Die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg het onlangs die wenners van die 2017 UJ-pryse bekend maak.

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë in afsonderlike genres toegeken: die UJ-debuutprys vir die beste kreatiewe debuut in Afrikaans, en die UJ-prys vir die beste kreatiewe teks in Afrikaans.

Van die 68 titels wat vanjaar ingeskryf het, was 16 debute.

Gevestigde, bekroonde skrywers, digters, kortverhaalskrywers en romansiers het ook hulle tekste vir dié gesogte prys ingestuur.

Die wenner van die 2017 UJ-debuutprys is Bibi Slippers, vir haar digbundel Fotostaatmasjien.

Die wenner van die 2017 UJ-prys, is John Miles vir sy agtste roman, Op ’n dag, ’n hond.

Lewer kommentaar

Leave a Reply