Hertzogpryswenner Johann de Lange se jongste gedigte getuig van ’n gevoeligheid en ’n diepte soos nog nie vantevore by hierdie digter nie.
Met sy fokus op die mens én die natuur, boei De Lange die leser opnuut in toeganklike verse wat wissel van die elegiese tot die sardoniese. Die erns van die menslike drama van leef en sterf word telkens verlig met heerlike humor. Maar alhoewel die ironie aan die een kant spreek van onthulling, spreek dit andersyds van deernis.
Temas sluit in vryheid, afstand, skoonheid, dood, pyn, verlies, religie, seks. Van die erotiese gedigte spreek besonder sterk van die intensiteit van menslike verlange en eensaamheid. En oor alles heers die woord delikaat en kragtig gehanteer.
Die boek is 22 Februarie 2012 op die rakke.
Vaarwel, my effens bevlekte held / deur Johann de Lange — Human & Rousseau, 2011. — 112 p. ; sagteband. — ISBN 9780798156301 : R 150.00
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

