Geen vrae in die kroeg

By Jors se plaaslike watergat is die reël dat jy nie ’n vraag mag vra as jy nie self die antwoord ken nie. Die boete vir vrae sonder antwoorde is ’n rondte vir almal in die kroeg.


Dié aand was Jors se geld min toe daar ’n vreemdeling by die deur instap. “Ek het hierdie mol in my tuin.” Begin Jors vertel. “Die mol graaf gate sonder dat jy ’n hopie grond sien. Weet jy hoe kry so ’n mol dit reg om geen grond op die oppervlak te los nie?”
“Ek weet nie.” Sê die man.
“Hy begin onder en graaf na bo.” Antwoord Jors.
“Maar hoe kom die mol onder?” Vra die man.
“Daai!” Sê Jors “Is jou vraag!”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar