Lefra Produksies het aangekondig dat die wêreldbekende Leo Sayer Suid-Afrika toe kom in Desember om as internasionale gaskunstenaar op te tree in vanjaar se Kersfees Skouspel wat op 14 Desember om 20h00 by GrandWest in Kaapstad aangebied gaan word en op 16 Desember om 15h00 by die Sun Arena van Time Square in Pretoria.
Gehore kan uitsien na Leo Sayer se optrede, maar elf van Suid-Afrika se top kunstenaars gaan ook die verhoog met Sayer deel. Nianell, Jak de Priester, Mathys Roets, Joshua na die Reën, Monique, Pieter Smith, Tasché, Steffie le Roux, Granville Michaels, Alwyn Oberholster en Scott Engelbrecht! Musikale regie deur Jaconell Mouton en regie deur Frans Swart.
Besprekings by Computicket 08619158000 of besoek www.kersfeesskouspel.co.za
