WhatsApp nou ook op die Web

Die gewilde klets-toepassing WhatsApp het nou ’n Web-weergawe, maar jy het steeds ’n selfoon nodig om dit te gebruik.

Die Web-weergawe dupliseer basies die inligting op jou foon op die webwerf. Om dit te gebruik het jy die jongste weergawe van WhatsApp nodig. Gaan dan na die webwerf https://web.whatsapp.com/ en skandeer die QR-kode deur die nuwe WhatsApp Web-funksie te gebruik op jou foon, en siedaar.

Tans werk dit net via Google Chrome blaaiers in kombinasie met Android, Windows Phone of Blackberry. Dit lyk nie asof Apple fone die funksie binnekort gaan hê nie.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar