Roekeloos,
4 Maart 2015.
Die Donker Prins van Suid-Afrikaanse Blues, Albert Frost, span saam met die Prinses van die Klassieke, mezzosopraan Minette du Toit-Pearce, in ‘n musikale reis wat spring tussen Blues en klassieke musiek, van Bo Diddley tot Debussy en verder …
Hierdie unieke samewerking van verskillende genres wil die belangrikste element van musiek oordra: passie – vir kuns, mede-musikante en die gehoor. Met klavier, tjello, bas, akkordion en tromme is dit ‘n ver-toonstuk van die veelsydigheid van twee hoogs gerespekteerde plaaslike musici.
Met: Minette du Toit-Pearce en Albert Frost
Orkes: Melissa van der Spuy, Charles Lazar en Kevin Gibson
Musikale regie en verwerking deur Melissa van der Spuy
Vervaardig deur CoenieV Promotions
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R 90 / R 120
Plek: Knorhoek, Stellenbosch
Datum: 13 Maart 20:00