Jannie op die paal

Jannie se ma kry hom halfpad op teen ‘n telefoonpaal toe sy van die werk af kom. Onder sy arm knyp hy ‘n blik vas.
“Wat is in die blik?” skree sy ma.
“Ruspes!” skree Jannie.
“Wat maak jy met hulle?” skree sy ma.
“Ruspes klim teen bome op en eet die blare!” skree Jannie terug.
“En?” skree sy ma.

“Vanaand gaan daar ‘n klomp deurmekaar ruspes wees!” skree Jannie trots. “Ek gaan hulle hier teen die paal laat begin klim!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply