Live in KwaZulu

Die Live-fenomeen val nie in almal se smaak nie, maar in dié geval dra dit by tot die atmosfeer wat die musiek skep.


Live in KwaZulu bring ‘n aangename stemming mee soos Guy Buttery werk deur die hele toonleer emosies. Mens begin die talent begryp in ‘n opname sonder fieterjasies. En jy moet sit om die ontspannende versnit uit Buttery se akoestiese kitaar te waardeer. Dans jy saam val jy soms in ‘n beswyming, sodanig dat die gehoor jou moet skok uit om jou te herinner dat die musiek nie in ‘n ateljee gemaak is nie. Anders as baie ander Live opnames voel dit asof jy in die voorste ry sit, nie heel agter, amper by die deur uit nie.

(Ja, dit klink asof daar ‘n loop of twee is, maar dit tel nie as fieterjasie nie.)

Die opname is gemaak oor twee aande by die Howard Kollege Teater van die Universiteit van KwaZulu-Natal in Durban. Die album is geïnspireer deur sy liefde vir KwaZulu-Natal. Sy ou medewerker, Nibs van der Spuy, maak natuurlik sy buiging op die album.

Indien jy enige Guy Buttery album gaan koop is dit waarskynlik die een. Dit tel as ‘n tipe Best of poging van ‘n uiters talentvolle kitaarmeester.

Speel Live in KwaZulu op jou stoep. Met ‘n glas gehoute chardonnay in die hand en ‘n mooi meisie wat so nou en dan verby loop. Perfek.

Live in KwaZulu
Live in KwaZulu
Die album is beskikbaar op CD of kan afgelaai word by www.guybuttery.bandcamp.com of by iTunes.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar