Woordedief is ‘n stoute kalant wat jaloers is op almal wat kan lees en alles probeer om woorde, stories, letters, sinne en sommer enige rondloper gedagtes te steel tot groot ontsteltenis van kinders wat baie graag wil leer lees en spel en skryf en natuurlik veral die stories wil hoor. Hierdie stories kom uit die voorgeskrewe grondslagfase boekies van NB Uitgewers. Maats julle sal moet kom help keer dat Pol Pou, Robbie Robot en Zietie By nie beland in Woordedief se sak en vir altyd verlore raak nie.
Met kleurvolle dekor en kostuums, koddige karakters en musiek wat elke kleintjie se boude sal laat wikkel moet groot en klein kom inloer en deel raak van die voortsnellende aksie.
Vervaardiger/Teks/Regie Margit Meyer-Rödenbeck, wat al verskeie toekennings (KKNK Kanna, kykNET Fiësta, Fleur du Cap) en nominasies vir haar kinderteater ontvang het.
Musiek geskryf deur Margit Meyer-Rödenbeck & Luca Human en getoonset deur Coenraad Rall en Luca Human. Coenraad Rall is die musikale regisseur en almal sal hom ken as die pianis van Amanda Strydom.
Choreografie deur Carlia Greyling, stelontwerp deur Gerrit Snyman, kostuums deur Mariska Meyer en natuurlik ons supertalentvolle geselskap: Eldon van der Merwe, Wian Taljaard, Kerscha Titus, Mia van der Merwe. Al vier akteurs het al verskeie toekennings en nominasies ontvang.
Die produksie is op die planke gebring met die hulp en in opdrag van NB Uitgewers, die Wes-Kaapse Onderwys department en die Suidoosterfees.
Tydsduur 60 min
HMS Bloemhof Sentrum
Sondag 12 Okt om 15:30, 15 Okt om 9:30 en 11:00
Bespreek: Quicket

