Escort

Die ou oom en tannie het geboer hul hele lewe lank, maar al die kinders het getrek van die plaas af en nou is dit net hulle twee stoksielalleen.

Eendag sê die ou vrou vir die ou man: “Ek dink ons moet stad toe trek.”
So verkoop hulle alles, plaas, trekkers, bakkies, vee man sommer lock stock and barrel en hulle koop ´n meenthuisie in die stad. Na so ´n maand in die stad sê die ou vrou vir haar man: “Ek dink ons moet vir ons ´n klein motortjie koop. Ons kan nie net hier sit nie, ons moet darem kan rond gaan en dinge sien.” Die ou man was ´n groot Ford fan en hy maak die koerant oop by die advertensies. Hier voor hom staan escourt agency en hy skakel die nommer. Die man antwoord en die boer vra hom of hy enige escorts het en wat prys hulle. So antwoord die man hom: “Ja meneer ons het, en hulle wissel so tussen R200 en R250.”
So vra die boer vir hom: “My ou maat, maar wie het hulle so in hul moer gery?”

en

Wat het Jeffry Dahmer vir Lorena Bobbitt gevra?
“Gaan jy dit eet?”

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply