Verlede Sondag was dit Internasionale Moedertaaldag. Die skrywersorganisasie PEN International het hierdie dag gevier deur die aandag te vestig op werk wat PEN-sentrums wêreldwyd doen ter bevordering van taalregte en moedertaalonderrig. Een van die projekte in die kollig is PEN Afrikaans se Trippel 7-projek onder leiding van Bettina Wyngaard.
