’n Jong dame het haar chihuahua ingeskryf vir al wat ’n kompetisie is vir honde, maar die eerste plek het hom bly ontwyk.

Sy het al wat ’n boek is gelees, met kenners gepraat, selfs ’n dieresielkundige ingespan, maar Bokkie kon net nie wen nie.

Uiteindelik was dit ’n kenner uit Meksiko wat die probleem raaksien. “Bokkie het te veel hare op sy beentjies. Verwyder dit en hy sal baie beter presteer. Gebruik sommer ’n gewone haarverwyderaar.”

Onmiddellik is die dame apteek toe om die haarverwyderaar aan te skaf, maar sy was nie seker hoe sy dit moet gebruik nie. “Dis baie maklik,” deel een van die verkoopsdames haar mee “smeer dit gewoon aan jou bene, maar moet asseblief nie kouse dra vir ’n week nie.”
“O nee,” antwoord die jong dame “dit is nie vir my bene nie, dis vir my chihauhau.”
“Wel! In daai geval,” antwoord die verkoopsdame “moet nie fietsry vir ’n week nie.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply