PEN Afrikaans se bestuur het eenparig besluit om Wilma Stockenström aan te wys as die digter wat vanjaar by die Tuin van Digters gehuldig word.
Haar invloedryke, merkwaardige bydrae tot die Afrikaanse poësie kan kwalik oorskat word. Stockenström, ’n Hertzogprys-wenner, se oeuvre omvat agt bundels waarin daar met ’n ondersoekende blik gekyk word na die mens en dié se plek in die heelal. Haar aangrypende verse lewer bewys van ’n ruimheid van intellek, gees en emosie.
Met voordrag deur Margot Luyt en sang deur Laurinda Hofmeyr van getoonsette gedigte van Wilma Stockenström.
Met: Margot Luyt, Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert
Huldiging: Prof Ronel Foster
Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur
Plek: Akkoordtent, Breytenbach Sentrum, Wellington
Datum: 15 September, 19:00
Wilma Stockenström gehuldig
Wilma Stockenström gehuldig
Roekeloos
2.5