Gatiep se HOP-huisie is so klein, as ‘n dronk man val tref hy nooit die grond eerste nie.
Dit het egter sy nadele. Soos die dag toe Gatiep vir Meraai deur die tuinhekkie sien kom. Hy het geweet daar is net een rede, sy soek daai R10 wat hy in 2004 by haar geleen het.
Die huisie is te klein vir wegkruip. Gatiep het egter ‘n uitweg gesien. Hy sê toe een van sy broerskinders (dié se familie het by hom ingewoon) om vir Meraai te sê hy is sjebien toe. Gatiep het agter sy reënjas gaan staan wat aan ‘n hanger teen die muur hang.
Toe Meraai die nuus kry, het sy in die rigting van die reënjas gekyk en vir die laaitie gesê: “Sê jy vir daai tor, volgende keer as hy sjebien toe gaan, moet hy tog onthou om sy voete ook saam te vat.”
