As jy op die platteland grootgeword het, het jy waarskynlik menige biddag vir reën bygewoon. So het ’n predikant ‘n gebedsbyeenkoms byeengeroep om vir reën te bid tydens ‘n ernstige droogte. Hy het opgemerk dat die kerk op daardie wolklose oggend stampvol was, en het na die preekstoel gekom en ‘n enkele vraag aan sy kudde gestel. “Julle weet almal hoekom ons hier is,” het hy gesê. “Wat ek wil weet, is hoekom het geeneen van julle sambrele gebring nie?”
