Met sy eerste dag op skool het Jannie se nuwe juffrou reeds haar hande vol gehad met hom. Hy het twee dogtertjies se hare getrek, een se bokstert afgesny en gom op ’n seuntjie se stoel gesmeer.
Die juffrou was van plan om hom in die hoek te laat sit toe sy hardop sê “As hy kon skryf sou ek hom sommer nou al ’n opstel laat skryf het.”
“Maar ek kan skryf Juffrou!” is Jannie vinnig.
“Nou maar toe.” Sê die juffrou in haar skik. Skryf dan vir my ’n opstel met niks minder as 60 woorde nie.”
Dit was nie 5 minute nie of Jannie kondig aan hy is klaar.
Dit is ook net die tyd wat die kinders moet huis toe gaan en die juffrou dink sy kan dalk ‘n goeie indruk skep met die kind wat al kan skryf. “Lees gou jou opstel vir ons Jannie.” Beveel juffrou.
Jannie lees:
Oom Danie Craven was ’n rugby hero. Hy het ’n hond gehad. Die hond se naam was Bliksem. As dit hond weggeraak het, het oom Danie hom geroep: “Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem! Bliksem!”
