Stellenbosch Slow Market hou op Saterdag 24 Januarie ’n spesiale geleentheid vir die mens se beste vriend. Klein en mediumgrootte honde word uitgenooi om te kom deelneem aan ’n parade. Die mooiste , mees energieke en mees karaktervolle honde sal gekroon word.
Inskrywings is gratis en dit duur van 09h00 tot 14h00.
Bob, van SABC3 se Expresso, is die BBP van die dag. Expresso sal ook hoogtepunte van die dag uitsaai.
Hill’s gaan verskeie pryse met die verloop van die dag weggee aan deelnemers.

