Moenie vir geld trou nie, dis baie goedkoper om dit te leen.
Dit is so, getroude mans leef langer as ongetroude mans, maar getroude mans is baie meer gewillig om te sterf.
Voor julle troue lê jou man heelnag wakker en dink aan iets wat jy gesê het. Na julle troue gaan hy aan die slaap raak voor jy klaar gepraat het.
“Die enigste ding wat ek en my vrou in gemeen het, is die feit dat ons op dieselfde dag getroud is.”
“Ek en my vrou was vir 20 jaar gelukkig … tot daai dag wat ons mekaar ontmoet het.”
My ouers was 60 jaar lank getroud. Met my ma se afsterwe vra ek my pa hoe hulle so lank met mekaar uitgehou het. Sy antwoord: “Maak jou oë toe en maak asof dit nie gebeur nie.”
’n Man is soos ’n plank in ’n houtvloer.
As jy hom eenkeer ordentlik vasgespyker het loop jy die res van jou lewe oor hom.
(Bouwer Delport)
Hoe herken jy die bruid op ‘n troue in Kraaifontein?
Sy is die een met die wit sweetpak.
Sommige mense trou vir liefde. Ander trou vir geld. Die gelukkiges trou vir albei.
‘n Verkeerspolisieman trek ‘n man van die pad af wat te vinnig gery het.
Die oortreder is netjies in ‘n pak geklee. Hy probeer iets sê maar die polisieman blaf vir hom: “Bly stil! Nog een woord uit jou uit en jy slaap vannag in die selle.”
“Maar …” probeer die oortreder, maar die polisieman gil “Tot hier toe en nie verder nie! Selle toe met jou.”
By die selle aangekom stel ‘n ander polisieman die mooi geklede oortreder gerus. “Moenie worry nie, hy is net omgekrap omdat hy onlangs deur ons verkeershoof uitgetrap is en nie ‘n uitnodiging na die hoof se dogter se troue vandag ontvang het nie. Hy behoort beter te voel more.”
“Ek glo nie so nie.” sê die oortreder “Ek het te vinnig gery want ek was laat vir daai troue … en ek is die bruidegom.”
Stuur joune na bydraes@roekeloos.co.za