbert Gibson het in 2001 gedebuteer in Nuwe Stemme 2 met 12 gedigte. Sy eerste bundel, Boomplaats, het in 2006 die Protea-poësieprys vir die beste Afrikaanse digbundel ontvang. Sy tweede bundel, Kaplyn, het in 2007 verskyn.

Gibson se jongste, Oogensiklopedie, is ’n komplekse verwikkeling van Bybelse taal en beeld, literêre verwysings en die fisiologie van die oog.

Die bundel as geheel kan gesien word as ’n ensiklopedie van die skryfkuns, en dan wel die skryfkuns as die kuns van sig en waarneming.

Inhoudelik so wel as deur die komplekse sintaksis en woordgebruik is dit tot ’n groot mate ’n ondersoek na die neurologie van die poësie, oftewel hoe die poëtiese impulse van die oog deur die neurale netwerk van taal vertak om as ’n gedig op die blanke vlak van die bladsy geprojekteer te word.

Oogensiklopedie
Oogensiklopedie

Verbluffend en eindeloos intrigerend, soos dit ware poësie betaam.

08 November 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply