Jors het etlike jare in graad nege deurgebring. Selfs wiskundige geletterdheid het hom onder gekry sy hele skoolloopbaan.
Die dag toe sy voormalige skoolhoof hom raakloop in Kaapstad het hy nie juis goeie nuus verwag nie. Jors was egter uitgevat in die jongste Italiaanse modes.
“Liewe land Jors,” merk die skoolhoof op, “jy het goeie opgang gemaak in die lewe. Hoe het jy dit reggekry.”
“Wel, meneer, ek is ’n senior bestuurder onder die adjunkminister in die Departement van Finansies. Daar’s mos klomp mense weg nou. Ek moes ’n toets skryf vir die pos, nogal somme doen.”
“Sjoe! Soos watter tipe somme?”
“Hulle het gevra wat is ses maal vier. Toe sê ek 23.”
“Jors, die regte antwoord is 24?”
“Ja, meneer, maar my antwoord was die naaste.”
