Gatiep se neus

Gatiep bedel in die voorstede.

‘n Huisvrou, by wie hy geld gevra het, kyk hom agterdogtig op en af. Sy kan nie besluit of dit drank is wat sy ruik deur die Mint Imperials wat hy kou nie. Gatiep wieg nie eens ‘n klein bietjie op sy voete nie. Wat hy egter nie kan wegsteek nie is sy bloedrooi neus.

“Hoekom is jou neus so rooi meneer?” vra die vrou.

“Mavrou, hierie neus va my is soe rooi, want hy bloos. Hy bloos van trots mavrou, want ek stiek hom nie in anne mense se besigheid nie!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply