Alles probeer!

Die dokter stuur die ou oom huis toe met ’n klein, leë plastiekflessie.

Die opdrag is om die flessie die volgende dag terug te bring met ’n monster van die oom se spermselle. Die dokter het gedink die ou takie sal so bietjie lank vat om af te handel in die spreekkamer – gegewe die oom se ouderdom.

Die volgende dag is die oom terug; mismoedig met ’n leë flessie.
“Nee, wat dokter, ek het alles probeer. Eers met die regterhand en toe met die linkerhand, maar daar was nie eers ’n klein bietjie beweging nie.”
“Toe vra ek die tannie om te help. Sy het hom ook eers probeer met die hand, eers regs, toe links, maar niks nie. Nie dat sy toe opgee nie. Sy sit hom toe sommer in haar mond, maar hy wil nie roer nie.”
“Dokter, ek het mos so ’n oulike buurvrou. Sy is links en ek dog dalk maak dit ’n verskil. Sy het hom toe so met die linkerhand probeer, toe regs, maar niks. Toe vertel ek vir haar my vrou het dit in haar mond gehad. Sy wou ook nie agterbly nie en het hom dadelik beet daar met die mond, maar geen akkels wat sy uithaal kon hom laat roer nie dokter.”
“Dokter, vir die eerste keer in my lewe doen ek toe ’n vreemde ding. Ek roep die man wat daar by my in die tuin werk garage toe. Ek verduidelik my probleem en vra toe of hy nie wil help nie, aangesien hy so bietjie jonger as ons is. Hy sê dadelik ja en vat dit toe lekker stewig vas, eers links en toe regs, maar niks wil beweeg nie. Hy het toe ’n nuwe plan en knyp hom tussen sy bene vas, so terwyl hy met sy hande ook help druk en dan moes ek probeer om dit te wikkel. Ek skaam my dood as iemand daar moes inloop, en dit wou nie eens help nie.”

“Nou is ek terug hier by jou dok, want geen donderse mens gaan ooit hierdie flessie oopkry nie.”

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply