Straatkindbundel

100 gedigte wat die lewe van ‘n straatkind getrou uitbeeld en bydra tot publieke bewusmaking op Internasionale Straatkind-dag 12 April 2016.


Straatkindbundel is saamgestel met gedigte van Afrikaanse skrywers regoor die wêreld. Dit sal dan ook beskikbaar wees in Australië, Engeland, Amerika en Nieu-Seeland. Die bundel bevat ook gedigte wat oorspronklik op Roekeloos.co.za verskyn het.

Om die bundel bietjie gewig te gee is daar gedigte van vier bekende Suid Afrikaners in: Elizabeth Eybers, I.D. du Plessis, Marlise Joubert en Martjie Borman.

Die omslag: Die potloodtekening van ‘n laggende kind vir Straatkindbundel is geskets en geskenk deur die kunstenaar Nadrie Botha, wat hoof is by ‘n kunsskool in Johannesburg.

Die illustrasies: Die gedigte binne die bundel is geïllustreer deur ‘n 10 jarige dogtertjie wat sonder haar biologiese ouers grootword in ’n liefdevolle pleegsorg huis saam met haar biologiese sussie en boetie. Daar is besluit om die eenvoudige kindertekeninge met blommetjies, bome met vrugte, huisies, huisdiere en baie liefde met hartjies, soentjies en gelukkige gesiggies te gebruik omdat dit in skrille kontras is met wat ‘n straatkind in sy / haar wêreld beleef en nogtans juis dit is wat ‘n kind móét ervaar, die mooi van die natuur, die sekuriteit van ‘n huis, troeteldiere en baie liefde van omgee ouers.

Die klankbaan: Die digbundel word tesame met ‘n musiek video op DVD/USB uitgegee. Die klankbaan word saamgestel deur Casper Labuschagne van Soentendal Studios.

Die Straatkind temamusiek en gedigte is van skrywers en musikante soos Al’astair, Tertius Cronje, André Kriel en Andre van Wyngaardt. Hou jou oor oop vir verskeie bekende musikante op die klankbaan.

Jou bundel: Elke skrywer kry een gratis gedrukte eksemplaar van die Straatkindbundel. 100 gratis bundels aan skrywers word geborg deur VisionArt Publications.

Addisionele bundels: Dit is reeds moontlik om nou al bestellings te plaas en te betaal teen R49.99 per addisionele bundel. Daar is nie beperkings op die hoeveelheid bundels wat bestel kan word nie. Daar gaan egter net bestellings gedruk word wat reeds ten volle betaal is. Die bedrag sluit die klankbaan op DVD of USB in. Inbetalings kan gemaak word tot 20 Maart 2016 ( 1ste besending) by:

VisionArt Publication
Standard bank
Rek nr: 016988663
Verwysing: Skryfnaam (soos gepubliseer in die Straatkindbundel)
Die inbetaling sal deur R50 gedeel word om die hoeveelheid bundels te bereken. Bewys van betaling binne 7 dae.

Met die tweede druk, na 12 April 2016, sal die bundels beskikbaar wees teen R129.99 per bundel.

Die bekendstelling: Die bundel word vrygestel met ‘n deftige funksie by ‘n hoërskool in Pretoria waar hotel- en spysenieringsleerlinge ons bederf met ‘n gourmet driegang maaltyd. Musiek van die Straatkind-klankbaan sal die aand se verrigtinge komplimenteer. Die gratis bundels en ander Straatkindbundel-bestellings sal daardie aand beskikbaar wees. Die koste vir die kaartjies vir die funksie sal in Maart bekend gemaak word.

Digters/skrywers wat nie die funksie kan bywoon nie se Straatkind digbundels sal gepos word.

Vir meer inligting kontak Zuannè-Marié by 074 511 7942.

Straatkind - Nadrie Botha
Straatkind – Nadrie Botha

Lewer kommentaar

Leave a Reply