Die bokke

Dié Sondag in die kerk preek die dominee van hoe die bokke en skape geskei word. Op die punt begin klein Sannie saggies huil.

Haar pa is met haar buitentoe en probeer uitvind wat is fout: “Wat is fout Sannie? Hoekom sal jy dan nou huil?”
“Pappa, ek dink nie ek gaan hemel toe nie. Ek dink ek is ’n bok!” Snik sy.
“Nee my skat!” Probeer haar pa troos. “Natuurlik gaan jy hemel toe! Jy is ’n klein lammetjie.”
Sannie begin egter weer huil.
“Nou wat nou?” Wil haar pa weet.
“Ek dink mamma is ’n bok pappa.”
“Hoekom sê jy so?”
“As mamma en oom Jors soggens saamspeel hoor ek altyd hoe hy vir haar sê sy is ’n regte bok vir sports.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply