Gatiep se laaitie kom by die skool aan met ‘n brief vir die wiskundeonderwyser.
“Geagte meneer die wiskundeonderwyser,
Sal jy seblief virrie kinners bietere somme gee. Daai een van gister was ‘n riller! Daai een wa die kind 50 appels het, 20% moet hou virrie huis, die helfte van wat oorbly vir sy vrinne moet uitdeel, en sap moes maak van ‘n kwart van die res.
En dan wil jy wiet hoeveel appels bly oor?
Wiet meneer wat kos appels deesdae? En ons was heel blerrie nag besig om sap te maak!”

Lewer kommentaar