“Sal die laaste een wat die land verlaat asseblief die kers doodblaas?”
en
Wat’s die verskil tussen die Titanic en Suid-Afrika?
Die Titanic se ligte het gebrand toe hy gesink het.
en
Gatiep loop die duiwel raak. Gatiep skrik en vra ‘Wie’s jy?’,
waarop die duiwel antwoord: ‘Ek’s die prins van duisternis’.
Gatiep sê: ‘O, so jy’s die baas van Eskom’.
en
U word uitgenooi na ‘n knyp-die-kat-in-die-donker-partytjie. Tyd: 20:00 tot laat. Plek: Koeberg-kragsentrale. Met trots geborg deur Eskom. Voel jou daar.
en
Hulle moet Steve Hofmeyr ‘n pos by Eskom gee. Hy sal dit regkry om die hele land aan die brand te steek.
