Die agtste jaarlikse Tuin van Digters, die tuiste van die Afrikaanse digkuns en vlagskipprojek van die Breytenbach-sentrum, vind op 13 en 14 September 2019 plaas. Breyten Breytenbach, wat op 16 September sy 80ste verjaardag vier, sal gehuldig word, Die Ingrid Jonker-prys vir ‘n Afrikaanse debuut digbundel word ook by die Tuin van Digters deur haar dogter Simone Garcia Marques aan die wenner oorhandig word. Vanjaar se tema van die Tuin van Digters – (aan)dadig, is ‘n skerpskepping van Breyten self (‘Ons is nie skuldig nie, ons is (aan)dadig’). Teken solank die datum aan en kry jouself gereed vir nuut doen, anders doen, oopkop doen, (aan)dadig wees. Die program sal vandag bekendgemaak word.
![](https://i1.wp.com/www.roekeloos.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Tuin-Van-Digters-2019.png?fit=640%2C640&ssl=1)