Dit is haar vierde taal, maar Nolwazi Mahlangu (15) het skoonskip gemaak in die ATKV se Afrikaanse spelkompetisie.

Die ure wat Nolwazi spellyste opgesê het terwyl sy aandete gekook en skottelgoed gewas het, het vrugte afgewerp. So ook die twee bladsye van ’n tweetalige woordeboek wat sy elke aand voor slapenstyd gelees het om haar woordeskat uit te brei. Nolwazi, ’n leerling in gr. 10 aan die Hoërskool Patriot in Emalahleni, het die eerste plek in die ATKV-Spelathon se afdeling vir eerste addisionele taal vir leerlinge in gr. 10 tot 12 behaal. Die spelathon is vroeër vandeesmaand in die H.B. Thom-teater in Stellenbosch gehou.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar