Fees van die ongenooides

Eers was PG du Plessis se uitmuntende Fees van die ongenooides as ’n TV-reeks aangebied, toe verskyn die boek, opgevolg deur Chris van Niekerk se baie suksesvolle voorlesing op RSG, en nou bring hy dit verhoog toe.

Die verwoesting wat die Anglo-Boereoorlog in die vier liefdesverhale in die boek veroorsaak, word uitgelig. Die voorlesing neem die toehoorder op ’n emosionele reis deur die lewens van die karakters – met die oorlog as agtergrond – en laat reg geskied aan die verwikkeldheid van die boek.

Aardklop 2011

Heimatsaal, Potchefstroom – 120 min. – R95.
6 Okt. – 09:00, 7 Okt. – 13:00, 8 Okt. – 17:30

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar