Sommer net

Jy weet mens kry dae wat soos ‘n pregnant hoenderhaan met ‘n seer keel skreeu:
“Opstaan! Opstaan!”
En al wat jy wil doen is omdraai en maak of jy diep slaap.

Klaasvakie was sekerlik nog half dronk toe hy slaapsand in jou oë gegooi het, want die slaap sit so dik dit voel soos superglue.

Dae wat jy sommer net wens jy was nog klein genoeg om al gillend ‘n breakdance te doen, totdat jy jou sin kry.

Wat jy voel soos ‘n deurtrapte mat, vuil, plat, used.
Iets wat niemand notice totdat jy gedaan is nie.

Dan smyt hulle jou uit.

Dae wat almal se “so called wisdom” voel soos ‘n cheap advert wat sing hoe jy jou worries weg kan was met die nuwe cool sjampoe!

Dae wat die traffic stadiger is as ‘n mank skilpad.
Wat mense en hul drama infused bubbles net minder tolerable is.

Dae wat jy sweer jy hoor stemme en jy saam daai weird omie op jou hoek in groen dakkies gaan beland.

‘n Sommer net dag want jy voel half kranksinnig,
want jou speed bumps raak te veel.

Dae wat jou buurvrou jou vra: “genade what happend?”

En jy sarkasties antwoord:

“Life happened!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply