Tweede Oppiwater Kunstefees

RSG en Lefra Produksies bied hul tweede Oppiwater Kunstefees op die MSC Opera aan van 9-13 Maart 2015.

Die eerste Oppiwater Kunstefees was binne ses dae uitverkoop en is ‘n besondere en unieke kunstefees deurdat al die produksies in die venues van die luukse MSC Opera aangebied word. Inderdaad ‘n Kunstefees op die water! Besprekings vir die Oppiwater Kunstefees kan gedoen word by www.oppiwater.co.za of by 087 075 0889. Dit is belangrik om te noem dat besprekings vir die RSG/Lefra Oppiwater Kunstefees is.

Frans Swart, Hoof Uitvoerende Beampte van Lefra Produksies sê dat die Oppiwater Kunstefees reeds verlede jaar bewys het dat dit ‘n wegholsukses is. “Die konsep is uniek, want waar in die wêreld gaan mens ‘n Kunstefees op ‘n luukse boot sien met al die wonderlike etes en cocktails? Ook met ‘n besoek aan die Portugese en Inhaca Eilande?” Swart sê daar is ‘n rekord aantal produksie wat saam gaan in 2015. “Dit is vir ons baie belangrik dat hierdie ‘n kunstefees bly. Ons gaan 21 verskillende produksies aanbied met 30 opvoerrings wat wissel van drama, komedie, kabaret, mimiek en selfs ‘n drama wat deur RSG opgeneem gaan word.” Magdaleen Kruger, Stasiebestuurder van RSG sê die Oppiwater Kunstefees is beslis uniek. “Na die eerste Oppiwater is ons oorval met mense wat nie plek kon kry nie. Juis as gevolg van die oorweldigende sukses van die eerste een, het ons besluit om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Die kwaliteit van die vermaak is beslis van hoogstaande gehalte en ons sien uit Na OPPIWATER 2.” Omroepers, Lynette Francis, Ettienne Ludick en Kobus Burger is die gasvrou en gashere en vaar ook saam.

Die Oppiwater Kunstefees spog volgende jaar met van die beste produksies:

– Heerlike wegvaartpartytjie met Ettienne Ludick, Lynette Francis, Frans Swart, Jakkie Louw en Pieter Smith.
Shirley Valentine met Shaleen Surtie-Richards
Walk the Line – ‘n huldeblyk aan Johnny Cash met Pieter Erasmus
Ko! Huistoe met Shimmy Isaacs
Mime la France met John Jacobs
Die Cordon Broers Hou Kôssert met Lochner de Kock en Jannie du Toit
– RSG Radiodrama met Kobus Burger as regisseur.
Griekwapsalms en Liedjies van die Liefde met Randall Wicomb
Oom Schalk Lourens se Mampoerstories met Paul Lückhoff
Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe met Pieter Smith
The Story of BOO! met Chris Chameleon
Stille Water, Diepe Grond met Lynette Francis
Skot vs Isaacs met Pietman die Skot en Shimmy Isaacs
Doep is nie Dood nie met Jannie du Toit
– Pietman – die Skot
– Tropiese Ontploffing dekpartytjie met Ettienne Ludick, Lynette Francis, Frans Swart, Jakkie Louw en Pieter Smith.
Musikant 101 met Jakkie Louw en Ettienne Ludick
– Lefra Produksies se nuwe Ray Cooney klug, My Boetie Se Boetie Se Baba
Posduif met Chris Chameleon en Daniella Deyssel
– Heerlike 60’s Disco Partytjie met Ettienne Ludick as DJ
– Vers en klank met Kobus Burger as regisseur.

Die besprekingssisteem het verander, deurdat passassiers nou vir produksies teen gesubsidieerde kaartjiepryse van R10-R50 kan bespreek. Nadat passassiers vir die Oppiwater Kunstefees bespreek het, kry hulle ‘n besprekingsnommer. Daardie besprekingsnommer word gebruik om kaartjies deur Computicket te bespreek by 0861 915 8000 of www.computicket.com

Die MSC Opera is die grootste en mees moderne skip wat nog in Suid-Afrikaanse waters gevaar het. Die 59 000 ton MSC Opera bied wonderlike fasiliteite op die skip aan. Daar is ‘n Putt-Putt Baan, Spa, Gimnasium, 2 swembaddens, Jacuzzis, 9 kroeë, 3 restaurante, sitkamers, die wonderlike teater, Teatro Dell’ Opera en Casino. Die MSC spog met 856 kajuite waarvan 172 kajuite en 28 suites hul eie privaat balkonne het.

Die reisprogram is as volg:
9 Maart 2015 – Vertrek uit Durban Hawe
10 Maart 2015 – Portugese Eiland/ Inhaca Eiland
11 Maart 2015 – Portugese Eiland/ Inhaca Eiland
12 Maart 2015 – Op see
13 Maart 2015 – Terug in Durban Hawe

Kostes vir die Oppiwater Kunstefees word as volg opgemaak:
– Kajuitkostes wat alle etes insluit wissel van R4 900 tot R11 080pp afhangende watter kategorie kajuit bespreek word en watter afslag in werking tree met bespreking
– Hawebelasting van R480pp
– Diensfooi van R180pp
– Vermaaklikheidsfooi van R550pp wat dan vir passassiers toegang gee tot die goedkoop gesubsidieerde teaterkaartjies.
– Versekering: R50pp
– Kostes mag wissel, maar elke passassier ontvang ‘n volledige kwotasie alvorens jy bespreek.

Vir meer inligting, skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of epos aan admin@lefra.com

Chris Chameleon & Daniella Deyssel
Chris Chameleon & Daniella Deyssel

Lewer kommentaar

Leave a Reply