Jors loop (nog) ’n pragtige blondine raak in sy plaaslike drinkgat.

Mense twyfel bietjie oor haar, maar so twyfel mens oor al die meisies in dié drinkplek … en oor Jors.

’n Week later is die twee verloof. Jors het twee vlugkaartjies Durban toe gewen in ’n pool-kompetisie en hy neem sy toekomstige bruid vir ’n naweek Berea toe – die seefront is bietjie duur vir Jors.

Op ’n uitstappie strand toe loop Jors en sy bruid vas in ’n besoekende afvaardiging van Saudi-Arabië. ’n Sjeik is deel van die geselskap en sy oog val dadelik op Jors se verloofde. Hy nooi hulle net daar na sy hotel oorkant die pad.

Jors kon sy oë nie glo nie. Kos en drank vir Afrika. Dit vat nie lank voor Jors en sy aanstaande goed gekoring is nie. Terwyl hy so sit en suig aan sy lang Kubaanse sigaar en die peperduur Japanese whisky so met die een oog beloer, skuifel die sjeik nader en fluister: “I will give you 16 camels for the blonde.”

Jors het hom so gekyk en toe vies geantwoord: “Nee, my donner man! Ek wil ten minste ’n hele pakkie hê.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply