Poetry, Port en Passie

Die amateur dramagroep van die Ou Meulteater, in die Paarl, is weer op die planke. Hierdie keer, ietsie vir diegene wat hou van kultuur. Almal is aangesê om ‘n gedig van die gewilde en alombekende Antjie Krog te doen.

Jou R35.00 betaal vir jou toegang – en jou eerste glasie port – die tweede een (en so meer) is vir jou eie sak. Fondse ingesamel is vir die amateur groep, hulle woon soms allerhande interessante klasse by by kenners – en dié moet natuurlik betaal word.

Die musiek vir die aand van 22 September om 20h00? Skuif reg hiervoor … Kom beleef twee musiektegnologie studente (Luca Hart en Matthias Silbernagl). Hulle roep hulleself LUMA – en onthou, jy het heel eerste van hulle by die Ou Meulteater gehoor!

Musiek om jou gedagtes op ver paaie te laat loop. Hulle musiek is alles eie komposisies (viool en akoestiese kitaar) en wissel van melankolies tot energieke gypsy-musiek. LUMA het hierdie jaar die Maties Talentkompetisie gewen – dit behoort sekerlik genoeg te sê.

En Laurinda Hofmeyr sing twee gedigte van Antjie wat sy getoonset het.

Bespreek by 083 564 00 56 / vstemmet@gmail.com

Luma
Luma

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar