Jade & Velvet se liefdadigheidsgeleentheid se tema vanjaar is “A Little Goes a long Way.”

Hierdie byeenkoms is `n jaarlikse hoogtepunt op die Kaapse sosiale kalender om fondse in te samel ten bate van die FASt Forward Fonds, ‘n liefdadigheidsprojek wat ondersteuning bied aan kinders wat ly aan fetale alkohol sindroom (FAS). Helene Truter (Tannie Poppie from Vetkoekpaleis) is die MC en vanjaar se inspirerende gasspreker is Elsabe Aldrich. `n Smullekker tapas ete sal voorgesit word Gaste kan ook uitsien na Jade & Velvet se modeparade wat spog met hul nuutste uitrustings, asook `n optrede deur die gewilde musikant Gerald Clark. ‘n Oggend van vermaak en inspirasie lê voor!

Jade & Velvet se eienaars, Susan Louw en Magda Malan, was verlede jaar die Suid- Afrikaanse wenners van die Toekenning van die “International Women’s Entrepreneurial Challenge se Mentorskap-afdeling. Dit het behels dat hulle die IWEC konferensie wat verlede jaar Oktober in Brussels gehou is, bygewoon het. Verder kry Susan en Magda hierdie jaar die voordeel van die leiding van drie mentors wat vorige wenners van die IWEC toekennings was. Susan en Magda deel graag hulle goeie geluk deur elke jaar hierdie spesiale fondinsamelingsontbyt ten bate van die FASt Forward Fonds aan te bied.

Perdry is wetenskaplik bewys as ‘n uitstekende vorm van terapie vir kinders met spesiale behoeftes. Dit verbeter nie slegs net balans, postuur, spierversterking en buigsaamheid nie, maar help ook met kognitiewe funksies soos die ontwikkeling van konsentrasie, redenering en geheue. Deur saam met programme soos Equitots te werk, bied die FASt Forward Fonds kinders wat aan FAS ly toegang tot hierdie revolusionêre terapie.

KAARTJIES EN BESPREKINGS:
Kaartjies kos R300 elk. (Ete, aktiwiteite en n verrassings-pakkie ingesluit)
Kaartjies is beskikbaar by alle Jade & Velvet winkels: Oxfordstraat 28 Durbanville (021 976 1382), Tygervallei Shop 56 Tygervallei Sentrum Bellville (021 914 6878) en Somerset-Wes Mall Shop 37 (021 852 7692).

Kontak vir besprekings indien nie naby een van die winkels is nie: 021 981 0195 (071 192 0840) of e-pos info@choclatelace.co.za.

Gerald Clark
Gerald Clark

Lewer kommentaar

Leave a Reply