Adam Small – Klawerjas

Adam Small keer terug na sy geboortedorp, Wellington, om van sy gedigte uit sy nuutste bundel, Klawerjas, voor te lees.

Dit is die eerste keer in dekades dat Small in die publiek sal optree.

Ná veertig jaar is daar weer ’n Afrikaanse digbundel deur Adam Small. Ná Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (1973) het hy demonstratief net in Engels begin dig, en ná sy drama Krismis van Map Jacobs (1983) het sy skrywerstem stil geword. Verlede jaar is die Hertzogprys uiteindelik aan hom toegeken, en vanjaar verskyn nie net hierdie digbundel nie, maar ook sy Afrikaanse drama Goree, wat in 1978 in Engels geskryf is.

Met: Adam Small en Riana Barnard

Bôrdienghuis Teater, Wellington, 14 September 14h00, 30 minute, Gratis

Lewer kommentaar

Leave a Reply